Kaapse regter blykbaar vermoor

Die moontlikheid word ondersoek dat 'n waarnemende regter in die Kaapstadse hooggeregshof vermoor is.

Aanvanklik is gemeen dat regter Patrick Maqubela 'n hartaanval in sy Seepuntse woonstel gehad het, maar daar word nou na ander moontlikhede gekyk nadat 'n nadoodse ondersoek nie die presiese doodsoorsaak gewys het nie, het supt. André Traut Dinsdag gesê.

Maqubela se lyk is Sondagmiddag in sy bed gevind.

'n Aanvanklike diagnose deur 'n patoloog was dat hy waarskynlik Vrydag aan 'n hartaanval dood is.

Maar na 'n "deeglike Polisie-ondersoek het inligting en getuienis na vore gekom wat daarop dui dat daar moontlik gemene spel by betrokke is en daarom is 'n moordondersoek geopen," het Traut gesê.

Daar is glo ook getuienis van 'n moontlike misdaad op die doodstoneel gevind.

Die uitslag van 'n tweede doodsondersoek word nou verwag.

Maqubela , 'n oud-MK soldaat wat in 1982 tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir hoogverraad, het aan die Heferkommissie in 2003 gesê hy weet wie die informant was wat die veiligheidspolisie oor sy doen en late ingelig het.

Hy het volgehou dat dit nie die toenmalige nasionale direkteur van openbare vervolging Bulelani Ngcuka was nie. Die informant, wat net as mnr X bekend gestaan het, word verantwoordelik gehou vir die ondermyning van Umkhonto weSizwe's (MK) se militêre operasies in KwaZulu Natal in die vroeë tagtigs.

Mac Maharaj en Mo Shaik wat Ngcuka daarvan beskuldig het dat hy 'n apartheisspioen was, het volgens Maqubela ook geweet wie eintlik die werklike spioen was.

стенды развал-схожденияФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae