praag.co.za

Die bleekvel-Atlasse

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Dan Roodt se onlangse rubriek oor die gedrog van die feminisme het heel voorspelbaar ‘n knuppel in die skrapsbevolkte hoenderhok van die enkele linkse ekstremiste gegooi. Dieselfde drie of vier ekstreemlinkse malletjies is natuurlik die einste verdagtes wat ‘n mislukte Facebook-veldtog teen Sunette Bridges geloods het. Foei tog, dit moet eensaam wees in die linkse hoenderhokkie, met sy twee of drie onbenullige bewonertjies. Hoe dit ook al sy, Dan se stuk het my opnuut laat nadink dat bleekvel-mans vreeslik onwelkome mense is deesdae, veral onder ANC-sikofante soos die linkse hoenderhokbewoners wat so opgeklits geraak het nav sy rubriek.

Die ANC-bewind het glad ‘n ministerie wat bekend staan as die Ministerie van Swart Lesbiërs in Rolstoele. Goed, nie heeltemal nie, dis bekend as die Ministerie van Vrouens, Kinders en Mense met Gestremdhede. Laasgenoemde groep, diegene met gestremdhede, is uiteraard ‘n pragtige versamelnaam vir al wat ‘n ANC-kieser is, en veral vir die linkse hoenderhok se malletjies wat nie kan wag om die ANC-bewind se deuntjie te sing nie. Dié ministerie kon eintlik ook die “Ministerie vir Almal behalwe Blanke Mans” geheet het.  

Die groot teiken van regstellende aksie is natuurlik ook blanke mans, omdat blanke vrouens in die teorie ook kwalifiseer as voorheen benadeeldes, alhoewel dit ook maar moeilik in die praktyk gaan vir ‘n “pale female” om ‘n werk te kry, wanneer sy moet meeding met anderskleuriges. Dinge raak deesdae so absurd met RA en SEB, dat die grootliks blanke belastingbetaler skoon ‘n astronomiese bedrag van R35 miljoen moes opdok as ‘n lening aan die alreeds skatryke Khanyi Dhlomo-Mkhize (en hoekom, o hoekom, irriteer sulke pretensieuse dubbelvanne sewe soorte stront uit my uit?), sodat me Mkhize weer eens bemagtig kon word met ‘n boetiek in Hydepark. Laat dit vir die bleekvel-belastingbetaler ‘n les wees, was die boodskap vanaf die ANC-bewind – ons sal onsself oor en oor bemagtig want ons is swart en ons kán.

Ek het daarom bietjie gewonder of daar nie iewers ‘n oplossing vir die bleekmanvraagstuk moet wees nie. Ons is duidelik onwelkom in die Guptatopiese samelewing, asook in ander multikul-samelewings soos die VSA s’n, en ons word boonop van allerhande misdrywe beskuldig: Ons is glo patriaargaal omdat ons lelik is met onaantreklike feministe (is daar ‘n ander soort?), ons ontneem anderskleuriges van hul regmatige poste agv ons kwalifikasies en bekwaamhede, ons is glo rassisties omdat ons vrae vra oor die relatiewe misdaadkoerse tussen blankes en anderskleuriges, en so gaat die klagstaat teen ons aan en aan. Ek voel my al skoon skaam om in die openbaar te verskyn. Netnou onderdruk ek nóg mense agv my blote bestaan, al is dit nie moedswillig nie.

Enige oplossing vir die bleekmanvraagstuk sal moet sorg dat ons as bleek mans nie meer mense onderdruk deur die waarheid oor misdaad te moet praat nie, dat ons nie die RA-aanstellings minderwaardig kan laat voel agv ons vaardighede nie en dat ons nie meer die feministe met hul plat skoene so moet ontstig omdat ons die bybelse instruksie om die priesters in ons huise te moet wees, wil gehoorsaam nie.

Ek dink persoonlik Ayn Rand het reeds in 1957 die oplossing hiervoor aangebied in haar roman, Atlas Shrugged. Die titel verwys na wat sou gebeur as ‘n reus in die Griekse mitologie, Atlas, sou ophou om die aarde op sy skouers te dra. Atlas synde natuurlik ‘n metafoor vir die einste bleek mans wat die ekonomie aan die gang hou – die meerderheid van die derduisende Afrikaner-entrepreneurs en nyweraars, asook mense soos Mark Shuttleworth, Steve Jobs, Bill Gates, Hendrik van der Bijl en andere is of was bleek mans. In Atlas Shrugged spekuleer Rand wat sou gebeur as sulke mense hul vaardighede onttrek en ophou om miljoene parasiete, asook ‘n parasitiese staat, te ondersteun. Rand maak die punt dat die parasiete en hul parasitiese staat op die Atlasse in die ekonomie se vrywillige samewerking staatmaak om ons te kan benadeel, en dat as sodanige samewerking onttrek word deur die Atlasse, die ganse sosialistiese kaartehuis in duie sou stort, en dat selfs die VSA gevolglik in Noord-Korea sou verander. Laasgenoemde sosialistiese hel is egter presies waarna linkse akademici, hoenderhokbewoners, ANC-lede, aanhangers van Julius Malema, asook die meeste feministe, smag, dus is dit inderdaad ‘n spreekwoordelike wen-wen-oplossing, sou Atlas wel nie meer wou nie.

Siende dat ons as Atlasse so onwelkom is, sou die antwoord dus wees dat ons as onwelkome bleek mans uit al wat ‘n multikulti-samelewing is, verwyder moet word. Hou ons, Ayn Rand se Atlasse, om hemelsnaam dus net weg van ons “slagoffers”. Skep dus vir die Amerikaanse Atlasse ‘n reservaat iewers soos Montana, nes die Amerikaanse Indiane reservate het, sodat hulle kan ophou om so lelik met die anderskleuriges, verveelde akademici en feministe te wees deur aanhoudend die ongerieflike waarheid te wil praat. Gee vir Afrikaner-Atlasse ons eie reservaat hier in Suider-Afrika, vyf persent of so van die land se oppervlakte. As daar dan wel nie-feministiese bleek vrouens is, wat hou daarvan dat die mans tog die priesters is in hul huishoudings, sou sulke vrouens uiteraard natuurlik baie welkom wees om die 0.000001% feministe aan hul eie lot oor te laat en te laat krepeer in die sosialistiese hel wat sou volg, en saam met sulke mans na hul reservate te trek.  

