Mitchell het aan president Shimon Peres gesê sy doel is om 'n klimaat te skep waaronder die gesprek oor die vestiging van ’n Palestynse staat naas Israel onder vreedsame en veilige omstandighede so gou as moontlik hervat en uitgevoer kan word.
Obama is haaks met die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, oor sy onwilligheid om Palestina se onafhanklikheid te erken en die Israeli’s se volgehoue sogenaamde besettings in die Wesoewer.
“Laat ek dit duidelik maak: Dit gaan nie om verskille tussen vyande nie. Die VSA en Israel is en bly vertroude bondgenote,” het Mitchell gesê.
Netanyahu, wat onder druk is om sy onwrikbare standpunt te heroorweeg, sal komende Sondag sy beleid oor die vredesproses met die Palestyne in ’n toespraak bekend maak.
Sy veiligheidskabinet beplan om Dinsdag te vergader om die VSA se beroep op die beëindiging van die versperring om Gaza te bespreek.
Netanyahu sal later in die dag met Mitchell vergader, wat daarna ook die Palestynse leier, Mahmoed Abbas, sal ontmoet.
Abbas hou vol dat Israel die besetting moet beëindig voordat die vredesproses hervat kan word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.