Daar is nog geen vordering om die die swart aanvallers wat ‘n boer van Groblersdal doogeskiet het, vas te trek nie. Dit was die sesde plaasaanval in dié gebied in Limpopo.
Die aanvallers is glo op die plaas afgelaai en weer opgelaai na die aanval.
Rudolph Pretorius (54) is dood nadat hy Maandag in die vroeë oggendure in sy gesig geskiet is.
Vier swart aanvallers het glo eers sy honde vergiftig en toe by ’n badkamervenster die huis binnegedring.
Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Pretorius se vrou is met ’n geweer oor die kop geslaan.
Na ’n skietery tussen die aanvallers en Pretorius is hy in die gesig geskiet. Die aanvallers wapens en juwele gesteel.
Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het aan Beeld gesê “daar moet iets gedoen word aan die tekort aan mannekrag, voertuie en hulpbronne by polisiekantore”.
AfriForum sal ‘n ontleding doen van wat die polisiekantoor nodig het.