Ek is oortuig daarvan dat al wat ‘n linkse hoenderhokbewonertjie, al wat ‘n ANC-lid is, en al wat ‘n linkse akademikus is, hierdie gedagte met oorgawe sou ondersteun. Gee vir die Atlasse ons reservate of volkstate, en siedaar! Probleem opgelos! Die sosialistiese hemel op aarde sal dan vir al die res aanbreek; vanaf die RA-voordeeltrekkers, verby al die ANC-lede, deur die linkse hoenderhokkie en tot by platskoen-feministe. Wanneer die Atlasse se reservate dan onvermydelik ‘n sukses word, sal ons as Atlasse wel net moet sorg dat ons weermag die miljoene parasiete kan uithou wanneer hulle van die hongersnood wil ontkom as die sosialistiese hel sy onvermydelike verskyning gemaak het.

Ons kan ons Atlas-weermag egter maklik regverdig, nes die Oos-Duitse regering dit met die Berlynmuur gemaak het. Ons bemark dit soos volg: Die weermag sal nie daar wees om die vlugtelinge uit die sosialistiese hel buite te hou nie, maar eintlik daar wees om die Atlasse binne te hou, om te keer dat ons nie die res kan onderdruk nie.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Comments

84 responses to “Die bleekvel-Atlasse”

  1. Marthinus Wessels Avatar
    Marthinus Wessels

    Die wêreld het regtig sleg geword as die witman ‘n reservaat soek 🙂 Ek het jou bemarking taktiek geniet. “Die weermag sal nie daar wees om die vlugtelinge uit die sosialistiese hel buite te hou nie, maar eintlik daar wees om die Atlasse binne te hou, om te keer dat ons nie die res kan onderdruk nie.”

    1. JvNk Avatar
      JvNk

      Olifante en leeus is magtige en gevaarlike diere – daarom moet hulle in reservate bly. Selfde geld maar seker vir wit mans….

      1. Marthinus Wessels Avatar
        Marthinus Wessels

        Die atlasse in Suid-Afrika gaan binnekort hulle skouers skud, dan val hierdie poppestront NSA uitmekaar uit. Ek sien Praag is besig om vrywilligers te werf op ekonomiese, onderwys, en menseregte vlakke. Dit is die begin. Ek is nou ongelukkig nie in een van daai velde nie maar ek hoop die vrywilligers hardloop hulle toe.

        Die “boys” strike en brand af as hulle kwaad is en sit op ‘n hoop en wag vir die beloftes of kyk waaragtig in die witmense wat deur hulle gemoor word se oe vir ‘n geldjie. Ons word weer baie stil as dit sleg gaan. Jy kan sweer almal is weg op vakansie; ons betoog nie, ons is doodstil besig om te dink en te redeneer onder mekaar, besig om voor te berei en te beplan. Voor jy jou oe uitvee, pas ons ons planne toe met alle mag teen volle vaart. As een atlas oorwin en sy ander broers sien dit, dan het hierdie liberale/linkse/humanistiese/vertraagde hoenders (of wat ook al hulle toepaslike naam is) en hulle aapzaniese boeties, ‘n baie groot probleem. Dan gaan die poppe dans.

        Ons het sowat ‘n 350 jaar geskiedenis (as jy nou nie ons Europese geskiedenis tel nie) agter ons om te bewys dit kan gedoen word. Hoeveel sukses jare het die nie-volk agter hulle? Hierdie pale males suid van die riviere van Kus, het ‘n Boere tan. Wag maar, die atlasse sal weer mars.

  2. Johan van Wyk Avatar
    Johan van Wyk

    Bloemfontein -Dit is vandag presies ‘n week sedert die twee vermeende
    verregses, Johan Prinsloo en Mark Trollip, in die Grootvlei-tronk buite
    Bloemfontein met ‘n eetstaking begin het.

    Woordvoerder vir die Vrystaatse departement van korrektiewe dienste,
    Puleng Mokhoane, sê die areabestuurder het hulle vanoggend besoek en
    bevind dat hulle nog gesond lyk.

    Sy sê beide ontvang steeds elke oggend hul medikasie van die tronk se
    mediese personeel – Trollip vir asma en Prinsloo vir diabetes.

    Die twee het verlede Maandag ophou eet om hul ongelukkigheid met die
    regsproses en die omstandighede in die tronk te kenne te gee. ‘n Dokter
    van Zastron, Annalise Keeve, sê elke dag wat hulle nou sonder kos
    deurbring, raak gevaarliker.

    ‘n Bloemfonteinse landdros het Prinsloo en Trollip verlede week besoek om hul griewe oor hul borgtog-weiering te bespreek.

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Dit grief my so geweldig, dat ek soms nie verder vorder as net die opskrif van hierdie berigte nie.
      Veral op ‘n dag soos vandag. My vrou is presies 8 jaar gelede, op hierdie dag deur ‘n barbaar vermoor gewees.
      Daardie manne sit daar in die tronk ook vir haar. Hulle maak planne om dit vir ons almal veiliger te maak.
      Wat kan ons vir daardie manne doen?????

      1. Marthinus Wessels Avatar
        Marthinus Wessels

        Ek wonder of mens vir hulle mag besoek? Ek kan myself indink as ‘n vreemdeling maar volksgenoot kom vra hoe dit met my gaan, sal dit baie beteken.

  3. Oom David Avatar
    Oom David

    Ek wonder hoeveel van die verPraagtes het al Ayn Rand gelees?

    Dis n dik boek ne

    1. Manfred Delport Avatar
      Manfred Delport

      Laat ek raai: Oom David is moontlik kaptein Piet Croucamp, of een van die armsalige siel se agterlike dissipels, of hoe? Ek dink ook nie die meeste linkse “wannabe” seerowers sou nie Atlas Shrugged klaar kon lees nie – sulke logika sou ongetwyfeld ernstige inwendige bloeding veroorsaak by diegene wat so skytbang vir die waarheid is.

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        Skerp Manfred. Ek het nou heel lekker gelag vir diè een.

