Grippen jaag sakestraler wat neerstort

Die Burgerlugvaartowerheid het ‘n ondersoek is gelas na die oorsaak van die vliegongeluk Maandagmiddag tussen Swellendam en Caledon naby die N2 in die Wes-Kaap.

Een persoon is dood. Die Suid-Afrikaanse Lugmag sê die sakestraler was onderweg na Lanseria toe dit kontak met lugbeheer verloor het.

‘n Grippen het daarna van Overberg opgestyg en die vliegtuig agternagesit, maar geen verdere besonderhede is bekend nie.

Die Eclips 500-sakestraler was sowat 37.000 voet bo die grond. Net die vlieënier was aan boord en die vliegtuig het op impak verbrokkel.

Lugvaartdeskundiges sê daar is twee moontlike oorsake wat ondersoek sal word, naamlik ‘n mediese toestand agv ‘n gebrek aan suurstof of lugdrukprobleme.

Swartes eis meer geld na wit boer swart inbreker skiet

‘n Wit boer van Noordwes sal na verwagting vandag in die landdroshof op Koster verskyn op aanklag van moord.

Cornelius Geldenhuys is op borgtog van R5 000 uitgelaat. Hy word daarvan beskuldig dat hy die 41-jarige Solomon Quku doodgeskiet het.

Quku was glo na bewering op sy fiets, ‘n paar kilometer van Geldenhuys se plaas. Geldenhuys het hom agternagesit omdat die swartes glo items uit die plaashuis gesteel het.

Die boer het Quku op sy fiets langs die pad aangetref en gevra dat hy saamkom na die polisiestasie. Hy het gesê hulle moet die fiets agter op die bakkie laai. Daarna het die swarte glo op die vlug geslaan.

Geldenhuys het hom ingehaal en gekonfronteer, maar die swarte het ‘n glo ‘n gesteelde mes by hom gehad en wou Geldenhuys aanval. Die boer het na bewering daarna op die inbreker geskiet en hom noodlottig gewond.

Geldenhuys het ná die skietvoorval die polisie daarvan in kennis gestel, waarna hy in hegtenis geneem is.

Die swart skare by die boer se borgaansoek, was glo woedend omdat Geldenhuys die gesin net R1500 vir die dood van Quku aangebied het.

Hulle wou na bewering R20 000 gehad het, maar nou sê familielede dit is ook te min. Quku se broer, Albert, sê hulle kan nie van R20 000 lewe nie.

Die weduwee en sy ses kinders moet nou van Quku se ma, Elda, se pensioen lewe, sê hulle.

By Geldenhuys se verskyning het ‘n swart skare gedreunsing: “Phansi nge apart-heid” oftewel “Weg met apartheid”.

Ghanese asielsoeker vas na swendelary

‘n Ghanese burger, en boonop ‘n asielsoeker daarby, is in hegtenis geneem nadat hy glo inwoners uit hul pensioengeld bedrieg het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het aan Volksblad gesê die swendelaar, bekend as Dr. Mama, gee voor hy kan met die voorvadergeeste praat.

Hy steel goedgelowiges se pensioengeld met beloftes dat hy dit in miljoene rande sal verander, sê klaers.

‘n Mynwerker het na ‘n “ritueel” sy werk bedank om sy pensioengeld te kan opeis en die R342 000 aan Dr. Mama gegee.

‘n Egpaar van Theunissen het glo ook hul huis verkoop en al die geld aan die Ghanees oorhandig in die hoop om ryk te word.

Hy is intussen in hegtenis geneem. Die polisie het die publiek gevra om na vore te kom as hulle deur die swendelaar ingedoen is.

Terreur op agenda by China-Afrika-beraad in Johannesburg

Die Chinese ambassade in Luanda se eerste sekretaris, Zhao Haihan, het in ‘n onderhoud met Bloomberg gesê die Angolese regering is gewaarsku oor die hoë frekwensie van ontvoerings van Chinese burgers.

