Die Openbare Beskermer (OB), het pres. Jacob Zuma se Nkandla-kompleks Maandag besoek. Dit vorm deel van haar ondersoek na staatsbesteding wat tot R206 miljoen aan verbeterings aan Nkandla beloop. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, en van haar senior amptenare het OB Thuli Madonsela na die kompleks vergesel, het Mike Ramagoma, die minister se adviseur, gesê.
Kabinet wens Zim geluk met suksesvolle verkiesings
Die Kabinet het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle “die mense van Zimbabwe en politieke partye gelukwens met die suksesvolle, gladde parlementêre en plaaslike verkiesings”. Pres. Jacob Zuma se rol as die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se fasiliteerder geprys en gesê die rol wat dialoog gespeel het om alle politieke partye te oorreed tot vreedsame verkiesings, was
Lees verder: Kabinet wens Zim geluk met suksesvolle verkiesings
Onderhandelinge tussen goudprodusente, vakbonde hervat
Salarisonderhandelings tussen vakbonde en goudprodusente hervat vandag voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. Vier vakbonde wat mynwerkers verteenwoordig het ‘n geskil verklaar nadat samesprekings met die Kamer van Mynwese verlede maand misluk het. Die saak is toe na die kommissie verwys. Dit is die derde keer die maand dat die partye voor die
Lees verder: Onderhandelinge tussen goudprodusente, vakbonde hervat
Staking dreig in steenkoolbedryf
‘n Dreigende staking in die steenkoolbedryf, sal geweldige druk op die land se kragnetwerk plaas. Die vakbonde, Solidariteit, UASA en die NUM het ‘n geskil met hul werkgewers verklaar en gevra dat loononderhandelinge deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gehoor word. Die vakbonde het produsente se hersiene aanbod van 7,5% vir ongeskoolde myners
Tekort aan maatskaplike werkers in SA
Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede sê die tekort aan maatskaplike werkers in die land is ‘n bron van kommer. Die Instituut sê ‘n ondersoek wat gedoen is toon dat die land sowat 16 700 gekwalifiseerde maatskaplike werkers het, maar dat die meerderheid nie praktiseer nie. Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini het verlede week gesê
Afrika eis dringende Veiligheidsraad-hervorming
Suid-Afrika het die Verenigde Nasies gevra om sy Veiligheidsraad te wysig om Afrika-state in te sluit. Die president van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het ‘n oproep vir die hervorming van die Veiligheidsraad gedoen. Vuk Jeremic het die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Maite Nkoana–Mashabane in Pretoria ontmoet oor die aangeleentheid. ‘n Dringende
Lees verder: Afrika eis dringende Veiligheidsraad-hervorming
Die bleekvel-Atlasse
deur Manfred Delport [followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Volg Manfred op Facebook. Dan Roodt se onlangse rubriek oor die gedrog van die feminisme het heel voorspelbaar ‘n knuppel in die skrapsbevolkte hoenderhok van die enkele linkse ekstremiste gegooi. Dieselfde drie of vier ekstreemlinkse malletjies is natuurlik die einste verdagtes wat ‘n mislukte Facebook-veldtog teen Sunette Bridges
Pretoria: Dele nog sonder water
Die meeste gebiede in Pretoria, insluitende Sunnyside, Arcadia, Hatfield en nabygeleë voorstede ondervind sedert die naweek watertekorte. Die Tshwane Metroraad sê dit is weens ‘n hoofpypleiding wat by die Bosmanstasie gebars het. ‘n Woordvoerder, Blessing Manale, sê kontrakteurs het sedert gister aan die pype gewerk en hoop om die toevoer binnekort herstel te hê. Inwoners
Vragmotor vol sianied slaan om
‘n Vragmotor wat sianied vervoer het op die R33 tussen Amsterdam en Piet Retief in Mpumalanga omgeslaan. Die hoofbrandweerbeampte van die Mkhondo plaaslike munisipaliteit, Anton Nortje, sê die pad sal tot môre gesluit word vanweë die gevaar om die gifstof te verwyder. Hy het motoriste versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Klipgooiers versper pad, brand voertuig in Limpopo
Inwoners van Ha-Bungeni buite Makhado in Limpopo het ‘n voertuig van die Departement van Watersake aan die brand gesteek en ‘n sjebeen afgebrand. Die inwoners het die Bungeni-Mashau-pad ook versper en voertuie beskadig uit woede nadat die liggaam van ‘n verstandelik gestremde man gevind is. Intussen is die situasie kalm by Tshisaulu naby Thohoyandou waar
Lees verder: Klipgooiers versper pad, brand voertuig in Limpopo
