Die Amerikaanse president, Barack Obama, se Republikeinse vyande het gister botweg aangevoer dat die bittere Amerikaanse vete oor gesondheidsorg daartoe kan lei dat ‘n besluit om nog troepe Afghanistan toe te stuur, gevaarlik lank uitgestel kan word.
“Met al die aandag wat deesdae op gesondheidsorg is, vind die aandag vir wat in Afghanistan gebeur, nie plaas nie,” sê die hoogste Republikein in die Huis van Verteenwoordigers, John Boehner.
“Ons kan nie vir nog ses weke hanna-hanna nie. Ons gaan die geleentheid om ‘n nuwe strategie in plek en meer troepe in te kry om die werk afgehandel te kry, mis.”
Die Huisspeaker, Nancy Pelosi, het na wat berig word die klag dat gesondheidsorg Afghanistan uitboer, verwerp en het opgemerk dat wetgewers ter selfde tyd op verskeie beleidsfronte besig is om deur te druk.
Republikeine, wat breedweg dit ondersteun om meer troepe te stuur om die oorlog te voer, het waarskuwings van hooggeplaaste militêre leiers dat die tyd min is vir die VSA om die inisiatief van die Taliban-magte terug te neem, aangegryp.
Maar Obama en sy hoogste Demokratiese bondgenote sê hulle is skepties dat om die Amerikaanse militêre teenwoordigheid te versterk, die gety sal omkeer, en die Withuis sê al die raad van alle oorde sal oorweg word voordat ‘n besluit op nuwe ontplooiings geneem sal word.
Die Republikeine dring aan dat ‘n besluit voor die middel van November geneem moet word, anders sal bykomende troepe nie in posisie voor die lenteoffensief wees nie.

Die Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, het gister gesê dat die einde van apartheid in sy land moet dien as ‘n voorbeeld van die vermoë van samewerking op die globale verhoog.
Die rassedebat wat in die Afrikaanse media, sowel koerante as webwerwe, begin het, het oor die naweek na die TV oorgespoel toe twee programme van die SAUK die toenemende verwydering tussen wit en swart opgehaal het.
Die Vryheidsfront Plus het uitsprake van die plaaslike ANC in Pretoria verwelkom waarin hulle erken het dat die naam van die hoofstad Pretoria is.

Regter-president John Hlophe van Kaapstad is nie op die kortlys om binnekort hoofregter van die land te word nie.