praag.co.za

Bodem 31: Die gesant (inleiding)

Written by

in

,

vlamtoring2‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter

Lees eers Bodem 30 en alle vorige episodes.

Daar, net onder die verchroomde buffer, dieper in onder die wye voertuig, die Nissan Patrol, is beskutting, is veiligheid. Sal die kar se bakwerk, die bagasie daarin en die onderstel die ellende wat binne oomblikke uit die helikopter uit die hoogte na onder gaan snel, kan keer? Hy weet nie. Hy weet net dat hy nog besig was om gewoond te raak aan ʼn oggend wat hy nooit gedink het sou aanbreek ná ʼn oneindige nag van nimmereindigende verskrikking nie, toe verskyn die twee vliegtuie soos moderne drake in die lug, met lemme wat die lug kloof en die ou bekende stottergeraas maak.

Hoekom presies die helikopters so ʼn vreesaanjaende bedreiging is, weet hy nie, maar rondom hom is paniek en die mens wat versink is in ʼn groep wat skrik, het ʼn onwrikbare, instinktiewe vertroue in die meerdere kennis van die mense om hom: Hulle weet iets wat hy  nie weet nie, en dit maak hulle bang. Die lewe het – weereens, weereens – tot ʼn einde gekom en alle oorlewing is gesetel op die nat gras onder die Patrol.

Lees die res van Bodem 31 met ‘n wagwoord. Maar kyk eers na die boodskap wat hier volg:

Geagte leser,

Ons het besluit om van hier af aan Gustav Venter se spannende nuwe distopiese vervolgverhaal, Bodem, betalend te maak en die res van vandag se episode, asook verdere episodes, sal slegs met ‘n wagwoord toeganklik wees.

Daar is drie opsies:

  1. R60 (eboek) – u ontvang die wagwoord om aan te hou lees en by voltooiing van die verhaal, ontvang u ‘n eboek van die volledige roman van ongeveer 100 000 woorde om op u mobiele toestel of rekenaar te kan lees en herlees;
  2. R155 (gedrukte boek) + R25 (posgeld) = R180 – u ontvang die wagwoord en by voltooiing van die verhaal, ontvang u ‘n gedrukte boek in die pos;
  3. BBP-lede van PRAAG wat R200 per maand of meer per debietorder bydra, ontvang die wagwoord gratis, asook ‘n gratis eboek ter waarde van R60 by voltooiing van die verhaal.

Lees nou, betaal later!

Al wat u hoef te doen, is om vir ons ‘n epos na lidmaatskap@praag.org te stuur met die opsie wat u verkies, waarna ons vir u die wagwoord sal aanstuur. Die wagwoord sal vir die duur van Bodem aanlyn dieselfde bly, dus sal u steeds met geringe moeite elke oggend die verhaal kan volg deur eenvoudig die wagwoord in te sleutel.

Waarom het ons tot dié stap oorgegaan?

U sou, liewe leser, waarskynlik saamstem dat Gustav Venter ‘n vonds vir Afrikaans is! ‘n Bekwame skrywer, joernalis en redakteur wat in sy eensaamheid op ‘n plaas in die Oos-Vrystaat tussen die berge naby Clarens woon.

Sedert die 1960s was daar nog nooit weer fiksieskrywers in Afrikaans wat voltyds hul brood met die pen kon verdien nie. Ons wil aan Gustav daardie geleentheid bied, maar sodoende ook ‘n nuwe tydvak in Afrikaans inlui: ‘n nuwe Goue Tyd soos laas in die sestigerjare toe Afrikaanse verhale – ook fotoverhale! – gebloei het en met geesdrif deur die hele volk gelees is.

Gustav verseker ons dat hy die pas sal kan volhou om elke twee of drie maande ‘n nuwe boek te voltooi, met aanlynepisodes wat elke dag verskyn. Nie net is sy werk prikkelend nie, maar ook omstrede, selfs onverskrokke. Een van sy idees is om die lewe in ‘n toekomstige Afrikanervolkstaat in ‘n roman iewers ná Bodem te beskryf! Hy vermaak ons, maar sit ons ook aan die dink oor moeilike kwessies en keuses oor ons toekoms in dié “wye en droewe land” (Van Wyk Louw).