        1. De Juur Avatar
          De Juur

          Eintlik loop die sweet daar langs sy bene sy onderrok uit… 🙂

      2. Arnieann Avatar
        Arnieann

        Ou David gaan goed gebliksem word hier op Praag.
        Hierdie is nie nuus24 waar hulle goeie teen argumente verwyder het nie.

      3. Oom David Avatar
        Oom David

        Ek het die boek gelees en ek ken Ayn Rand se vreemde idealistiese filosofie ook. Ek dink ook nie dat stelsel wat Rand voorhou enige plek in die wereld kan werk nie. Dit is ook vir my vreemd dat Ayn Rand juis op hierdie post feature, sy is verseker nie n onderdanige vroutjie soos wat julle van hou nie.

        Jou gat man, ek het nie nodig om vir jou te antwoord soos in `n st 6 begripstoets nie. Jou grootheidswaan beinvloed jou sosiale interaksies Manfred.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Waarskynlik is jou mening hierbo omdat jy dieselfde gewetenlose standaarde handhaaf as sy?

        2. Manfred Delport Avatar
          Manfred Delport

          Bwa-ha-ha! Presies nes ek gedink het!

          Jy kan lekker beledigings slinger (“verPraagtes”), maar die OOMBLIK as ek jou eie onkunde aan die groot klok hang, hardloop jy tjankend soos ‘n brandsiek hond oor die horison, en skree-huil jy dat jy nie aan begripstoetse wil deelneem nie.

          Jy het nie die boek gelees nie, my ou maat, erken dit nou maar. Jy lieg mos nou lekker, soos julle libgestremdes maar maak.

          En hoe weet ek jy het glad nie die boek gelees nie? Maklik – my dodelike ou strikvragie het jou gepootjie. Want sien, Oom David, ook bekend as Seerower Piet Croucamp, jy sou onmiddelik vir my gevra het: “Watter Hoofstuk 10?” Daar is meer as 1 Hoofstuk 10 in die boek – dit bestaan uit ‘n paar gedeeltes waarvan elkeen sy eie hoofstukke het.

          Uitgevang, dus. Ek sou dink ‘n bekentenis dat jy self ‘n vertraagde is wat nie die boek gelees het nie, sou in orde wees, want jou eie opinie van jou intellektuele meerderwaardigheid, is sopas hard en hoog oor skerpby vir ‘n ses gebliksem.

          1. Marthinus Wessels Avatar
            Marthinus Wessels

            Altyd gedink dis of Johan Pienaar of Piet Croucamp 🙂

          2. JvNk Avatar
            JvNk

            @Marthinus: Alcide Herveaux (of wat ook al die skepsel se naam is) is een van Johan Pienaar se Facebook-aliasse. Hy het paar dae gelede op dr Dan se rubriek oor feministe kommentaar gelewer.

          3. Marthinus Wessels Avatar
            Marthinus Wessels

            Ek het hom so dopgehou, kan jy dit glo. Daar was ook ‘n Marleen van Wyk, wat later haar naam Leen gemaak het (ook op Dan se rubriek). Sy is lyk my ‘n groot aanhanger van Nechama Brodie ‘n toonbeeld van “girl power” wil dit voorkom en ook die einste Brodie wat ‘n resensie oor die boek “Plaasmoord” geskryf het en ‘n klomp stront kwyt geraak het. Soos die engelsman se “Birds of a feather flock together”.

            Dit lyk vir my of hierdie mense kom stront praat het hier vandat Papenfus op Facebook gespog het: “Alle eer aan die Facebook Aktiviste wat sonder ophou gewerk het om die hate site wat Sunette Bridges op Facebook bedryf het te laat sluit. Sx is ex. Foorwaards frinne! Next stop Dok Daan.”

            Hulle gaan maar sukkel hier op Praag.

          4. DichterS Avatar
            DichterS

            Ek vermoed Alcide Herveaux is Yolanda Barnard van Sondag..

          5. OomKosie Avatar
            OomKosie

            Ek betwyfeld dit, eerder een van Piet Croucamp se studente wat hom probeer beindruk.

          6. Albert Brenner Avatar
            Albert Brenner

            Ha ha… het nou regtig lekker gelag.

            Netjies gedoen, Manfred:)

          7. Rutger Avatar
            Rutger

            Uitstekend Mannfred! Rand sou natuurlik bowendien maalvlies van hierdie dommerd gemaak het

          8. Oom David Avatar
            Oom David

            Ag twak man. As ek onseker was sou ek tog gegoogle het. Ek het die boek `n goeie 10 jaar terug gelees.

          9. renier Avatar
            renier

            He he he

        3. DichterS Avatar
          DichterS

          “It is better to remain silent at the risk of being thought a fool, than to talk and remove all doubt of it.” …

          Teksboek!!! F.kk.n klassiek, man!
          Moenie hier weggaan nie, Oom David – skryf meer vir ons jy is -BAIE amusant!

        4. Albert Brenner Avatar
          Albert Brenner

          Ha ha… Manfred het jou darem nou lekker uitgevang, Pietie.

          Goeie genade, vir iemand met n D.Phil in Politieke Wetenskap het jy darem bitter min kennis van die Filosofie.

          Miskien as jy jou kopdoek minder styf vasmaak, sal jou breintjie die nodige suurstof kry om abstrakthede te kan verstaan.

          1. Oom David Avatar
            Oom David

            Ek het in my lewe nie politiek studeer nie. Dit is nou seker die 10de persoon wie julle dink ek is en ek het julle mos gese julle ken my nie. Ek is nie iemand waarvan enige van julle spul rasegtes al ooit gehoor het nie.

          2. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Ras egtes ??? Nê !!!
            Jy is dus ‘n “allien” !
            Ons kom so agter.

    2. alventer Avatar
      alventer

      Ek sien die kommentaar op Rapport se blad het heeltemal opgedroog…

      Ek sien Nuus 24 bestaan nie meer nie…

      Eensaam?

    3. OomKosie Avatar
      OomKosie

      Wat is jou punt ou David, spel dit asb nou mooi vir ons uit, jy is mos nie eintlik ‘n arrogante persoon nie, ek is seker jy het jou nie ‘n bietjie skeef uitgedruk.

      Ek het baie mooi verstaan wat die skrywer vir ons oorgedra het, sy punt het deeglik oorgekom, ‘n mens het nie ‘n kwalifikasie nodig om te verstaan dat linkse naiewiteit ons gebring het waar ons nou is nie. Terloops, jy is nie dalk ou PC nie?

    4. Albert Brenner Avatar
      Albert Brenner

      Ha ha… Manfred het jou darem nou lekker uitgevang, Pietie.

      Goeie genade, vir iemand met n D.Phil in Politieke Wetenskap het jy darem bitter min kennis van die Filosofie.

      Miskien as jy jou kopdoek minder styf vasmaak, sal jou breintjie die nodige suurstof kry om abstrakthede te kan verstaan.

  4. De Juur Avatar
    De Juur

    Ek sal julle almal hier wed dat die links-liberale vuilgoed (die spul humaniste, teosofiste, sataniste en boosaards wat hulle is…) die witman nooit eers ‘n stukkie grond of onafhanklikheid sal gun nie, maar hulle sal eerder wil sien dat ons uitsterf, verdwyn of net emigreer. Hulle sal dit natuurlik hewig ontken want hierdie waarheid (naamlik dat hulle ons nommer EEN vyand is) sal hulle nooit wil openbaar maak nie, want hulle is die mees glibberige, mees tweegesig, mees lafhartige, mees agter-af en mees agterbakse vyand waarvan jy kan droom.

  5. Riempies Avatar
    Riempies

    Gerig aan die feminstiese vrou – Nou wonder ek my morsdood voel julle dat mans en dames gelyk is of is daar n afsny punt waar dames anders is as mans en omgekeerd mans anders is as dames?

    Maak julle aanspraak op behandeling van n man soos hy n ander man sal behandel of verwag julle dat hy jou sal behandel soos n man n vrou sal behandel?

    Dink julle uit hierdie gelykstelling van dames en mans is tot voordeel van die blankes ras? Of le tengronde hiervan die uitwissing van die blanke ras en hulle superieure kwaliteite waaraan julle feministe so hard werk om n swakkeling man te kweek en n mannietjiesaftige vrou wat nie meer hulle gene kan voortplant nie en hulle hoogstens gebruik kan word deur die bar en dominerende swartes om n halfmens moddderras te teel? Dit vind ek nie amusant nie.

    1. renier Avatar
      renier

      Nee jy het nou hierdie fems se koppe heel deurmekaar. Het jy nou gedog hulle is intelligent? Hul verstaan nie ‘n woord wat jy geskryf het nie en ek vrees, hul lees dalk glad nie hierdie blad nie….

      1. Liezel James Avatar
        Liezel James

        renier 🙂 …Haar vraag was te deurmekaar om te antwoord. Sy weet regtig nie wat ‘n vrou is met dieselfde regte as ‘n man nie. Sy verwar dit met rasseverskille en homoseksualiteit en dan in daardie laaste paragraaf word daar sommer gepraat van “die uitwissing van die blanke ras” , van “voortplant” en “halfmens modderras te teel”. I mean, seriously! This is so left field off the wall, not even I can comprehend where she’s at and how “die feministiese vrou” have to explain all this confusion to her! I honestly give up with this one. Hahaha 😀

      2. Liezel James Avatar
        Liezel James

        Maar jy’s doodreg – ek nie ‘n woord verstaan nie 🙂

  6. Riempies Avatar
    Riempies

    Dit is pynlik duidelik dat die manne wat in die ouderdomsgroep val wat oor kwaliteit weermag opleiding beskik geteiken word deur die swart moordbendes.

    Ek wil n beroep doen op hierdie mans wat nog oor is met n grondige kwaliteit weermag opleiding om julle kennis oor te dra aan die jonger geslag. Skryf ook julle kennis neer sodat en versprei hierdie kennis sodat ons jongmense nie weerloos sal wees nie.

    1. renier Avatar
      renier

      Okay hiers myne…Skiet Boet, skiet…

  7. OomKosie Avatar
    OomKosie

    Oom David, ons wag…

  8. DichterS Avatar
    DichterS

    Daar is ‘nog ‘n manier wat ons die bleekgesigte kan verhoed om ander te onderdruk – die Atlasse moet hulle geld toenemend uit die hoofstroom-ekonomie onttrek. Verkoop vaardighede en dienste direk aan mekaar op ‘n tydbank beginsel. Dan kan niemand anders benadeel word deur die bleekvel Atlasse se gevaarlike vaardighede en werks-etiek nie. Spaar geld saam in spaar-en-krediet-kooperatiewe sodat andere nie vergiftig word deur die rentes wat betaal word op finansiering nie.

    Ons doen hierdie goed reeds – maar nou ja, om die res van die Atlas-kamele by die water te kry, is maar moeilik – hulle rug moet mors eers breek…

  9. Liezel Avatar
    Liezel

    Jirre maar jy is ‘n befoeterde ou bl%^&ksem.. Hou so aan man. Dit sal jou ver bring in die wereld. Moet nou net nie vergeet dat jy baie slimmer as ALMAL om jou is nie hoor. Haal jou woede op die k4#3rs sommer op elke ding wat asem haal om jou uit veral vroumense wat nie jou wysheid kan insien nie. Laat almal mooi verstaan dat daar net een waarheid is, en dis joue. Ons weet mos hoe jy in a shack groot geword het of in ‘n tuin of kombuis of myn al hierdie jare vir peanuts die grootbaas se vuilwerk moes doen toe jy Suid Afrika gebou het. Jou plek wag vir jou in die hemel boetie. Jy wat die hele Suid Afrika met jou eie hande en verstand gebou het…

    Julle word uitgemoor deur die swartes en dis hoe julle dit hanteer? Hoekom doen jy nie net iets daaromtrent nie. Emigreer of gaan bly in Orania of watookal net om weg te kom. Just make a change or get it out your system and make a change to your life. Complaining here in essays is not accomplishing much for improving your life, or is it?

    Is om die linkses te swets regtig so lekker? Seker maar want jy het jou maatjies hier wat jou ondersteun. But seriously man, Riempies should really be asking YOU how happy you as Manfred really are because you don’t sound happy man. Not happy at all…

    1. Albert Brenner Avatar
      Albert Brenner

      …bla bla bla…

      Wat presies is jou punt…?

