Zuma vra immuniteit vir Afrikaleiers

President Jacob Zuma het 'n ooreenkoms voorgestel waar Afrikaleiers immuniteit teen vervolging ontvang in ruil vir hulle aftrede, het die Sunday Times Sondag berig.

"Die wêreld het verander, kom ons doen dinge daarom anders en benadruk nie straf nie."

"As jy sê: 'Goed, beweeg uit, maar more gaan ons teen jou optree', dan veroorsaak jy 'n probleem met iemand wat sê 'Hoekom sal ek gaan as ek nog steeds mag het? Ek moet eerder hier bly sit.'" Zuma het met Paul Kagame, president van Rwanda, 'n gesprek gevoer wat op TV uitgesaai is.

"Die leierskap van Afrika moet hierdie sake baie beslis hanteer. Dit is nie ter wille van ons leiers nie. Dit is ter wille van ons mense, ter wille van ons kontinent," het Zuma gesê.

Hy het nie enige name van leiers genoem wat kandidate vir die voorstel kan wees nie.

Dit word algemeen aanvaar dat Robert Mugabe en sy regime gemotiveer word om aan mag vas te klou omdat hulle vervolging vir misdade teen die mensdom vrees wat kan teruggaan tot die slagting van 20 000 Matabeles tussen 1982 en 1985.

Dit is ook 'n kwessie wat 'n vredesooreenkoms in Oeganda belemmer.

Die leier van die Lord's Resistance Army, Joseph Kony, is traag om 'n ooreenkoms te teken omdat hy vervolging vrees agv seksuele misdrywe teen vroue en dogters asook die opleiding van kindersoldate.

game uk liveФильчаков прокурор

SAUK se berg skuld groter as vermoed

Die berg skuld van die SAUK is groter as wat voorheen vermoed is. Supersport word reeds byna R100 miljoen geskuld sê dië wat kennis dra binne die uitsaaier.

Nie net klein onafhanklike produksiehuise kry swaar nie, maar groter spelers in die bedryf ook. Die R100 miljoen wat die SAUK aan Supersport skuld is meestal vir PSL-wedstryde asook krieketuitsendings. Die belanghebbendes wou nie uitbrei oor die aard van die ooreenkomste tussen die SAUK en betaaltelevisie nie.

Blykbaar sal die SAUK die skuld vereffen as hulle 'n hulppakket van R2 miljard van die regering ontvang. Maar die hulp gaan nie gou opdaag nie omdat regeringsamptenare eers met die SAUK wil vergader om maniere te vind om die "uitdagings aan te spreek".

светтопкарго

WGO verklaar varkgriep tot pandemie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die wêreldwye uitbraak van Mexikaanse griep Donderdag tot ’n pandemie verklaar. Ná ’n noodvergadering met lidlande het die WGO die waarskuwingsvlak vir die A (H1N1)-virus van vlak 5 na vlak 6 opgeskuif.

Dit is die eerste keer in 41 jaar dat ’n grieppandemie verklaar word. Die besluit is geneem nadat die virus wyd buite Mexiko en die VSA begin versprei het, veral in Australië.

Teen Woensdagmiddag was daar byna 28 000 bevestigde gevalle in 74 lande. Minstens 141 mense is al dood. Daar was 1 224 gevalle in Australië, 13 217 in die VSA en 5 717 in Mexiko. Geen gevalle is nog in Suid-Afrika verklaar nie, alhoewel mense vir die siekte getoets is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika sê hulle ontvang gereeld monsters en daar is 'n uitgebreide netwerk van dokters wat die toestand dophou.

мультики куклы барбиФільчаков Олександр Васильович

ACDP stap uit DA-koalisie uit

ACDP-leier Kenneth Meshoe het Donderdag aangekondig dat sy party uit Kaapstad se munisipaliteit gaan stap. Die ACDP sal ook uit ander munisipaliteite in die Wes-Kaap onttrek waar hulle saam met die DA regeer het.

Dit laat die DA met 110 uit die 210 setels in Kaapstad. Die ACDP het 7 setels in die stadsraad.

Die koalisie bestaan uit 93 setels vir die DA, 16 vir die OD en een vir die UDM. Dit gee dus aan die OD 'n hefboom op die magsbalans in raad, aangesien die ANC 73 setels hou en kleiner partye die res.Daar is ook vyf vakante setels.

Meshoe sê die ACDP het onttrek vanweë die "slegte gees" van die DA wat die multipartyooreenkoms van 2006 verbreek het.

