Die dogter van die vermoorde leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), Chris Hani en lid van AgangSA, het na Cope oorgeloop. Vanessa Hani, sal ‘n groot aanwins vir die party wees,het Cope se sekretaris-generaal, Lyndall Shope-Mafole, in ‘n verklaring gesê. Hani het gesê dit was ‘n moeilike besluit om AgangSA te verlaat. Dit het
DA wou helms, skerms en skokstokke instuur
Die ANC het aansoek gedoen om ‘n bevel wat die DA sou verhoed om na Luthulihuis op te ruk, nadat dit aan die lig gekom het dat die DA beplan het om ‘n veiligheidsonderneming gewapen met veiligheidshelms en -skerms sowel as skokstokke in te stuur. In die lig van dié openlike provokasie het die ANC
EU hef sanksies teen Zim op
Die Europese Unie sal na verwagting vandeesmaand die meeste van die oorblywende sankiese teen Zimbabwe ophef, het RSG berig. Die EU se buitelandse beleidshoof, Catherine Ashton sê sanksies sal weer ingestel word indien Zimbabwe menseregte skend. Die EU het in 2002 sankies teen Zimbabwe ingestel in reaksie op dié land se optrede teen die opposisie
Vars menskoppe op die spyskaart
Twee vars mensekoppe is in ‘n Nigeriese hotelrestaurant in Onishta te ete aangebied. Die dis is as “geroosterde kop” op die spyskaart aangedui, het die International Business Times berig. Die polisie het op die hotel se restaurant toegeslaan ná gerugte dat mensvleis daar bedien word. Hulle het afgekom op twee vars mensekoppe, deurdrenk van die bloed
DA-optog nie na Luthulihuis nie
Die Demokratiese Alliansie sal Woensdag ‘n optog vir “regte” werk in Johannesburg hou. Die party het aanvanklik gesê hulle sal ‘n optog na die ANC se hoofkantoor, Luthulihuis, in die middestad van Johannesburg, hou maar dié plan is in die wiele gery deur die metropolisie. Die party sal na Beyers Naude Square, ‘n blok weg van
Waterkloof Vier uit op parool
Die sogenaamde Waterkloof Vier sal vandag op parool vrygelaat word nadat die departement van korrektiewe dienste hul parool bevestig het. Christoff Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is in 2011 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n hawelose swarte in Pretoria. Ingevolge wetgewing het die vier reeds die
Bin Laden-toesmeerdery met epos onthul
Judicial Watch se voorsitter, Tom Fitton, het Maandag gesê ‘n epos oor Osama Bin Laden se vermeende dood, “onthul die minagting vir die oppergesag van die reg en die Amerikaanse volk se reg om te weet”. Die epos wat pas bekend gestel is, toon die Amerikaanse weermag se top-beampte van spesiale operasies wat ondergeskiktes beveel
Bomeenheid sper Johannesburgse gasfabriek af
Die polisie se bomeenheid is na die gasmaatskappy Egoli Gas in Auckland Park, Johannesburg ontbied. Dié nuus is deur Jacaranda FM Dinsdagoggend getwiet. Bomdeskundiges sowel as die polisie se honde-eenheid is glo tans op die toneel. Die Brixton-polisie het berigte dat ‘n verdagte “boks” op die perseel gevind is, bevestig. Die gebou is intussen ontruim
Beskermd: Bodem 31: Die gesant
Daar is geen uittreksel nie want hierdie is ‘n beskermde bydrae.
Bodem 31: Die gesant (inleiding)
‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 30 en alle vorige episodes. Daar, net onder die verchroomde buffer, dieper in onder die wye voertuig, die Nissan Patrol, is beskutting, is veiligheid. Sal die kar se bakwerk, die bagasie daarin en die onderstel die ellende wat binne oomblikke uit die helikopter uit die hoogte na onder
