Johannesburgse polisie het die eienaar van 'n kruidenierswinkel in Marlboro Dinsdag in hegtenis geneem omdat hy na na bewering babamelkformule wat aan hospitale gelewer word, verkoop het.
Inspecteur Moses Maphakela sê die polisie het op 'n wenk gereageer wat hulle Dinsdag ontvang het dat 'n winkel op die hoek van Vyfdelaan en Eerstestraat NAN-babaformule wat vir hospitale bestem is, verkoop.
"Die houers het die woorde 'nie te koop nie' oral daarop geskywe gehad."
Die poeier, wat sowat R30 000 werd is, was die eiendom van die gesondheidsdepartement en word versprei na staatshospitale om babas te voed.
"Ons het die eienaar, 'n 49-jarige man, gearresteer en hy sal in die Wynbergse Landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde goedere," het die inspekteur gesê.
Maphakela kon egter nie sê van watter hospitaal die melk gesteel is nie, of waar die eienaar die melk vandaan gekry het nie.
"Hy het gesê dis by hom afgelewer. Hy het nie name of iets gegee nie."
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.