Ministers van finansies van die 15 lande op die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, het in New York vergader om ’n resolusie te aanvaar om die finansiering te ontwrig wat die Islamitiese Staat (ISIS) ontvang. ISIS verkry sy geld deur die verkoop van olie en oudhede asook die invordering van lospryse en ander kriminele aktiwiteite.
Lees verder: Veiligheidsraad aanvaar resolusie teen ISIS-finansiering