Tot enkele weke gelede, het niemand verwag dat veiligheid ‘n onderwerp van bespreking sal word by die China-Afrika-beraad wat 4-5 Desember in Johannesburg gehou word nie.

Terrorisme en veiligheidskwessies sal waarskynlik op die agenda wees wanneer die Chinese president Xi Jinping met meer as 50 swart eweknieë van die kontinent vergader.

China se kwesbaarheid vir terrorisme is blootgestel toe ISIS die Chinese burger Fan Jinghui onlangs tereggestel het.

Dit het gelei tot oproepe op Chinese sosiale media dat Beijing moet terugslaan teen die terroristegroep.

Net ‘n paar dae later, is nog drie Chinese vermoor deur terroriste, hierdie keer in die hoofstad van Mali, Bamako.

Die aanvallers het die Radisson Blu Hotel bestorm waar drie bestuurders van die staatsbeheerde China Railway Construction Corporation doodgeskiet is.

Hierdie twee gebeurtenisse is net die jongste aanvalle op Chinese burgers in die buiteland.

Die afgelope paar jaar, is Chinese burgers gevange geneem deur Boko Haram in Kameroen, ontvoer in Egipte, gyselaar geneem in Soedan.

In Angola, is die situasie is so erg dat ‘n senior amptenaar van die ambassade in Luanda ‘n beroep op die regering gedoen het om in te gryp om toekomstige Chinese belegging in die land te ondersteun.

Die persepsie dat China nie na sy mense in die buiteland kan omsien nie, is ‘n werklike probleem vir die legitimiteit van die regering, sê ontleders.

In teenstelling met die Verenigde State van Amerika, Frankryk, en Brittanje wat eensydige militêre ekspidisies in ander lande onderneem sonder VN toestemming, het die Chinese tot dusver sulke ingrypings vermy.

Dit is nie seker of China tans oor die vermoë beskik om spesiale magte te ontplooi om na hul belange om te sien nie, meen hulle.

Die beraad vind onder voorsitterskap van president Jacob Zuma en sy Chinese ampsgenoot Xi Jingping plaas.

China het verskeie ooreenkomste wat hy met Afrika-lande wil sluit en beloof beleggings van miljarde dollar, en teen die einde van verlede jaar was handel en beleggings tussen China en Afrika bykans 200 miljard dollar werd.

Die handelsbalans is egter grootliks in China se guns. In die eerste helfte van die jaar het beleggings egter met 40 persent gedaal weens lae kommoditeitspryse en ‘n sukkelende wêreldekonomie.

Springbokafrigter Heyneke Meyer bedank

Heyneke Meyer het bedank as Springbokafrigter.

Die aankondiging is Donderdagoggend op Twitter bevestig deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

“Meyer het besluit om as afrigter te bedank. Hy is van mening sy besluit is in die beste belang van SA rugby, in lig die van onlangse ontwikkelings.”

Meyer het aan Saru gesê dat hy sy integriteit as belangrik ag en daarom die besluit geneem het.

Die afrigter was onder kwaai druk na van die Springbokke se flouerige vertonings by die onlangse Wêreldbekertoernooi in Brittanje.

Vermeende swart reeksmoordenaar verskyn

‘n Vermeende reeksmoordenaar verskyn na verwagting vandag in die Kestell-landdroshof nadat die polisie altesaam ses lyke uit vlak grafte op ’n plaas in die distrik gehaal het.

Lentsha Molefe (32), ’n seisoenwerker van Lesotho, is op 26 Oktober in hegtenis geneem nadat die lyke van twee vroue uit vlak grafte op die plaas Geduld gehaal is.

Volgens Vrystaat polisiewoordvoerder, Thabo Litabe, is nog vier lyke later grafte op die plaas gehaal nadat Molefe die plekke aan die polisie uitgewys het. Een van die slagoffers is die ma van Molefe se vierjarige dogter. Al die slagoffers was vroue, behalwe ’n driejarige seun.

