Die swart motorbestuurder van die Gautengse LUR vir behuising het weer verskyn in die Krugersdorpse landdroshof op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, en dat hy nie ‘n beseerde persoon gehelp het nie.
Die saak hou verband met ‘n ongeluk in 2011 toe Motsami Semitje in ‘n ongeluk betrokke was waarin Thomas Ferreira, wat op ‘n motorfiets was, ernstig beseer is.
‘n Neuroloog het intussen verklaar dat Ferreira nooit ten volle sal herstel van die breinskade wat hy opgedoen het nie.
Die hof het gister gehoor dat Semitje nie ‘n gevorderde bestuurskursus geslaag het nie.
Hy het na bewering deur ‘n rooi verkeerslig gejaag en in die middel van ‘n kruising teen Ferreira gebots.
Die saak is gister uitgestel sodat die verdediging nog getuies kan roep.
Flippie Engelbrecht in die omhelsing van Carina Papenfus
Die wynboer van die Bredevallei wat pas oorlede is, Johnny Burger, se prokureur het vroeër die venyn van die ongetoetste en valse beskuldigings teen sy kliënt oor die beweerde aanranding van ‘n plaaswerker, Flippie Engelbrecht, skerp gekritiseer.
Dit wil voorkom asof die volgehoue veldtog teen Burger deur die plaaswerker se regsverteenwoordiger Carina Papenfus, tot die tragiese dood van Burger gelei het. Burger het voor sy dood gesê hy is die “slagoffer van ‘n smeerveldtog deur ‘n kwaadsteker met ‘n politieke agenda”.
Die polisie kon nie bevestig of Burger sy eie lewe geneem het nie. Rapport het egter reeds op sy webtuiste verklaar dat Burger selfmoord gepleeg het.
Jaco Krauwkam, Burger se prokureur, het veral die wyse waarop “doelgerigte” sosiale media-veldtogte gevoer is om Burger in die media te stigmatiseer en te verhoor asook om Rietvallei-wynlandgoed ekonomies te knak, uitgewys.
Krauwkam het vroeër gesê dit dui op ’n doelbewuste “beswadderingspoging” deur Engelbrecht se regsverteenwoordiger, Papenfus.
Papenfus het tydens Burger se onlangse hofverskyning die publiek aangehits met uitroepe wat die spanning en woede van die gemeenskap verder verhoog het terwyl hulle moes wag vir die twee mans om te verskyn.
Meer as 100 plaaswerkers en lede van die gemeenskap wat uit Oudtshoorn, Swellendam, Barrydale en Piketberg ingebus is, het vanaf 9:00 buite die hof saamgedrom om die Engelbrecht-gesin te ondersteun.
Burger en sy voorman Treurnicht het eers ná 11:00 opgedaag, weens ‘n ongesteldheid. Dit het daartoe aanleiding gegee dat woede-uitbarstings vanuit die gallery gehoor is.
Uitroepe van “Hoekom is jy so spesiaal? Wie dink jy is jy?” het weerklink toe die twee die hofsaal binnegekom het.
“Jy sê dat jy nie goed voel nie. Hoe dink jy voel hierdie kind en al die ander kinders wat jy aanrand,” het Carina Papenfus, sekretaris van die Freedom Trust, geskree.
Na ‘n kort verskyning, het landdros Francois van Deventer die saak uitgestel tot 13 September.
Toe die twee die beskuldigdebank verlaat, het ‘n lid van die gemeenskap geskree: “Druk hom vas!” Daar was ‘n stormloop vir die deur, en die polisie moes ‘n bontstaan om die twee te beskerm toe die skare skielik op hulle toesak.
Die manne het hul bakkie veilig bereik, maar die oproeriges het begin om die voertuig van kant tot kant te skud, terwyl hulle teen die vensters en enjinkap gehamer het.
Krete van “Brand hom!” is gehoor en die skare het begin klippe gooi toe die bakkie wegtrek. Die polisie moes van ‘n skokgranaat gebruikmaak om die woedende skare uiteen te jaag.
Krouwkam het in ’n aparte verklaring gesê dat Engelbrecht na die beste van sy kliënt se wete in goeie gesondheid was toe hy die plaas in 2008 verlaat het.
