Die Chinese maatskappy, First Automotive Works (FAW), beplan om ‘n fabriek in die Oos-Kaap te open.
FAW is ‘n vervaardiger van swaar handelsvoertuie.
President Jacob Zuma sal Donderdag in Port Elizabeth die vervaardigingsprojek by Koega bekendstel.
Na verwagting sal net 600 werkgeleenthede geskep word.
Ten spyte daarvan sê die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, die projek is ‘n “reuse ekonomiese hupstoot vir die streek”.
Die mikpunt is om vyf duisend vragmotors ‘n jaar te bou en later passasiersmotors aan die plaaslike mark te verskaf.
Davies sê die inisiatief is gemik daarop om die taxibedryf van voertuie te voorsien.
Die drie motorvervaardigers wat reeds in Port Elzabeth gevestig is, is Volkswagen, Ford en General Motors.
