Gesinslede van die Marikana-slagoffers wag vir beter dae
Die Menseregte-kommissie het Donderdag ‘n beroep op President Jacob Zuma gedoen om die kommissie se sperdatum van 31 Oktober uit te stel sodat die kommissie sy werk kan voltooi.
Die MRK se verteenwoordiger by die kommissie sê ‘n gebrek aan befondsing het die werk van die kommissie ontwrig.
Die hoofregsverteenwoordiger van die mynwerkers, advokaat Dali Mpofu, het Maandag aangekondig dat hulle nie weer aan die kommissie se werksaamhede gaan deelneem voordat hulle befondsing bekom het nie.
Verskeie howe, waaronder die Konstitusionele Hof, het Mpofu se aansoek dat die staat gedwing moet word om die mynwerkers se regskoste te betaal, van die hand gewys.
Die minister van Justisie, Jeff Radebe het ook gesê die regering gaan nie vir privaat-regsverteenwoordiging by die kommissie betaal nie. – RSG
Meer as twee–derdes van die Agang–leierMamphela RampheleseR55–miljoenkom vanSEB-transaksies.
Ramphele,wat die huidigeSEB-beleiduitgekrytas ‘n “mislukking”op dieAgang–webwerf,hetR40–miljoen vanbemagtigingstransaksies gemaak, het TheStarberig.
“Die manier waaropSEB toegepas word misluk in syprimêredoel vantransformasie van dieekonomie, maarhet ‘n hoëkosteen verryk slegs ‘n kleinpolitiese elite,” lui‘n inskrywing opdie party sewebwerf.
Ramphelehet na beweringaandelein
Ramphele, ryk uit SEB
, maar het van dieNashua-enEduloan–aandelesedertdien verkoop.
Ramphelese woordvoerderAdiMistry–Frosthet bevestig datsy R40–miljoen deur middel vanSEB-transaksies gekry het,maarweerlêbewerings datsy geveinsd is.
“Met die uitsondering vanPearsons,is die SEB-transaksies waarby DrRamphelebetrokke is, deel vanhaar vergoedingas‘n voorsitterof direkteur.“
Ramphelehet haarR55–miljoenvroeër hierdieweek verklaar en PresidentJacobZuma gevra om syfinansiële sakeoop te stel. Zuma het in reaksie gesê hy doen dit reeds omdat die wet dit vereis.
Burgemeesters in die Vrystaat is deur die ANC met afdanking gedreig indien hulle nie hul pligte uitvoer nie.
Thabo Meeko, woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, het gesê burgemeesters het vroeër dié maand briewe onderteken wat die ANC toestemming gee om hulle af te dank indien hulle nie hul werk doen nie.
Hy sê munisipaliteite se uitvoering van hul pligte sal van tyd tot tyd geëvalueer word.
Meeko sê hierdie is ’n duidelike bewys dat die ANC wel druk weens gebrekkige dienslewering in munisipaliteite wil verlig en ’n beter lewe vir inwoners wil skep. – OFM
‘n Plaaswerker van Ceres wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n vier maande oue baba en ‘n sewejarige seun verkrag het, sal Donderdag weer in die hof verskyn.
Die man het na bewering by ‘n wendyhuis ingegaan terwyl die kinders geslaap het, en hulle daarna ontvoer en verkrag, berig Eyewitness News.
Die 25-jarige man is ‘n week gelede in hegtenis geneem en verskyn vir die tweede keer in die Ceres-landdroshof.
Hy staan tereg op aanklagte van verkragting en ontvoering. Dit is nie bekend of hy om borgtog gaan aansoek doen nie.
Intussen het die Rooikruis-kinderhospitaal Donderdag gesê die baba is in ‘n stabiele toestand nadat sy ‘n vyfde operasie ondergaan het. – EWN
Twee middeljarige mans is dood nadat ‘n ligte vliegtuig in Matibidi, Mpumalanga, neergestort het, het paramedici gesê.
“Die mans het reeds gesterf voor die helikopter van die provinsiale nooddienste op die toneel aangekom het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.
‘n MediesehelikopterinNelspruitisna die toneel ontbiedom te help, maarby hul aankomsis ontdek datdie twee mansreedsaanhul beseringsomgekom het.