Hy was beslis nie blind nie en het albei sy hande gehad. Hy het bygevoeg dat die Engelbrecht-egpaar ernstige drankprobleme gehad het en dat dit die rede was waarom hulle gevra is om Rietvallei te verlaat.
Burger het toe gesê hy sal enige vervolging ten sterkste teenstaan en die “kwaadstokers” wat dié valse aantygings maak aan die kaak stel en “tot verantwoording bring”.
Engelbrecht beweer die twee mans het op 25 Januarie 2008 sy kop só hard teen ’n wyntenk gestamp dat hy daarna gereelde epileptiese aanvalle gekry het. Nadat ’n operasie om die drukking op sy brein te verlig skeefgeloop het, het hy blind geword. In September 2009 het hy sy hande so erg verbrand nadat hy ’n epileptiese aanval langs ’n vuur gehad het dat sy hande geamputeer moes word.
Engelbrecht eis vergoeding, asook sy hande en sig terug. “Daai boer het my hart baie seer gemaak.”
Papenfus, van die Freedom Trust, het intussen ‘n Amerikaanse ontwerper, Ivan Owen, ingespan om duur prostetiese hande vir Engelbrecht te maak met die hulp van Richard van As.
Solomzi Ntlalombi, een van die betogers, het gesê dat hoewel hy nie vir Flippie ken nie, het hy gekom om hom te ondersteun .
“‘n Besering aan een is ‘n besering aan almal. Ons ondersteun hom as gevolg van die pyn wat hy gehad het.”
Engelbrecht het aanvanklik die bewerings van sy aanranding in die teenwoordigheid van Papenfus en twee senior lede van die Wes-Kaapse ANC, Pat Maran en Sanette Smit asook Shirley Davids van die “Mawabuye-grondregtebeweging” gedoen. Die foutiewe spelling verwys waarskynlik na die Mazibuye-grondregtebeweging.
Die omstrede Mazibuye-grondregtebeweging weier om ag te slaan op die toenemende kritiek uit linkse kringe oor sy anti-Indiese retoriek.
Die groep pleit ondermeer dat ook Indiese grond in KwaZulu-Natal herverdeel moet word onder swartes en dat Indiërs hul SEB-status moet verloor.
Die minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, het weer herhaal wat die regering se standpunt oor die Tshwane-Pretoria debat is. Mashatile sê Pretoria kan nie beskou word as ‘n stad nie.
Burgerlike organisasies, het die naamsverandering in die hof betwis. Hulle argumenteer dat die publiek nie geraadpleeg is oor die besluit nie.
In Oktober sal daar weer openbare verhore oor die kwessie gehou word.
“Daar is ‘n stad met die naam Tshwane en dit sluit in Mabopane, Soshanguve, Mamelodi in en dit sluit ook Pretoria in. En Pretoria is tans ‘n voorstad. Ek dink nie ‘n voorstad kan ‘n hoofstad genoem word nie,” sê die minister.
Die eienaar van die Rietvallei-wynlandgoed in die Boland, Johnny Burger het selfmoord gepleeg.
Burger is daarvan aangekla dat hy die seun van ‘n plaaswerker, die 19-jarige Flippie Engelbrecht vyf jaar gelede aangerand het.
Die bestuurder van Rietvallei, Wilhelm Treurnicht is ook aangekla. Engelbrecht is blind na die aanval, hy ly aan bloeding op die brein en hy kry epileptiese toevalle.
Sedert die beweerde aanranding het Engelbrecht ook albei sy hande verloor, toe hy tydens ‘n toeval in ‘n oop vuur beland het.
Die beskuldigdes moes weer op 13 September in die Ashton Landdroshof verskyn. – RSG
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus
Samewerking is die enigste manier waarop die ANC gestuit kan word, en dit dui ook die nuwe koers aan wat die Vryheidsfront Plus gaan volg om ‘n nuwe bedeling in Suid-Afrika te weeg te bring tot voordeel van al die land se inwoners.
Dit was die sentrale tema van die boodskap van dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, met die bekendstelling van die party se hersiene missie wat saamgeloop het met die afskop van sy verkiesingsveldtog vir 2014.