Litabi sê Molefe het na bewering in 2008 sy eerste moord gepleeg.

Litabe sê Molefe het vier jaar later opgeskorte tronkstraf van twee jaar gekry nadat hy glo ’n gewese vriendin se kêrel aangerand het. Hy het toe na bewering die vrou daarna vermoor en haar lyk begrawe.

Hy het dieselfde jaar ‘n derde vriendin vermoor omdat sy nie sy skuld wou betaal nie. Hy het haar seuntjie daarna verwurg en begrawe.

Molefe verskyn vandag op ses aanklagte van moord in die hof.

Caledonrivier droog amptelik op

Die Caledon-rivier het amptelik opgedroog en gevolglik is Ficksburg, Clocolan en Marquard in die Oos-Vrystaat sonder water.

Munisipale bestuurder vir die Setsoto-munisipaliteit, Tshepiso Ramakarane het aan OFM-nuus vertel dat die situasie hulle nie onkant gevang het nie, en dat dit te verwagte was gegewe die gebrek aan reën.

Hy sê verder die munisipaliteit is in verbinding met die departement van water en sanitasie en dat daar verskeie gebeurlikheidsplanne in plek is.

Dit sluit in die ontplooiing van watertenks vanaf nabygeleë Senekal, en die vrystelling van water uit die Lesotho hoogland.

Gautrein-tegnici werk deurnag na ongeluk in Pretoria

Tegnici het deurnag gewerk om Gautreinverkeer te herstel, nadat ‘n wegholvragmotor Saterdag in Pretoria deur ‘n keermuur gebars het.

‘n Trein kon net betyds voor die aankomende vragmotor rem en sodoende ‘n groter tragedie verhoed. ‘n Stuk betonheining is ook meegesleur in die ongeluk.

Een van die twee Gautrein-spoorlyne is beskadig is toe die sementmenger beheer verloor het.

Die treindiens tussen die Pretoria- en die Hatfield-stasie het die hele naweek stilgestaan en passasiers is per bus tussen stasies vervoer.

Die Gautrein se ander roetes word nie geraak nie.

Die Gautrein-bestuursmaatskappy sê op sy Twitter-blad dat alhoewel die kragtoevoer na een van die twee spoorlyne tussen die Hatfield- en Pretoriastasies herstel is, pendelaars steeds van busse moet gebruik maak.

Dit sal hul reistyd met ‘n paar minute verleng.

M-Net soek nie witmense nie

Die betaal TV-kanaal M-Net het sy besluit om slegs swart, bruin en Indiër kandidate toe te laat om vir internskappe aansoek te doen, verdedig.

Die bestuurshoof van M-Net, Yolisa Phahle sê die internskap-program sal die kandidate toelaat om vaardighede te bekom om op ‘n gelyke voet met hulle wit kollegas mee te ding vir werksgeleenthede.

Volgens Phahle vereis die wet dat hulle hindernisse tot indiensneming verwyder om alle kandidate die geleentheid te gee om te werk.

‘n Klag sal glo aanstons deur belanghebbendes by die Menseregtekommissie ingedien word omdat M-Net teen witmense diskrimineer.

Kubaanse ingenieurs lê rond in luukse akkomodasie

Kubaanse ingenieurs wat sowat ses maande gelede in die Vrystaat aangekom het en na plaaslike munisipaliteite uitgeplaas sou word, het nog nie ‘n steek werk gedoen nie.

Tydens ‘n sitting van die provinsiale wetgewer Donderdag, is verneem dat die ingenieurs nog in luukse akkommodasie, wat deur arm munisipaliteite betaal word, rondlê.

Dié ingenieurs het glo erken dat hulle ‘n gedeelte van hul salaris elke maand aan die Kubaanse regering moet afstaan.

Premier Ace Magashule was hewig ontstig dat die besonderhede van die Kubaanse ingenieurs uitgelek is deur die opposisie en het gesê Suid-Afrika sal altyd die Kubaanse regering as ‘n vriend beskou.