      Dink aan kommentaar lewer as radio kommunikasie.

      Eers DINK… dan die knoppie druk om te praat.

      1. Liezel Avatar
        Liezel

        Wat ‘n diep diep antwoord…welkom Manfred se maatjie 😉

    2. DichterS Avatar
      DichterS

      Hehehe – oom David het gaan versterkings inroep. Nou stuur hy nog ‘n ongewapende in..

      Ai – die libtards – hulle kon enige nonens praat vir ‘n lang tydperk in hulle besekermde media en niemand het hulle teëgegaan nie – – heeltemal die vermoë verloor om te dink. Nou kry hulle pakslae en dan gaan hulle deur hulle gewone voorspelbare rympie – rassis, seksis, Orania, bla-bla-bla….

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Dichter Jy is reg behalwe dat jy my lekker laat laghet met jou skerpgeit – hierdie is nie Naspers standaard kommentators nie hier gaan hulle Heiland leer ken.

    3. Manfred Delport Avatar
      Manfred Delport

      Ja ek is nogal befoeterd (amper gebruik ek ‘n ander bef- woord….) Veral wanneer daar teen my gediskrimineer word soos met RA, of wanneer mense soos ek uitgemoor word. Ja, selfs en veral geweld teen vrouens maak my bebliksemd, soos dis skokverkragting en moord van ‘n vrou in Oranjeville. En ek hou terloops van vrouens, sommer baie. Behalwe van feministe, maar laasgenoemde is in ieder geval so onaantreklik dat ek hulle nie juis mis nie.

      Jou kommentaar oor die myn is baie meer akkuraat as wat jy dink. My pa, 85 jaar oud, praat vandag nog vlot Fanakalo. Wat hy waar geleer het? O, ja, in die myn. Ja, my eie pa was ‘n mynwerker. Ek ken gevolglik van arm grootword, sussie, glo vir my.

      Jy besef natuurlik ook dat jou ANC-onderrok nou erg oor jou plat skoene hang, of hoe, met die stuk waar jy aanbeveel ek emigreer? Daai ANC-minister het mos hoeka destyds, presies nes jy bo maak, aanbeveel dat mense wat nie van misdaad hou nie, kan emigreer. Kan ons dus aanneem dat die wreedaardige moord op die vrou van Oranjeville jou koud laat, siende dat jy nie self emigrasie oorweeg nie, en dat jy inteendeel mense wat kwaad raak oor misdaad teen ons volk, wil verjaag?

      Om jou laaste retoriese vraag te antwoord, ja, dis bliksems lekker om linkses se flou pogings totaal en al met die grond gelyk te maak, met of sonder ‘n paar keurige gekruide terme op die koop toe. Soos ek pas met jou libtard-gebrabbel gemaak het.

      1. Liezel Avatar
        Liezel

        Weereens, eks lankal uit SA. Ek is baie meer regs as wat jy dink , en raak net dik vir die alewige gehaat van ander. Ons almal is dik vir die linkse media om nie eers te praat van k4fer geweld nie. Die punt is, na meer as 20 jaar word dinge net erer en daar is geen verandering of hoop. So hoekom DOEN julle dan nie iets behalwe skryf en kommittees stig en vergaderings hou nie. Dis so tipies. Ten minste het die Oraniers iets geDOEN. Ten minste het die landsverlaters iets geDOEN. Die res wonder en kla en dink nog steeds…Dis 20 jaar later en almal van julle hier het daremtot die besef gekom iets is fout. Maarverder….? Wat die ANC voorgestel het oor immigrasie is irrelevant. Stilweg stel hulle al vir dekades voor dat witmense doodgemaak word.
        Ek sal my meer bekommer oor Malema se EFF as wat die Anc gese het en ek sal myself immigrasie vorms gaan bymekaarmaak as ek jy was. Where there is a will, there is a way.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Liezel dit is maklik om soos jy te redeneer – jy
          het net jouself gehad om oor te bekommer – wat van mense met kinders, ouers, familie wat moet agterbly omdat hulle nie kan emigreer nie? Wat sou jou raad wees aan diesulkes?

          1. Liezel Avatar
            Liezel

            Baie mense het familie wat immigreer. Hulle vat hulle hele gesin saam. Kan nie glo jy het nie geweet dis moontlik nie. EN, en jy sal dit nie glo nie, maar wanneer hulle burgerskap in die nuwe land kry na ‘n klompie jare – dan doen hulle aansoek vir hulle ouers of ander familielid! Dit kan gedoen word. Jy weet nie hoe baie kom elke jaar oor nie – die stroom van Suid Afrikaners na Aus en NZ word nie minder nie…
            Maar, en dit is nogal ‘n jammerte, dis nou baie moeiliker as destyds. Ek dink voor 2000 was baie makliker, om nie eerste te praat van voor 1990 nie! Die verrystes is baie hoger nou as toe. En ja, dis nou maar jammer, maar jy kan nie jou hele uitgebreide families met jou saambring nie – dikwels wil hulle ook nie eers in elk geval kom nie. My raad is, as jy verby die blok in jou denkpatroon kan kom van “Wat van my oupa en my sussie en my anti en my beste vriendin etc etc etc.” dan kan jy self navorsing doen wat is moontlik vir jou by watter lande. Daar is ‘n groot internet reg voor jou. Maar ek twyfel eintlik of jy die tipe is wat regtig belangstel in emigrasie.
            Hel, boere is selfs Georgia toe! Ten minste is hulle lewe nie elke dag in gevaar daar soos die is op ‘n plaas in Transvaal nie. 🙂 Good for them in DOING something to improve their situation.
            Dink hieraan – die Hugonote het ook ‘n plan gemaak toe ‘n spul mal goed hulle doodmaak en verjaag in Frankryk.

          2. Rifrug Avatar
            Rifrug

            Boere in Georgië …

            “Ten minste is hulle lewe nie elke dag in gevaar daar soos die is op ‘n plaas in Transvaal nie.”

            Jammer Liezel … jy WEET NIE so baie van die wereld soos jy gedink het nie.
            Lees eers http://praag.co.za/?p=13481 voor jy weer oor Georgië praat.