Die luide applous van die gehoor wat die West End-teater op die skougronde in Pretoria volgepak het, was ‘n aanduiding van die mandaat van die party se ondersteuners aan die nuwe koers gegee het.
Ewe luide applous vir ‘n sterk afvaardiging Khoi- en San-leiers en van hul volgelinge, was terselfdertyd ‘n aanduiding van die hand wat ondersteuners van die VF Plus uitgereik het na ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika wat ‘n gesamentlike doel het om ‘n nuwe bedeling in Suid-Afrika tot stand te bring.
In sy boodskap het dr. Mulder gesê die strewe na ‘n oplossing vir die onderdrukking van Afrikaners en ander minderheidsgroepe in die land, moet realisties, modern en regverdig wees vir almal.
“Daar is plek vir almal van ons in hierdie land. Die VF Plus se herbewoorde missie wil nie net die Afrikaner motiveer nie, maar ook ander minderheidsgroepe. Ons het saam een doel en dit is om die ANC te verslaan, het dr. Mulder gesê.
Dr. Mulder was skerp in sy kritiek teen die ANC en het gesê daar heers tans ‘n ‘tirannie’ van ‘n meerderheid sonder enige seggenskap vir minderhede in die land.
“Daarom is dit dringend noodsaaklik dat ‘n nuwe bestel tot stand kom waarin erkenning gegee word aan die diversiteit van die land en sy mense. In die proses het die VF Plus hom onherroepelik verbind tot samewerking met ander gemeenskappe.
“Ons vra ‘n beter bedeling vir die Afrikaner, maar sal ook veg vir ander minderhede om dit te verkry,” het dr. Mulder gesê.
Die VF Plus se nuwe embleem is ook bekend gestel en op ‘n ligter noot het dr. Mulder gesê die party sal dit eers oor twintig jaar oorweeg om die embleem weer te verander.
Dr. Jopie Breed, president van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gister op die 17de hoofdesimposium gesê die vakbond kyk na stappe om Afrikaanse onderrig en die taal te beskerm.
Die SAOU sal die moontlikheid van ’n internasionaal erkende Afrikaanse matriekeindeksamen ondersoek, het Beeld berig.
Breed het gesê verteenwoordigers van die vakbond sal ‘n inligtingstoer na Afrikaanse stamlande onderneem om die moontlikheid van ’n internasionaal erkende matriekeksamen te ondersoek.
Die gedagte is om pro-aktief te wees en saam met die Suid-Afrikaanse instituut vir omvattende assessering (Sacai) op te tree om ’n eksamen te kan aanbied vir Afrikaanse leerlinge wat nie in die toekoms toegang daartoe sal hê nie.
“Met dié stap wil ons glad nie sê ons wil in opposisie of ’n teenpool vir die departement wees nie. Dit is bloot om ’n Afrikaanse eksamen beskikbaar te stel waar dit in sekere provinsies in die toekoms dalk minder moontlik sal wees,” het Breed gesê.
Sacai is besig om as onafhanklike eksamenliggaam akkreditasie te kry by Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding. – Alet Rademeyer
Ná die onlangse omstrede veldtog wat dr. Piet Croucamp teen dr. Louise Mabille van Tuks gevoer het, het mnr. Johann Botha van Johannesburg ‘n klag teen Croucamp by die Universiteit van Johannesburg aanhangig gemaak oor sy “onprofessionele en onetiese gedrag”.
Piet Croucamp in die geselskap van Marzahn Botha (heel links) en Marlise Scheepers. Foto: BooksLive/Flickr
“Piet Croucamp is ‘n absoluut laakbare persoon. Hy het die beginsels van ‘n mannetjieskat. Hy is slordig. Hy ruik nie altyd baie vars nie en is onnet op sy persoon. Hy is ook ‘n rokjagter wat sy vrou met baie ander vroue verneuk het, daarom is hulle uitmekaar.”
Só sê ‘n joernaliste met wie praag gesels het oor dr. Piet Croucamp, die akademikus van die Johannesburgse Universiteit, wat nou deur linkse, anti-Afrikaanse feministe soos Gillian Schutte as ‘n ridder op ‘n wit perd geloof word vir sy aanval op ‘n vrouefilosoof van Pretoria, Louise Mabille.
Dieselfde joernaliste beweer dat Croucamp ‘n “macho-benadering tot alles het. Geweld is by hom net onder die oppervlakte.”
Croucamp hou daarvan om mense, veral vroue, te beledig. “Met sy tong is hy brutaal. Hy kan ‘n mens beledig dat dit jou stomslaan. ‘n Egte vrouehater.”
Op die vraag: “By hoeveel vroue het dr. Piet Croucamp al geslaap?” antwoord die joernaliste, wat graag anoniem wil bly: “Oeg nee, daar is baie! Hy is regtig los van sedes. Hy het al by magdomme vroue geslaap.”
Dr, Dan Roodt van praag bevestig dat hy ook by was in ‘n kafee toe Croucamp ten aanhore van die geselskap gesê het dat hy “baie vroue begeer”, met die implikasie dat hy ‘n Don Juan is. Een van sy punte van kritiek jeens Mabille se artikel was dat sy ‘n beswaar teen veelwywery inbring.
Die joernaliste is veral verbaas dat Croucamp deur ander akademici en selfs feministe ernstig opgeneem word. “Dis verregaande dat mense hulle steur aan wat hy sê. Hoe durf hy hom oor volkekundige kwessies uitspreek? Hy weet niks daarvan af nie. Louise doen wat die res van die bevolking doen en skrik vir hom.”
‘Louise is net nog ‘n vrou op sy kerfstok’
Dr. Louise Mabille, ‘n slagoffer van Croucamp se vrouehaat
“Dit lyk asof hy nou vir Louise van die Tukkie-kampus verjaag het,” gaan sy voort. “Sy is net nog ‘n vrou op sy kerfstok. Dat hierdie mense hulle onderwerp aan wat hy dink, is absoluut sieklik, veral in akademiese kringe. Hoekom steur hulle hul aan hom?”
Sy vind dit ironies dat Croucamp, wat in die berugte 32-bataljon tydens die Angolese oorlog gedien het, so ‘n groot kritikus van die NP-regering is. “As jy kan dink aan die ou regering, hoe outoritêr hulle was. Hy is net soos hulle! Sy woord is wet, jy kan hom nie teëgaan nie. Hy het ‘n diktatorgeaardheid. Nogmaals, ek vind dit verregaande dat mense hulle steur aan wat hy sê.”
Die joernaliste is egter daarvan oortuig dat Croucamp “dinge strategies benader”. Sy sê: “Hy omring hom met mense wat sy idees verder kan voer, soos byvoorbeeld Cobus Bester van RSG. Hulle is groot maats. Ek dink nie dis objektief dat Cobus vir hom ‘n platform gee om ander mense se lewens te ontwrig nie. Pleks daarvan dat hy in ‘n akademiese debat met Louise getree het. Maar hy het geen argument nie, hy trek net te velde, hy beswadder.”
Eugene de Kock
Eugene de Kock
Sy beweer verder dat Croucamp as “hekwagter” optree wanneer joernaliste onderhoude met Eugene de Kock in die gevangenis wil voer. “As jy dink aan die sedes van ‘n ou wat Eugene de Kock beskerm. Wat sê dit van so ‘n ou? Ek kan regtig nie glo dat mense wat iets van iets af weet hulle aan hom steur nie. Dis vir my absoluut verbasend!”
Weereens het sy baie heftig geraak by die gedagte dat iemand wat self so ‘n gebrek aan enige inbors en konsekwente sedes toon, ‘n klag van haatspraak teen ‘n ander mens, veral ‘n vrou, kan lê. “Dis nog ‘n vrou op sy kerfstok. Hoekom vat hy nie mans aan nie? Hy beskerm vir Eugene de Kock, iemand wat groteske geweld en wreedhede gepleeg het. Hy volg nie ‘n akademiese benadering nie, maar voer ‘n heksejag uit.”
Die joernaliste wat volgens haar “‘n tyd lank in dieselfde sosiale kringe as Croucamp beweeg het”, beskryf sy optrede teenoor dr. Louise Mabille voorts as ‘n “absolute skande… Croucamp is soos die leier van ‘n bende wat sulke veldtogte begin met sulke goed en dis vir my so absoluut treurig van hom. Hy was self in 32-bataljon en nou weet ‘n mens nie hoe sy lewe en dié van Eugene de Kock dalk ooreenstem nie. Daardie liberale feminis, Gillian Schutte, wat nou sy aan sy met Croucamp uitvaar en met ‘n swartman getroud is, het sy al vir Croucamp gevra hoeveel swartmans hy oorkant die grens doodgemaak het?”
