Vermeende messteker glimlag breed by sy hofverskyning

Die laggende bruinman Damian Adams wat die wit onderwyseres Lindie Bosch-Jansen die naweek volgens ooggetuies met ‘n mes doodgesteek het, het in die landdroshof in Warmbad (Bela-Bela) verskyn.

PRAAG het vroeër berig dat hy swart is, maar dit blyk dat Adams, 20, bruin is.

Die Pos, ’n plaaslike koerant, berig hy het verbande aan albei sy arms gehad.

Hy het beserings aan sy arms opgedoen toe hy oor ’n lemmetjiesdraad probeer vlug het na die moord.

Die vermoorde onderwyseres se handsak is in sy besit gevind.

Die moeder van Bosch-Jansen het nie Dinsdagoggend die hofverskyning van haar dogter se vermeende moordenaar bygewoon nie.

Anne O’Neill Hoffman sê sy is te getraumatiseer deur die gebeure.

Adams sal in aanhouding bly tot hy volgende week om borgtog sal aansoek doen.

Swarte steek onderwyseres dood met mes

‘n Laerskoolonderwyseres, Lindie Bosch-Jansen (35) is voor haar twee seuntjies deur ‘n swarte doodgesteek.

Sy was ‘n leerkrag aan die Jinnah Park Primary School in Warmbad (Bela-Bela).

Lindie en haar twee seuns, onderskeidelik 10 en 7, het Saterdagaand ‘n verjaarsdagpartytjie wat by die Laerskool Warmbad gehou is, bygewoon.

Die niksvermoedende onderwyseres het na afloop van die vieringe na haar voertuig gestap waar haar twee kinders gewag het.

Die swarte het haar glo ingewag om haar te beroof en haar met ‘n mes aangeval voor haar seuns. Die twee is getraumatiseer sê familielede.

Die swart aanvaller is later in hegtenis geneem en sal eersdaags in die landdroshof op Warmbad onder meer op aanklag van moord verskyn.