praag.co.za

Comesa veroordeel staatsgreep in Madagaskar

Written by

in

Die spitsberaad by die Victoria-waterval van die gemeenskapsmark van Oos- en Suider-Afrika (Comesa) wat oor die naweek plaasgevind het, het die staatsgreep in Madagaskar sterk veroordeel.

Comesa het sy stem gevoeg by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wat in Maart gesê het Ravalomanana moet in sy amp herstel word.

In die finale verklaring ná ’n vergadering oor ’n doeane-unie in Comesa se 19 lidlande is Andry Rajoelina se bewindsoorname in Madagaskar drie maande gelede “onvoorwaardelik veroordeel”.

Comesa eis ’n terugkeer na ’n grondwetlike regering. Ravalomanana het Frankryk vroeër daarvan beskuldig dat hulle Madagaskar wil herkoloniseer en 'n etniese oorlog wil ontketen.

 
Frankryk het Dinsdag gesê dat militêre ingryping om demokrasie in Madagaskar te herstel, is nie 'n goeie idee nie, nadat Comesa die moontlikheid geopper het. 
 
Eric Chevallier, Franse woordvoerder vir buitelandse sake, het gesê sy land verkies dialoog bó die vooruitsig van 'n militêre oplossing.
 
President Omar Hassan al-Bashir van Soedan het die Weste daarvan beskuldig dat hulle wapens aan rebellegroepe in Darfoer verskaf. Hy het weereens herhaal dat Westerse moondhede beplan om Soedan se olierykdom te steel.

’n Vurige al-Bashir, wat na Zimbabwe gereis het ondanks ’n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisneming, het onder meer informele gesprekke gevoer met Mugabe, asook oudpresident Marc Ravalomanana van Madagaskar.

best businesses on instagramЛобановский Харьков

Comments

Leave a Reply