In ten minste een geval wat in Trou tot die dood toe, die boek deur die vorige polisiekommissaris, Johan van der Merwe, ter sprake kom, het Eugene de Kock drie burgerlike vroue wat bloot in die geselskap van terroriste was, doodgemaak. Dit staan op bladsy 295:
“Tydens maj. De Kock en sy eenheid se optrede in Lesotho is mev. Jacqueline Quinn en Nomkhosi Mary Mnisi, wat in die geselskap van die betrokke MK-lede was, ook doodgeskiet. (Die derde burgerlike wat doodgeskiet is, was die vrou van een van die MK-lede. Haar geval het nie tydens die amnestieverhoor ter
sprake gekom nie.)”
Croucamp bewonder die Vlakplaasbevelvoerder en vrouemoordenaar, Eugene de Kock, terwyl hy ‘n vrouefilosoof van Tukkies se besware teen geweld wat swartmans teenoor kinders en selfs babas pleeg, aanstootlik en “rassisties” vind.
Ter afsluiting sê die joernaliste tydens haar onderhoud met praag: “Dis een ou waarteen ek my dogter sal waarsku. Hy is shabby. Ek dink regtig Cobus Bester gee vir hierdie ou ‘n platform. Dis absoluut onprofessioneel van hom. Dis ‘n blote vertoning wat hy opsit op RSG. Hy dink hy is ‘n beroemde en dis ouens soos Cobus Bester wat hom die platform gee. Dis vreemd dat die SAUK hom só gebruik.” – praag-verslaggewer
Die assistant-redakteur van City Press, Adriaan Basson, is as die nuwe redakteur van Beeld aangestel, het Sapa Woensdag berig.
“Ek is baie opgewonde om by Beeld aan te sluit. Die koerante is ‘n bedryf wat deur reuse-uitdagings in die gesig gestaar word wat betref die sakemodel,” het Basson gesê.
“Ongeag in watter taal jy skryf, jy moet die beste wees in wat jy doen en my enigste doelwit is om Beeld die beste in die land te maak,” het hy gesê.
Basson het bygevoeg dat hy op 1 Oktober die leisels by Peet Kruger, die uitgaande redakteur, sal oorneem.
Vroeër vanjaar het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) Basson as voorsitter van sy mediavryheidskomitee aangestel.
Hy is ‘n ondersoekende joernalis en die skrywer van die boek Finish & Klaar: Selebi’s Fall from Interpol to the Underworld oor die ondergang van Jackie Selebi, eertydse Suid-Afrikaanse polisiehoof en president van Interpol. – Sapa
Die praag-rubriekskryfster en filosofiedosent by Tukkies, Louise Mabille, pak eerskomende Vrydagaand vir die hiper-polities korrekte Gillian Schutte tydens ‘n debat oor die vraag hoe blankes in die openbare sfeer behoort op te tree. Schutte het ‘n tyd gelede ‘n opskudding veroorsaak met haar ope brief getiteld Dear white people wat sy as “Setlaarsuster” onderteken het. Daarin verwerp sy haar blanke voorouers en “hul erfenis soveel as moontlik” en verklaar dat sy dit “haar lewenstaak gemaak het om die fallosentriese wit siening van ‘wit as reg’ te dekonstrueer”.
Omdat Schutte blykbaar nie Afrikaans magtig is nie, sal die debat op Engels plaasvind.
Onderwerp: ‘How should whites participate in the contemporary public sphere?’
Deelnemers: Louise Mabille (Universiteit van Pretoria) en Gillian Schutte (outeur van die nou bekende ‘Dear white people’ brief en politieke en gender-aktivis). Schutte voel saam met die Rhodes-dosent Samantha Vice dat blankes moet stilbly eerder as wat hulle aktief aan die politiek of openbare gesprek in Suid-Afrika behoort deel te neem. Mabille sal, volgens haar, ‘n meer “republikeinse aanslag” volg.