Dieligte vliegtuighetneergestort in‘n gebiedvanmodder en digte bosse naby Potholes in Matibidi. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk word ondersoek. – Sapa
Suid-Afrikaanse soldate gaan in die suide van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi word nadat die hoof van die Verenigde Nasies se missie in die DRK die beskerming van burgerlikes beveel het.
Die ontplooiing is deur president Jacob Zuma goedgekeur. Zuma het gister in Angola aangekom om vredespogings met die president van die DRK, Joseph Kabila, te bespreek.
Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa Nqakula, het bevestig dat die ontplooiing ook deur die VN-Veiligheidsraad goedgekeur is.
Die hoof van die VN-missie, bekend as MONUSCO, sê daar is direkte aanvalle op bewoonde gebiede en VN-posisies in Goma. Hy sê die ontplooiing is genoodsaak nadat hernieude gevegte tussen die Kongolese weermag en die M23-rebelle uitgebreek het.
Vroeër vanjaar is 14 Suid-Afrikaanse soldate doodgeskiet en 27 gewond in gevegte tussen Suid-Afrikaanse soldate en rebelle in die Sentraal Afrikaanse Republiek.
Nosiviwe Mapisa Nqakula het aan die SAUK gesê indien Suid-Afrika nie ingryp nie, sal talle vlugtelinge uit die DRK oor die grense stroom na Suid-Afrika.
Die emosionele uitbarstings van die Wes-Kaapse premier,HelenZille is al bekend agv haar energieke Twitter-vingers.
Zille het Donderdag weer vir ongelukkigheid gesorg nadat sy uit ‘nvergadering met dieminister van polisieNathiMthethwa gestorm het.Die vergadering is belê om hernudebendegeweldte bespreek opdie Kaapse Vlakte.
Mthethwasewoordvoerder,ZweliMnisi, het gesêZillehet die vergaderingvroeg verlaat, met die verskoning dat sy ‘nafspraak met die minister van menslike nedersettingsConnieSeptember het.
“Dieministerwas hierteen 10:30vir die geskeduleerdevergadering om 11:00.Maar onsmoes lank wagvir diepremierom te kom,” het hygesê.
Die vergadering is belê nadatZille‘n ope brief aan die minister van polisie gerig hetwaarinsy vra dat dieSANWontplooi wordinwarm kollesoosManenberg.
By die vergadering hetMthethwagesê dat sosio-ekonomiesetoestande op dieKaapse Vlakteagter die geweld sit en dit moet verbeter word.
MaarZillehet haarself glo gewip en gesê troepe moet dadelik ingeroep wordom die stratete patrolleer.
Zille het haarself skielik verskoon om blykbaar vir Septemberte gaan ontmoet. Mthethwaen sy amptenare moes daarna ontdek dat sy byinligtingsessiejoernaliste bydie parlement toegespreek het.
Zillesewoordvoerder,ZakMbhele, het ontkensy Donderdagmiddag uitdie vergadering gestorm het. – timeslive.co.za
Die ses mans wat gevang is met kinderpornografie – saam metander verdagtes–is na beweringingeskryf vir ‘nKanadesewebwerf watkinderpornografieaan pedofielewêreldwyd verskaf.
‘n Woordvoerder van die polisie,luitenant-generaalSolomonMakgale,het Donderdag gesê30lasbriewe is verkryinverband met die“byna 50verdagtes wat ons ondersoek“.
“Die mense wat onsin hegtenis geneem het enop soek nais, is professionele mense.“
Makgalehet geweierom uit te breiop dieberoepevan die verdagtes.
“Daar is andermense wat onsvermoedwat betrokke isby kinderpornografie,maar onskanhulle nie in hegtenis neem nie, wantons wag opdie resultate vandie ontleding vanrekenaars, eksterne hardeskywe, geheuestokkies, kameras envideokameras watin beslag geneem is indiestrooptogte.
“Hullehetelektroniesetransaksies beklink wat daarsit.Hulle kan niedit wegsteek nie. Ons werk isom uit te vinden die getuienis te beveilig,“ het Makgalegesê.
Ontleding vanhonderdeDVD’s,rekenaars enrekenaartoerustingsal na verwagtingvoltooi wordteen die einde van volgendeweek.
Die polisie se kubermisdaadkundiges gaan deurdiedatabasisseterwylondersoekbeamptes hulverdagtelys opstel, lasbriewefinaliseeren meervermeende pedofieleidentifiseer.