            “Baie mense het familie wat immigreer. Hulle vat hulle hele gesin saam. Kan nie glo jy het nie geweet dis moontlik nie”.

            Jy probeer vir Riempies verkleineer, maar dit sal nie hier werk nie. Almal WEET dis moontlik, maar vir BAIE is dit nie finansiëel haalbaar nie.

          3. renier Avatar
            renier

            Oe jy is vlak….Hoe sê mens in afrikaans “It gives me great pleasure” Dit laaat my baie groot lekkerkry geeeee”

        2. Johan van Wyk Avatar
          Johan van Wyk

          Daar is wel drie besluite wat mens kan maak.

          Verhuis uit Suid Afrika.
          Veg
          Aanvaar jou situasie.

          Jy het jou besluit gemaak. Geen slegte besluit nie. Jou kinders sal bekend staan as Amerikaners, Australiaaners, God save the Queen. Wat ookal.

          Jy het jouself onderdanig gesit weer aan die Queen wat die grafte van duisende Boerekinders veroorsaak het. Baie geluk.

          Die wat slegter is as jy – is die wat hulle situasie aanvaar. Kuber mense.

        3. renier Avatar
          renier

          Oo so ons moet iets DOEN sê jy?!! Jy het natuurlik ‘n man (weet nie wat hy in jou sie…sorry los maar) wat redelik vermoeend is en kan bekostig om jul oorsee te neem. Jul het geen kind of kraai om oor te bekommer. Whoopee.
          Jy het natuurlik nie gedink aan die 89% van armes wat hier woon en nie so lekker maklik soos jy kan wegkom nie!!
          Jou arme SOT. Gaan op jou kniee en bid vir die wat agterbly, miskien doen jy dan iets goed…(en hou op shopping doen!!)

          1. Liezel Avatar
            Liezel

            Jy weet wat, ek het dit self alleen gedoen. En nog iets, dit was n vliegtuigkaartjie en 1 maand se verblyfgeld hier by n gastehuis waar ek n kamer gehuur het vir goedkoop tot ek werk gekry het. En toe deur my werkgewer hier kon aansoek doen vir werks permit.
            Ek was nie skatryk nie, ek het min gehad want my kar en meubels het ek in SAverkoop. Ek het

          2. Liezel Avatar
            Liezel

            … dit met baie min gedoen. Julle het nie idee van hierdie dinge nie want julle het dit nog nooit gedoen of regtig ernstig oorweeg nie.
            Natuurlik is daar brandarm mense wat nie dit kan bekostig nie , maar julle hier? Ek dink daar is van julle wat kan, maar nooit wou nie. Fair enough. Maar dan moet jy maar Afrika aanvaar van daar gaan geen oorlog kom nie… die “oorlog” is lankal deur die swartes gewen.

    4. De Juur Avatar
      De Juur

      Ag sies-tokken-fog ou “coiffeur-boetie” -biets… Ons sal voel soos ons wil voel, en ons sal sê net wat ons wil sê… En ons sal die blixem-in wees wanneer ons wil, soos ons wil, as ons wil en vir wie ons wil. En ons voel ‘n vlieënde vólk wat jý daarvan sê of dink. Byvoorbaat sal dit wonderlik wees wanneer jou “dearly beloved, primitive, barbaric, slope-headed, simian fellow sub-human beings” jou faktap tipe spoedig daar in jou “gekoopte-apartheid kasteel” (met die hoë wit mure en elektriese heining) omsingel en jou (en jou hele nageslag) wreedaardig uitmoor, want gruwelike vervloekte links-liberale Aapzaniese drek-skuim (verraderlike, verwerplike “genetic retards”) hoort nie op aarde nie, en julle het geen reg tot lewe nie. Gesprek met lae links-liberale wit gemors (wat ons nommer EEN en WARE vyand is) is sinneloos. So… ons het nie verder veel om vir mekaar te sê nie… al wat jy moet doen is vrek. Jou siek woorde hier beteken in elk geval vólk-all. Vólk-off.

    5. OomKosie Avatar
      OomKosie

      Liezel, net een klein vragie, was jy al onlangs of al ooit ‘n slagoffer van ‘n geweldsmisdaad, of selfs een lid van jou nabye familie. Ek sal baie graag jou eerlike antwoord hierop wil hoor.

      Ek merk op dat jy nou sterk by die debatte betrokke geraak het, dit wil my voorkom asof jy kan skryf en ‘n boodskap oordra, juis daarom sal ek bitter graag van jou wil verneem.

      1. Liezel Avatar
        Liezel

        Ek was in n gewapende roof in die huis aangeval. Dis nou al meer as n dekade gelede. Ek is kort daarna uit S.A en nooit weer terug nie. Van my familie en vriende het intussentyd ook deurgeloop onder crime. So ek weet regtig goed wat aangaan daar. Die ouens is natuurlik nooit gevang nie en dit het nooit n koerant gehaal nie. Maar daardie helse nag het gesorg dat ek sover gekom het om die land te verlaat toe ek lewendig daar uit kom. Dit was een van die beste besluite ooit. Nie dat dit nie moeilik was nie – maar ek regret dit glad nie. Ek wens net ander wat die vermoe het om dit vir hullesel en hul kinders te doen wag nie tot dit te laat is nie. Immigrasie na die westerse lande word moeiliker met elke jaar.

    6. OomKosie Avatar
      OomKosie

      So terloops Liezel ek merk op dat jy nou deur jou sarkastiese opmerking insinueer dat die land deur swartes opgebou is, ek gaannmy regtig nie verwerdig om daarop uit te brei nie aangesien dit vir my duidelik is dat jy bitter min van ekonomie af verstaan, wat wel duidelik is is dat jy heelwaarskynlik ‘n persoon is wat die voordele geniet van dit wat jou voorgeslagte geskep het, nie net deur van die arbeid van ander gebruik te maak nie, maar ook deur hulle eie harde werk en opofferinge. As jou bedoeling is dat die Afrikaner die grootste voordeel uit die vorige bedeling getrek het is ek nog meer verstom oor jou kennis van ons land secgeskiedenis en stel ek voor jy gaan lees maar ‘n bietjie op oor die rol van die Ingelse en Jode in die geskiedenis van ons land. Miskien sal jy dan minder neerhalend wees oor wat jou voorgeslagte vermag het. Die probleem met PK mense soos jy is soos uitstekend verwoord in ‘n ander onlangse artikel, is dat die waarheid en leun in ons land dieselfde prominensie in die media geniet, meestal ten koste van die waarheid, dit lyk my jy val vir hierdie propaganda. Laat ek jou ook sommer belowe dat daar nog baie slimmer en selfs slimmer mense as Manfed is wat die meer val vir die PK inslag nie en al hoe meer gaan begin aandring dat ons stem ook gehoor word.