Die ander munisipaliteite sluit Theewaterskloof, George en Mosselbaai in.

инфракрасная сауна купитьлобановский александр интервью

Kommunis Nzimande weerspreek Zuma oor Afrikaanse universiteite

Nzimande het sy "erge onsteltenis" oor die graad van rassisme en ander diskriminasie in hoëronderwysinstellings uitgespreek. Hy het die Universiteit van Stellenbosch (US) gedreig dat "inmenging van buite" sal plaasvind indien transformasie en Engels nie vinnig genoeg ingevoer word nie en die Vrystaatse universiteit gekritiseer as die "mees rassistiese" kampus in die land.

 Nzimande het die verslag en bevindings van die ministeriële komitee oor transformasie en maatskaplike samehorigheid en die uitskakeling van diskriminasie in openbare hoër opvoedkundige instellings aanvaar, het Nzimande gesê.

 Voortaan sal 'n moniterings- en toesigliggaam ingestel word om die werk van die raad op hoër onderwys aan te vul en om die transformasie-uitdagings aan te spreek wat deur die verslag uitgewys is.

 Die toesigliggaam sal in die hoëropvoeding- en opleidingsdepartement gevestig word en besonderhede rondom die samestelling, struktuur en opdrag daarvan sal in die normale gang bekendgemaak word.

 "Ons beskou dit as 'n kwessie wat prioriteit geniet," het Nimande gesê.

 Die verslag beweer dat daar steeds gevalle van diskriminasie aan universiteite bestaan.

 "Terwyl die verslag instellings gelukwens met inisiatiewe om te verander, verklaar die verslag ongelukkig dat diskriminasie, veral wat rassisme en seksisme betref, steeds algemeen in ons instellings is," het die minister, wat ook leier van die Kommunistiese party is, gesê.

 Die verslag beweer verder dat daar 'n teenstrydigheid bestaan tussen institusionele maatreëls en die werklike ervaring van personeel en studente, wat aandui dat die goeie bedoelings van instellings nie ten volle ervaar word nie.

 Die komitee het bevind dat die stelsel reeds 'n omvattende reeks maatreëls ingestel het om rassetransformasie te bevorder. Dit geld veral rassekwotas by die aanstelling van personeel, oftewel, "diensbillikheid".

 Die komitee het tot die gevolgtrekking gekom dat, in regs- en beleidsterme, die stelsel van hoër opvoeding regeringsbeleid nakom.

 Maar daar bestaan steeds aspekte van die stelsel wat aandag vereis.

 Volgens Nzimande, "…kan daar geen twyfel wees dat beduidende beleidsontwikkeling ten gunste van rassetransformasie plaasgevind het nie; die volgende belangrike stap is om daardie beleid toe te pas."

 Hy het reeds aan die voorsitters van universiteitsrade geskryf om hulle aan hul fidusiêre verantwoordelikheid teenoor hul instellings en die hoëropvoedingstelsel te herinner. Hy het hulle ook gevra om die verslag te oorweeg en daarop te reageer.

 Universiteitsrade en rektore is gevra om die instelling van meganismes te oorweeg om die graad van transformasie op hul kampusse te monitor en te evalueer.

 Verder is die verslag na die raad op hoër onderwys verwys vir advies oor watter bykomende maatreëls oorweeg kan word om meer ingrypende transformasie en maatskaplike samehorigheid in die instellings en stelsel teweeg te bring.

 Dit sluit 'n "transformasie-ooreenkoms" tussen die instellings en die departement in.

 "Ons kan dié dinge nie aan die kans oorlaat nie," het Nzimande gesê.

 Hulle behoort ook te oorweeg om rektore vir transformasie verantwoordelik te hou en dat dit in hul prestasiebestuursooreenkomste ingesluit word.

 Die ideologiese inhoud van studieprogramme en die curriculum behoort ook in ag geneem te word om tot die sosialisering van studente in terme van grondwetlike waardes en breër deelname aan die samelewing by te dra.

 Nzimande vra dat voorstelle rondom studentebehoeftes en die daarstelling van 'n vierjaargraad aan die RHO vir advies voorgelê word, soos wat voorstelle oor die toepassing van die taalbeleid voorgelê is, het Nzimande gesê.

99spravokОлександр Васильович Фільчаков

Presidensie ontken AWB-kwytskelding is oorweeg

Die presidensie het Woensdag ontken dat president Zuma se voorganger, Kgalema Motlanthe, byna vier lede van die Afrikaner Weerstandsbeweging uit die gevangenis vrygelaat het.

