Swartes eis meer geld na wit boer swart inbreker skiet

‘n Wit boer van Noordwes sal na verwagting vandag in die landdroshof op Koster verskyn op aanklag van moord.

Cornelius Geldenhuys is op borgtog van R5 000 uitgelaat. Hy word daarvan beskuldig dat hy die 41-jarige Solomon Quku doodgeskiet het.

Quku was glo na bewering op sy fiets, ‘n paar kilometer van Geldenhuys se plaas. Geldenhuys het hom agternagesit omdat die swartes glo items uit die plaashuis gesteel het.

Die boer het Quku op sy fiets langs die pad aangetref en gevra dat hy saamkom na die polisiestasie. Hy het gesê hulle moet die fiets agter op die bakkie laai. Daarna het die swarte glo op die vlug geslaan.

Geldenhuys het hom ingehaal en gekonfronteer, maar die swarte het ‘n glo ‘n gesteelde mes by hom gehad en wou Geldenhuys aanval. Die boer het na bewering daarna op die inbreker geskiet en hom noodlottig gewond.

Geldenhuys het ná die skietvoorval die polisie daarvan in kennis gestel, waarna hy in hegtenis geneem is.

Die swart skare by die boer se borgaansoek, was glo woedend omdat Geldenhuys die gesin net R1500 vir die dood van Quku aangebied het.

Hulle wou na bewering R20 000 gehad het, maar nou sê familielede dit is ook te min. Quku se broer, Albert, sê hulle kan nie van R20 000 lewe nie.

Die weduwee en sy ses kinders moet nou van Quku se ma, Elda, se pensioen lewe, sê hulle.

By Geldenhuys se verskyning het ‘n swart skare gedreunsing: “Phansi nge apart-heid” oftewel “Weg met apartheid”.

9 thoughts on “Swartes eis meer geld na wit boer swart inbreker skiet”

  1. As jy die hand van vriendskap na die hyena uitsteek dan word jy gebyt,ons moet aanvaar dat ons nie deur versoenings gebare met die redelike mens tedoen het nie.Die mense sien enige betatling van “bloedgeld” as n erkening van skuld en n toekomstige melkkoei.Dit gaan jou ook geen genade uit regswee toelaat nie.

    1. Kleur is relevant omdat dit swartes is wat blankes vermoor en besteel en beroof – nie anders om nie.
      Ons blankes is moeg en siek en sat vir die swart op wit moorde en diefstal wat nie einde kry nie.
      die Blanke moet R5000 betaal vir parool – het jy al gaan kyk hoeveel swartes betaal?

      1. As jy in SA bly moet jy vrede maal met die feit dat jy 10 teen 1 gaan sterf a.g.v ‘n panga teen jou slaap in die nag terwyl jy slaap, en dat jou vrou daarna verkrag gaan word en dan grusaam vermoor gaan word.
        As jy nie daarmee kan saamleef nie, emmigreer.
        Maak nie saak hoeveel paragrawe jy op praag tik nie, dit sal nie verander nie.
        En dit is geensins net blankes wat vermoor word nie. Alle rasse in SA word teen volksmoord pas uitgemoor.

Maak 'n opvolg-bydrae