
Die Europese Unie sal na verwagting vandeesmaand die meeste van die oorblywende sankiese teen Zimbabwe ophef, het RSG berig.
Die EU se buitelandse beleidshoof, Catherine Ashton sê sanksies sal weer ingestel word indien Zimbabwe menseregte skend.
Die EU het in 2002 sankies teen Zimbabwe ingestel in reaksie op dié land se optrede teen die opposisie en die afsetting van wit boere van hulle plase af.
Ashton sê die besluit om die meeste sanksies op te hef, volg op uitgebreide samesprekings met EU-lidlande en politici in Zimbabwe.

Ek het nog nie gesien dat Mugabe enige van sy wraaksugtige idees verander het nie? Hy is presies net nog dieselfde seniele moordenaar!
Die pateet hou menseregteskendings nog gesond en lewendig. Of daar nou sanksies is of nie hy steur hom nie daaraan nie.
M.a.w. Mooiso moegoe – jy het nog van jou landsgenote verarm en laat vrek van die honger. Ons gee nie om dat jou mense doodgaan in geweld en moord deur jou party gepleeg nie. Doen asb so voort!
DIT is uiters absurd en belaglik dat so ‘n lawwe diktatortjie kan maak soos hy lekkerkry in die wêreld en NIEMAND is bereid om teen hom op te staan nie. Nie ‘n afrika leier nie en ook nie ‘n westerse leier nie. Die wêreld het regtig mal geword.
Hierdie Ashton het ‘n afdraande gesig soos ‘n wasklip. Kyk net daai bruin ringe om die nek!
Hy is nog nie dood nie, maar lyk nog al die tyd sleg. (Of is dit ruik?)