Baie vandie geïdentifiseerdeverdagtes wordgemonitor deurander regeringsagentskappe wat deelneem aan dieoperasie, het ‘n polisiemanmet kennisvan die ondersoek gesê.
Hy het gesê‘n aantalvan hulle hetskakels na‘n hoë-profiel maatskappyeen professionele praktyke.
“Hulle is nie klein vissies nie.‘n Paar het glo aansienlike invloed,” het hygesê en bygevoeg datdie lys vanverdagtesna verwagting sal aangroeisoos ondersoekbeamptesmeerinligting bekom. – timeslive.co.za
Die Instituut vir Sekerheidstudies sê gevalle van polisie-wreedheid het in die laaste tien jaar met meer as 300% toegeneem, met slegs een persent van gevalle waar oortreders skuldig bevind is.
Die syfer is bekend gemaak op die vierder jaarlikse konferensie oor nasionale en internasionale perspektief oor die vermindering van misdaad en strafregterlike geregtigheid in Johannesburg.
‘n Senior navorser van die instituut, Chandre Gould, sê die statistieke toon dat daar ‘n meerderwaardigheidskultuur binne die polisie bestaan wat burgerlikes kan vervreem.
Sy sê uit die 11880 strafregterlike sake wat by die onafhanklike polisie ondersoek direktoraat aanhangig gemaak is, in die vyf jaar tot en met 2012, is slegs 2000 sake voor die hof gebring en was daar slegs 129 suksesvolle skuldigbevindings. – RSG
Die regering kan skaliegas-ontginning voor aanstaande jaar se verkiesing goedkeur.
Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies sê skaliegas kan ‘n noodsaaklike deel van Suid Afrika se soeke na energie-sekerheid wees.
Op ‘n vraag oor die sterk weerstand teen hidrobreking in die Karoo het Davies gesê die regering sal ontginning op ‘n omgewings- én maatskaplik- verantwoordelike wyse doen.
Davies sê die besluit oor hidrobreking is een van ‘n reeks stappe om beleggings en werkskepping te stimuleer.
Die drukgroep Treasure the Karoo het adjunkpresident Kgalema Motlanthe se beweerde steun vir skaliegas-ontginning, oftewel hidrobreking, vroeër veroordeel.
Motlanthe het die openingstoespraak in Junie deser by die Groen Energie se Jeugberaad in Kaapstad gelewer. Hy het gesê die kommersiële ontginning van die land se oorvloedige skaliegashulpbronne moet steeds ondersoek en opgevolg word.
Motlanthe het dié mening gelug kort nadat die Suid-Afrikaanse aktivis, Jonathan Deal, met ‘n internasionale omgewingsprys weggestap het vir die teenkanting wat hy gebied het om hidrobreking in die Karoo te verhoed.
Deal en nog vyf ander ontvangers het die Goldman Omgewingsprys ter waarde van R1,4 miljoen elk in San Francisco ontvang. Omgewings-aktivisme op grondvlak word met dié prys vereer. Deal het die drukgroep Treasure the Karoo in 2011 op die been gebring om die ontginning van skaliegas deur hidrobreking te keer.
Die minister van Minerale Hulpbronne, Susan Shabangu het in April verlede jaar ‘n moratorium op hidrobreking geplaas en ‘n taakspan aangestel om ‘n verslag vir haar op te stel.
Sy het in September aangekondig dat geologiese ontginning toegelaat sal word om die grootte en potensiaal van die skaliegas-reserwe te bepaal.
Die Treasure the Karoo-drukgroep het met Afriforum kragte saamgesnoer om planne van olie- en gasmaatskappye te bestry wat skaliegas wil ontgin.
Suid-Afrika het volgens berekenings ‘n baie ryk skat aan tegnies-ontginbare gasreserwes, maar omgewingskenners is bekommerd dat dit die omgewing kan skaad.
Die hoof van omgewingsake by Afriforum, Julius Kleynhans sê Suid-Afrikaners is nie genoegsaam ingelig oor die uitwerking van hidroliese breking nie.
Treasure the Karoo het verlede jaar ‘n groep betogers na die hekke van die Parlement gelei om te eis dat meer navorsing gedoen word oor die eksplorasie van skaliegas.
Die groep se woordvoerder, Jonathan Deal, sê egter die motivering om skaliegas te ontgin, is nie oortuigend genoeg nie. – RSG