    7. Pick a name Avatar
      Pick a name

      Liezeltjie, ons ruik jou (en jou soort) al ‘n myl vêr. Jy is tipies ‘n 42 jarige sleg-gemors Naspes hoernalis -biets wat jou links-liberale vrot bruin bollie-blertse hier op Praag kom los en dan dink jy jy is so vreeslik oulik. Ag toemaar… jy is seker nie heeltemaal so sleg soos jy ruik nie, nê.

      1. Liezel Avatar
        Liezel

        Yes Manfred… los die lasterlikste woorde vir Picka name om te se.

      2. renier Avatar
        renier

        Maaind joe…ek dink sy is ‘n Huisgenoot joernalis…Ek sal geld daarop sit….

        1. Liezel James Avatar
          Liezel James

          Ha! Laat jy my nou terugdink aan Bollie, Katastrofes en Hagar 🙂 So lanklaas ‘n Huisgenoot gesien… Ja ek skryf vir hulle ‘n weeklikse rubriek oor wat op Praag se comments gebeur 😛

    8. renier Avatar
      renier

      Liezel, only fools are happy…and vegetables are always happy….which one are you…

      1. Liezel James Avatar
        Liezel James

        So sad 🙁

  10. Pick a name Avatar
    Pick a name

    Ag links-liberale Liezel & Company… kry gerus vir julle ‘n middelvinger…

  11. jan Avatar
    jan

    Liezel spreek iets aan wat ons vir veertig jaar al dodelik teister – die kanker van enige samelewing – wanneer macho mans organisasies ter wille van vreemde lojaliteite hul kinders se erfporsie verwoes: Dink aan die macho Weermag, macho Broeders en Macho Bokryers en nou Macho Naspers. Plus uitgesproke skitzofrene met ‘n godsdiens fiksasie en delusie en hallusinasies. Die Tsafendooste….omring deur ‘n harem van boosaardige feministe [ +Gays!]

    Is dit hoekom die spook van Isebel of eerder Heks van Endor – Ayn Rand, geraadpleeg word. Of hoe?

    Liezel het egter ‘n uiterste frustrasie want haar vlug het vir haar nageslag geen tuiste geskep nie – inteendeel – en die ballingskap onteiening is ‘n bitter pad om te stap.

    Die binnelandse opsie wat sy NIE gedoen het nie is steeds Orania hier in SA of selfs oorsee waar daar reeds sulke Afrikaner kolonies saamkoek.

    Orania word nou op R500 miljoen gewaardeer. En die nuwe bouwerke is ooral te sien en die planne geformuleer vir ‘n skitterende vredevolle tuiste vir ons kinders.

    Slegs vir die vrouens en mans wat belangstel en die murg in hul pype het want die fondamente van Orania nie op ‘n fiktiewe Atlas of demente Tsafendas gebou nie maar op die Bybel .

    1. Gas Avatar
      Gas

      Arme siel, jy yl. Absolute twak! Hierdie verraaiers is alles behalwe macho. Dis ‘n moffienes. Hoekom dink jy hou die dykes van hulle? Hoe lyk daardie De Klerk wat soos ‘n gestrande blaasoppie op die rotse uitgespoel het vir ‘n ikoon? Die joodse kameraspan het De Klerk eintlik vir die Afrikaner opgehang in die openbaar, want hulle het hom as ‘n verdrinkte Boedhhistiese lyk uitgestal, sy waardes totaal tot in grond vertrap en verniel. Hy het natuurlik met oorgawe saam gedoen aan sy openbare teregstelling. Die hele oefening was om die Afrikaner simbool af te breek en hom hom aanvaarbaar vir die Baal aanbidders en pederaste te maak.

      1. jan Avatar
        jan

        Gas
        En jy persevereer oor die ‘jode’ ou plattes! – behalwe as jy verwys na alle anti-Christe – wat waar mag wees
        net soos ook
        ‘Pederaste ‘ = pedofiel + rastafarier = Tsafendrek

        Maar dan moet jy die tradisionele vyand van my Volkie uitspel naamlik die skelm Bokryers van Piet Retief se tyd af en toe die gay Bokryers van die ABO en dan die mal Bokryers en Griekse [LW] kleurling moordenaar van Verwoerd.

        Uiteindelik die breinsifilis Nitzche Nazi’s die troetelgodsdiens van wit narssiste.

        Ja so lyk die vyande van my Volkie : goggas wat vir babas bang maak Hmm?

        Wat ‘n makabere absurde skouspel van die heidendom.

        Hmm?

        1. jan Avatar
          jan

          NS ‘persevereer” is die basiese teken van organiese breinskade soos bv breinbloeding….die pasient herhaal alles refleksief wat hy hoor of sien.en kan andersins 100% normaal voorkom.

          Ek sien Broeder Pik begin vir sy paaltjies keer deur te erken dat daar ‘n ooreenkoms met die ANC was wat nou deur die ANC verbreek word. [Rapport vandag]

  12. jan Avatar
    jan

    Haastig iets sê Manfred se skrywes is wonderlik eerlik – eks mal daaroor.
    Liezel moet asb aanhou haar hart skoon skryf – dis maar wat ons almal hier doen…. nie waar nie?

    Maar kom laat ons altyd in ons slot paragraaf sin iets positiefs skryf – anders raak Praag maar net weer ‘n Naspers Lite.

    Herman Charles Bosman se werk is die goudstandaard van opstelle – sy slotsin laat jou altyd na jou asem snak.Kom laat ons almal dit probeer regkry….

    Manfred het dit reggekry!!!. en Liezel ook!!!!