Laat Gustav vir ons ‘n nuwe toekoms in sy fiksie oopskryf! Stuur vir ons daardie epos na lidmaatskap@praag.org waarin u die eboek of gedrukteboekopsie kies of as BBP-lid u gratis wagwoord aanvra.

Indien u op ‘n mobiele toestel verkeer waarvandaan u nie ‘n epos kan stuur nie, kan u dr. Dan Roodt direk op Facebook of Twitter kontak: facebook.com/danroodt of twitter.com/danroodt.

Comments

16 responses to “Bodem 31: Die gesant (inleiding)”

  1. Brandt de Ruyter Avatar
    Brandt de Ruyter

    Uitstekende idee. My e-pos reeds aan u versend met die keuse wat ek graag uitoefen.

    ‘ Een van sy idees is om die lewe in ‘n toekomstige Afrikanervolkstaat in ‘n roman iewers ná Bodem te beskryf! ‘
    Dr Roodt, wat van ‘n bydrae ten opsigte van Front Nasionaal ook? Minimum R50.00?

    1. Brandt de Ruyter Avatar
      Brandt de Ruyter

      Baie dankie, sopas my wagwoord ontvang.

      1. Gustav Avatar
        Gustav

        Brandt, dankie. Ek waardeer dit.

    2. Dan Roodt Avatar

      Ons sal binnekort bankbesonderhede vir Front Nasionaal kommunikeer, dankie!

  2. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Dit was nou ‘n gawe idee hierdie.
    Soos ek voorheen gesê het: Die stomme Gustav weet nie meer of die son skyn, en of dit nag is nie. Om so vir ure aaneen ‘n storie te skryf, en dit dan nog verniet te doen, staan geen ordentlikke Boertjie aan nie.
    Met groot plesier betaal ek my deel, en ek hoop regtig ander doen dit ook.
    Dankie Gustav vir ‘n lekker Afrikaner storie.

    1. Gustav Avatar
      Gustav

      Arnieann, dankie vir alles. Jy weet natuurlik dat jy reeds betaal het?

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        Goot waardering ;>)

  3. Rutger Avatar
    Rutger

    Goeie plan Gustav. Die storie het onverwags ‘n lekker draai geneem!

    1. Gustav Avatar
      Gustav

      Dankie Rutger. Ek is self nuuskierig om te sien wat gaan gebeur…

  4. betzie Avatar
    betzie

    Inderdaad is R 60 niks in vergelyking met die absurde R 120 wat elke maand hier in
    vuil Bloemfontein vir vullissakke-verwydering betaal word nie . Dis my plesier om te betaal .

  5. StalinX Avatar
    StalinX

    Wat van sommer dieselfde vir Praag ook? Dan kan ons dalk sien wie die afduim brigade is???

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Ek stem saam en tog nie… Want nie almal, al het hulle geld,sal R720+b.fooie per jaar betaal om net te kan lees nie. Want, daar is BAIE wat kom om net te lees.

      Dit sal ook nie die afduime blootlê nie.

  6. StalinX Avatar
    StalinX

    Dankie Gustav. Kan nie wag vir my hardeband om weer van voor af te begin lees nie.

    1. Gustav Avatar
      Gustav

      Ek sê dankie. Ek vertrou jou eksemplaar is binnekort in jou hande.

  7. Gustav Avatar
    Gustav

    Nee, gaan gerus voort. Ons waardeer jou kommentaar.

  8. Dolk Avatar
    Dolk

    Ek is agter met die boek – maar nou gaan ek DV weer wegspring oor die naweek daarmee… My glimlag daarvoor lyk soos ‘n grynslaggende haai s’n…

Leave a Reply