Die Sowetan het Dinsdag berig dat Motlanthe graag die vier "rassistiese moordenaars" wou vrylaat, maar die presidensie het in reaksie gesê die berig was "misleidend vir die publiek en van alle waarheid ontbloot".

Die vier AWB-lede Ryan Allbut, Alexander George Whitehead, Arend Christian de Waal en Hans Jacob Wessels, het volgens die koerant 'n "onbeskaamde rassitiese aanval op swart mense in Kuruman in die Noord-Kaap in 1995 geloods".

Die vier is in 2006 tronk toe gestuur toe hulle skuldig bevind is op aanklagte van strafbare manslag, aanranding en die bedoeling om ernstig te beseer.

Volgens die Sowetan het hulle name op 'n lys verskyn van 120 mense wat Motlanthe verlede maand vir presidensiële kwytskelding sou oorweeg. Hy is egter verhoed deur 'n koalisie van betrokke gesinne van die slagoffers en ses burgerlike organisasies.

Die Sowetan beweer die presidensie wou nie die lys, wat Adriaan Vlok insluit, vrystel nie.

освещение лестницы светодиодной лентойлобановский александр жена

Anti-korrupsie verloor veld in Suider-Afrika

Daniel Kaufmann, gesaghebbende op die gebied van regeringskorrupsie verbonde aan die Brookingsinstituut in die VSA, sê die anti-korrupsiebeweging is besig om agteruit te gaan. Afrika se dapperste anti-korrupsieleiers is almal òf uitgedryf òf dood.

Kenners, aanklaers en waghondgroepe sê hulle vrees die ergste wat anti-korrupsie pogings in Suid-Afrika, Nigerië en Kenia betref. Ook in Zambië, waar 'n regeringsverandering vrese laat ontstaan het dat die land se eers gretige aanpak van die probleem, se entoesiasme gaan taan.

Twee agterdogwekkende sterftes onlangs, naamlik dié van anti-korrupsieaktiviste Ernest Manirumva, in Boeroendi en Bruno Jacquet Ossebi in die Kongo, het vrae gelaat oor die onderskeie regerings se verbintenis tot skoon regering.

Manirumva het vir 'n nie-winsgewende organisasie Olucome, gewerk en belangrike dokumente en sy rekenaar se hardeskyf is gesteel nadat hy in die vroeë oggendure van 9 April doodgesteek is.

Ossebi, 'n joernalis wat onlangs aangekondig het dat hy hom by Transparency International se klag teen sy land se president se gesteelde weelde gaan voeg, het aan die begin van die jaar in sy huis doodgebrand.

Die algemene breë gevoel by kenners is daarbenewens dat Afrika se anti-korrupsie agentskappe oral sukkel om die mas op te kom

Nigerië se Nuhu Ribadu, van die Economic and Financial Crimes Commission, woon tans in Brittanje waar hy sedert Desember skuil teen die weerwraak van 'n vorige goewerneur wat hy laat aankla het. In September verlede jaar is daar op hom geskiet en hy het talle doodsdreigemente ontvang.

"As 'n mens teen korrupsie veg, veg dit teen jou," sê hy.

Kaufmann is bekommerd oor die ontbinding van die Skerpioene en die afdanking van hoofaanklaer in albei sake Vusi Pikoli.

Wim Trengrove, advokaat wat gemoeid is met die aanklagte teen Zuma, sê omdat daar 'n voorbeeld gemaak word van mense wat korrupsie beveg, sal onderdane voortaan meer huiwerig wees om 'n saak teen 'n gesagsfiguur te maak.

In Kenia moes anti-korrupsiehoof John Githongo, in 2005 na Brittanje vlug. Aaron Ringera, wat blykbaar aan Githongo in 2005 gesê het in 'n gesprek wat op band opgeneem is, dat President Mwai Kibaki se ministers nie aangekla moet word nie, is tans die anti-korrupsiehoof.

Kaufmann, vorige direkteur by die World Bank Institute, het beraam dat daar etlike miljarde dollar se korrupsie in Suider-Afrika gedy.

для автосервисатопкарго кидалы

Johannesburgse winkel verkoop hospitaalmelk

ImageJohannesburgse polisie het die eienaar van 'n kruidenierswinkel in Marlboro Dinsdag in hegtenis geneem omdat hy na na bewering babamelkformule wat aan hospitale gelewer word, verkoop het.