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Jan soos jy en baie ander oor Orania voel – so voel ek en baie ander weer oor Praag – moet nooit weer na Praag verwys as n “weer n ANC-lite”
      nie ons sal jou teer en veer 😉

      1. jan Avatar
        jan

        Riempies ek het gewaarsku om nie soos in die verlede toe te laat dat Praag gekaap word deur Naspers aktiviste soos wat ek uitgespel het, nie.

        Dan word Praag Naspers – Lite

        Praag is uiters waardevol om die monopolie van Naspers te breek.
        maar dan sal ek dit haat as dit dieselfde poeding is met slegs ‘n ander stink sousie., soortvan ding…

        Jy weet mos dat ek nie ‘n saak het met die ANC soos julle beheptheid met die ANC, nie. want hulle sal absoluut NIE my toekoms bepaal nie.

        Orania is nou R500mijoen werd hmm?

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Jan Naspers kwaaddoeners sal nie die voorreg kry om
          Praag te kaap nie – hulle sal eerder tou kry om hulleself op te hang
          😉

          Nou op n meer van belang en op n ernstiger noot –
          Orania se waarde wil ek nie sien as n finansieele bate nie – dit is eerder n
          volksbate want dit behoort aan Afrikaners. Die mense van Orania is ook
          hoegenaamd nie ras gedrewe nie omdat ras nie vir hulle daar n bedreiging inhou
          nie, ek sou ook graag wou sien dat Orania begin met onafhanlikheidstrewes en ek
          sou ook graag wou sien dat daar infrastruktuur ontwikkel vir werk verskaffing
          wat sonder twyfel mense sal lok. Wat vir my verder van belang is – is dat veral
          jong profesionele mense met kleinkindertjies begin uitwyk uit die metropole en
          nie net uitwyk nie maar ook hoofsaaklik begin migreer na die Wes Kaap en
          omligging. Hierdie tendens moet opgevolg word en bestudeer word as moontlikheid
          van kantonne wat later kan verening as Afrikanergebied, met die Orania area.
          Natuurlike demografiese groepering is die een faktor waarteen n oormag magteloos
          is.So op die manier terugkeer na waar ons oorspronlik vandaan kom?

          1. Richard Avatar
            Richard

            In jou wildste drome Riempies as jy dink daar is ‘n “moontlikheid” vir “kantonne” in die Wes Kaap, nie net sal jy opdraende kry van die DA nie maar ook die oorgrote meerderheid Kleurlinge en Engelssprekendes. Het jy geweet uit die totale blanke bevolking in die Wes -kaap dat sowat 50% van hulle wit Engelssprekendes is? Maklik sowat 450 000.
            Verder dat die gemiddelde Afikaner in die Kaap by verre meer liberaal is as bv in die Noorde? Waarom dink jy moet die VF en ander regse organisasies so steun op die Afrikaner uit die Noorde – al is dit nie eers die meerderheid van die totale Afrikaner bevolking van die Noordelike dele van die land nie, wat maar nog steeds ‘n minderheid uitmaak (kyk maar na “konserwatiewe” Pretoria se VF uitslae – goeie voorbeeld)
            Sjoe maar jy lewe omtrent in ‘n droomwêreld jong!

          2. Riempies Avatar
            Riempies

            Gaan die DA vir die mense se waar hulle mag woon en waar nie?

            Dit gaan nie oor Engelse of Afrikaners nie – jy mis die punt – die punt is natuurlike migrasie.

            Die Bruinmense is klaar voorgese en sal nie weer toelaat dat hulle misbruik word deur die DA liegbekke nie – vir wie hulle stemme gebruik is om die ingevoerde swartes te bevoordeel ten koste van die Bruinmense/volk. Hulle beskik ook oor die nodige sterk leierskap deur ervare en geleerde leiers, met hulle eie party gestig deur Pieter Marais. Verder ook is dit net die Bruinvolk en die blankes wat kan aanspraak maak op historiese reg op Kaap Provinsie.

            Natuurlik migrasie gaan niemand keer nie ook nie Zille van die/ANC-lite nie.

          3. Richard Avatar
            Richard

            Mmmm interessant, so jy of sal ek sê die “boere Afrikaner” wil die Bruines skielik gebruik vir hul agenda?
            Sê my Riempies jy weet seker die Bruinmense oortref die Afrikaners by verre as dit kom by getalle – Al trek elke Afrikaner siel na die Wes-kaap – Jy sal natuurlik tevrede mees met ‘n Bruin meerderheidsregering in die Wes-Kaap?
            Die Cape/Kaapse party doen maar vrot volgens die vorige munisipale verkiesing.

          4. Riempies Avatar
            Riempies

            Vir n ontwikkelde man – soos ek verstaan jy is – begryp jy hoegenaamd nie wat ek gese het nie.

            Jy sien Richard dit is die probleem asook die verskil tussen regsdenkende mense en linksdenkende mense – sodra n regse mense met feite redeneer en die waarheid as norm gebruik dan kom die linksgesinde mense met sulke feitelose argumente wat totaal ontbloot is van die waarheid.

            Dus wat is die sin daarin om met sulke mense ingesprek te
            tree?

          5. Arnieann Avatar
            Arnieann

            En jou stomsinige drome is ook net drome.
            Gaan kyk, en slaan ag op die feit dat daar net soveel Engels sprekendes is wat anti liberaal is.
            Jy suig jou duime soos ‘n kleuter wat pas gespeen is.

        2. renier Avatar
          renier

          OMG jy IS gay. Okay, dis fine. Sorry maar ek is baie skerp met dit…

      2. renier Avatar
        renier

        Ek stem!!! En ek dink (“sal gou gaan soek”) dat Herman Charles Bosman ‘n moffie was….

  13. Queen William Avatar
    Queen William

    Geld nodig het, wat wissel van ZAR10000 ZAR10, 000,000 00. Kry jou geen kwotasie nou!Terugbetalings tot 54 maande. Geen versekering, geld in jou rekening betaal binne 24 uur na goedkeuring. al wat jy hoef te doen, is my antwoord via: queenwilliam21@gmail.com

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Nou gaan daar darrem GMail adresse geskep word vir n vale he he he.

Leave a Reply