Vier leerlinge van ‘n hoërskool in Jan Kempdorp verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof vir die beweerde aanranding van ‘n mede-leerling. Volgens polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, bly die beskuldigdes in die sorg van hul ouers. Die vier het na bewering tydens ‘n ontgroeningspraktyk ‘n 19-jarige leerling aangerand in sy koshuiskamer by die skool.
Fedsas kry nuwe hoof
Die gewese registrateur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beskou sy aanstelling as uitvoerende hoof van die beheerliggaam-federasie, Fedsas, se instituut vir skoolbeheer as ‘n voorreg. Derek Swemmer sê hy gaan die geleentheid gebruik om die nuwe instituut, wat deel is van Fedsas se struktuur, uit te brei sodat lidmaatskole onder meer by opleidingsgeleenthede
‘Ek het geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy’
Ton Vosloo het uitgetree as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, het Nuus24 berig. Vosloo, wat al sedert 1956 by die maatskappy betrokke is, sal deur Koos Bekker vervang word. Vosloo het 23 jaar as voorsitter gewerk. “Naspers en sy vennote is in baie goeie vorm. As ouskool-joernalis het ek geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy. So,
Lees verder: ‘Ek het geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy’
Sasol verkoop elektrisiteit
Die petrochemiese reus Sasol het ‘n kragkoopkontrak met Eskom aangegaan om elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf, het Business Day Dinsdag berig. Volgens die berig sal Sasol 440 MW van sy oortollige elektrisiteit tot die kragnetwerk bydra. Alex Anderson, woordvoerder van Sasol, het volgens die berig gesê die ooreenkoms geld al van die begin van
Eiendomsgroep verwyder Voortrekkerstandbeelde eiehandig
‘n Privaatmaatskappy het vier standbeelde in die sentrale sakekern van Pietersburg (Polokwane) in Limpopo verwyder. Hulle het klaarblyklik eensydig tot die onregmatige stap oorgegaan. Dié onwettige stap is geneem nadat een beeld glo beskadig is. Die standbeeld wat met wit verf bemors is, is van ‘n voormalige president van die Zuid Afrikaanse Republiek, Stephanus Schoeman.
Lees verder: Eiendomsgroep verwyder Voortrekkerstandbeelde eiehandig
Zim sê dodetal in xenofobiese geweld ‘n grys gebied
Die polisie in Gauteng het Maandag ontken dat ‘n Zimbabwiese vrou wat onthoof is in Killarney verlede week, ‘n slagoffer van xenofobiese geweld was, maar Zimbawiese hooggeplaastes sê die dodetal is ‘n grys gebied. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het aan News24 gesê die vrou se liggaam is Dinsdag gevind “naby die plek waar die hawelose mense
Lees verder: Zim sê dodetal in xenofobiese geweld ‘n grys gebied
Graadeentjie dood na hy val by skool
‘n Graadeentjie is Maandag by Laerskool Standerton oorlede. “Die leerling, sowat agt jaar oud, het by die skool geval, opgestaan en weer geval en gesukkel om asem te kry,” het ’n bron gesê. “Hy is na die dokter se huis toe gejaag waar die dokter hom dood verklaar het.” “Ons het alles in ons vermoëe
Xenofobie net soos plaasmoorde is ‘misdaad’
Die ANC-regime pas tans maksimaal skadebeheer toe nadat beeldmateriaal van ‘n xenofobiese moord op ‘n Mosambieker, ene Emmanuel Sithole, wêreldkundig geraak het. Net soos met plaasmoorde, het die die SAPD verklaar dat dit gewone misdaad was, maar net soos met plaasmoorde is dit klinkklaar dat die ANC nie streef na enige oplossings nie. Jacob Zuma
Vierde moordverdagte in Sithole-mesaanval vas
‘n Vierde swart moordverdagte is in hegtenis geneem in verband met die mesaanval op Emmanuel Sithole, ‘n Mosambiekse burger in Alexandra, noord van Johannesburg. Die polisie het intussen ontken dat die moord uit vreemdelinghaat gepleeg is. Volgens Gauteng polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, is die vierde verdagte deur die nag in hegtenis geneem. Hy sal saam met
Dertig Christene deur ISIS onthoof
Die Islamitiese Staat-groep het ‘n video vrygestel wat toon hoe 30 Christene tereggestel word. Die beeldmateriaal van 29 minute wys hoe “volgelinge van die kruis” op ‘n strand onthoof word en ander doodgeskiet word. Die Ethiopiese Christene is in Libië ontvoer. Dit is soortgelyk aan ‘n ISIS-video wat toon hoe 21 Egiptiese Christene in Februarie