Inspecteur Moses Maphakela sê die polisie het op 'n wenk gereageer wat hulle Dinsdag ontvang het dat 'n winkel op die hoek van Vyfdelaan en Eerstestraat NAN-babaformule wat vir hospitale bestem is, verkoop.

"Die houers het die woorde 'nie te koop nie' oral daarop geskywe gehad."

Die poeier, wat sowat R30 000 werd is, was die eiendom van die gesondheidsdepartement en word versprei na staatshospitale om babas te voed.

"Ons het die eienaar, 'n 49-jarige man, gearresteer en hy sal in die Wynbergse Landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde goedere," het die inspekteur gesê.
  
Maphakela kon egter nie sê van watter hospitaal die melk gesteel is nie, of waar die eienaar die melk vandaan gekry het nie.

"Hy het gesê dis by hom afgelewer. Hy het nie name of iets gegee nie."

липецк опциитопкарго отзывы

Comesa veroordeel staatsgreep in Madagaskar

Die spitsberaad by die Victoria-waterval van die gemeenskapsmark van Oos- en Suider-Afrika (Comesa) wat oor die naweek plaasgevind het, het die staatsgreep in Madagaskar sterk veroordeel.

Comesa het sy stem gevoeg by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wat in Maart gesê het Ravalomanana moet in sy amp herstel word.

In die finale verklaring ná ’n vergadering oor ’n doeane-unie in Comesa se 19 lidlande is Andry Rajoelina se bewindsoorname in Madagaskar drie maande gelede “onvoorwaardelik veroordeel”.

Comesa eis ’n terugkeer na ’n grondwetlike regering. Ravalomanana het Frankryk vroeër daarvan beskuldig dat hulle Madagaskar wil herkoloniseer en 'n etniese oorlog wil ontketen.

 
Frankryk het Dinsdag gesê dat militêre ingryping om demokrasie in Madagaskar te herstel, is nie 'n goeie idee nie, nadat Comesa die moontlikheid geopper het. 
 
Eric Chevallier, Franse woordvoerder vir buitelandse sake, het gesê sy land verkies dialoog bó die vooruitsig van 'n militêre oplossing.
 
President Omar Hassan al-Bashir van Soedan het die Weste daarvan beskuldig dat hulle wapens aan rebellegroepe in Darfoer verskaf. Hy het weereens herhaal dat Westerse moondhede beplan om Soedan se olierykdom te steel.

’n Vurige al-Bashir, wat na Zimbabwe gereis het ondanks ’n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisneming, het onder meer informele gesprekke gevoer met Mugabe, asook oudpresident Marc Ravalomanana van Madagaskar.

best businesses on instagramЛобановский Харьков

Kaapse regter blykbaar vermoor

Die moontlikheid word ondersoek dat 'n waarnemende regter in die Kaapstadse hooggeregshof vermoor is.

Aanvanklik is gemeen dat regter Patrick Maqubela 'n hartaanval in sy Seepuntse woonstel gehad het, maar daar word nou na ander moontlikhede gekyk nadat 'n nadoodse ondersoek nie die presiese doodsoorsaak gewys het nie, het supt. André Traut Dinsdag gesê.

Maqubela se lyk is Sondagmiddag in sy bed gevind.

'n Aanvanklike diagnose deur 'n patoloog was dat hy waarskynlik Vrydag aan 'n hartaanval dood is.

Maar na 'n "deeglike Polisie-ondersoek het inligting en getuienis na vore gekom wat daarop dui dat daar moontlik gemene spel by betrokke is en daarom is 'n moordondersoek geopen," het Traut gesê.

Daar is glo ook getuienis van 'n moontlike misdaad op die doodstoneel gevind.

Die uitslag van 'n tweede doodsondersoek word nou verwag.

Maqubela , 'n oud-MK soldaat wat in 1982 tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir hoogverraad, het aan die Heferkommissie in 2003 gesê hy weet wie die informant was wat die veiligheidspolisie oor sy doen en late ingelig het.

Hy het volgehou dat dit nie die toenmalige nasionale direkteur van openbare vervolging Bulelani Ngcuka was nie. Die informant, wat net as mnr X bekend gestaan het, word verantwoordelik gehou vir die ondermyning van Umkhonto weSizwe's (MK) se militêre operasies in KwaZulu Natal in die vroeë tagtigs.

Mac Maharaj en Mo Shaik wat Ngcuka daarvan beskuldig het dat hy 'n apartheisspioen was, het volgens Maqubela ook geweet wie eintlik die werklike spioen was.

стенды развал-схожденияФильчаков Александр Васильевич