Ford was nog al die jare een van die tipe vervaardigers wat goeie betroubare voertuie gebou het. Die meeste van hulle was nog altyd sonder fieterjasies en foefies, slegs pure bloubloed-Fords. Ford is ook soos GM Motors een van die grootes uit die VSA. Hier in Suid-Afrika was jy in die 60 en 70’s of
Onluste-polisie storm admingebou van US
‘n Groep van meer as 50 studente van die Universiteit van Stellenbosch ‘n interdik verontagsaam wat deur ‘n balju van die hof Dinsdagoggend aan hulle oorhandig is. Betogers het die glas van die universiteit se Admin B-gebou se ingang gebreek en skares studente het buite saamgedrom. ‘n Menseketting is vir ‘n ruk voor die ingang
Kiëf probeer Minsk-vrede ondermyn
Regeringsbronne in Kiëf het bekend gemaak dat ’n soldaat in die konflikgeteisterde ooste van die Oekraïne doodgeskiet is. Dit is glo die eerste sterfgeval onder regeringsmagte in ’n maand. Dié nuus kom pas nadat president Hollande van Frankryk verklaar het dat die Minsk-vredesooreenkoms verleng behoort te word. Dit sou strek tot Desember 2015. Dinsdag het
EU wil druk op Turkye plaas om migrantestroom te beperk
Leiers van die Europese Unie (EU) het vergader om druk op Turkye uit te oefen om die toestroming van migrante na Europa te beperk. Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het gesê dit is “onaanvaarbaar” dat die kort seeroete na Griekeland deur mensesmokkelaars beheer word. Die beraad in Brussel sal fokus op ’n ooreenkoms met Turkye
Lees verder: EU wil druk op Turkye plaas om migrantestroom te beperk
Oscar flous media oor vrylating
Die paralimpiese atleet Oscar Pistorius het die media geflous toe hy Maandagaand stilweg uit die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria vrygelaat is, ‘n dag vroeër as wat verwag is. Hy sou volgens alle inligting eers vanoggend vrygelaat word. Pistorius is verlede jaar tronk toe gestuur nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het omdat
Nuwe hospitaal ‘n wit olifant
Die splinternuwe R380 miljoen se Albert Nzula-hospitaal op Trompsburg is ‘n wit olifant sedert dit klaar gebou is, omdat die projek se rioolwerke nie reg beplan is nie. Dit is deel van die Xhariep Distriksmunisipaliteit en moes in September geopen word. Dié hospitaal sou die padsterftesyfer op die N1 glo verminder het omdat ongelukslagoffers “nader”
‘Pukke moeg vir politiekery’
Die huidige onrustigheid in die tersiêre onderwyssektor is wat gelei het tot die totstandkoming van “NWU-Pukke Breek die Stilte”, ‘n groep studente wat die belange van die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus op die hart dra. Dit is volgens SR-voorsitter, Paul Maritz, wat vanoggend ‘n nuusverklaring uitgereik het waarin hy onder meer sê dat studente op die Potchefstroomkampus
Polisie neem betogers by UK in hegtenis
Betogers by die Universiteit van Kaapstad is deur die polisie in hegtenis geneem. Die groep het hulself nie verset nie en protesliedjies gesing terwyl hulle in vangwa’s gelaai is. Die betogende studente het die ingang na die Bremner-gebou beset. Die universiteit het vroeër ‘n hofbevel van die Kaapstadse Hooggeregshof verkry om betogers vas te vat
Betogers bestorm Senate House by Wits
Die universiteitsraad van die Universiteit van die Witwatersrand sou studente vanmiddag toespreek, maar het daarteen besluit nadat betogers Senate House bestorm het. Die Raad sê die optrede is strydig met ‘n ooreenkoms wat vroeër bereik is. Wits het intussen besluit om studente kwyt te skeld van die deposito wat hulle moet betaal wanneer hulle inskryf.
Swarte steek onderwyseres dood met mes
‘n Laerskoolonderwyseres, Lindie Bosch-Jansen (35) is voor haar twee seuntjies deur ‘n swarte doodgesteek. Sy was ‘n leerkrag aan die Jinnah Park Primary School in Warmbad (Bela-Bela). Lindie en haar twee seuns, onderskeidelik 10 en 7, het Saterdagaand ‘n verjaarsdagpartytjie wat by die Laerskool Warmbad gehou is, bygewoon. Die niksvermoedende onderwyseres het na afloop van
