Obama se VSA sluit weer by kernverdragkonferensie aan

Amerika se minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het gister gesê Amerika is “bly om terug te wees,” toe dié land na ‘n tienjaaronderbreking weer by ‘n VN-konferensie oor die sperverdrag op kerntoetse aangesluit het.

Clinton het aan die versamelde buitelandse ministers en gesante van meer as ‘n honderd lande verslag gedoen dat die administrasie van president Barack Obama in die komende maande sal werk om die raad en instemming van die Verenigde State se Senaat te verkry om die verdrag te bekragtig.

Die Omvattende Toetsverbodverdrag (OTVV) van 1996, wat die toetsing van alle kernbomme, enige plek, wil verbied, het in ‘n diplomatieke limbo gesluimer sedert ‘n Republikeins-gedomineerde Amerikaanse Senaat dit in 1999, die laaste jaar wat die VSA die konferensie bygewoon het, verwerp het. Die konferensie word elke twee jaar gehou in ‘n poging om genoeg bekragtigings te bekom om die verdrag af te dwing.

Die tweedaelange vergadering was gelyklopend met gister se spitsvergadering van 15 Veiligheidsraadslede gehou. Die nie-proliferasie van kernwapens was die onderwerp van die Veiligheidsraadsvergadering onder leiding van Obama, wat onderneem het om te werk vir ‘n kernwapenvrye wêreld.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, het gesê dat daar nie ‘n beter manier is om hierdie historiese dag te begin nie as om ‘n eed af te lê wat kernwapentoetse beëindig.

воронеж выставочноеtopcargo кидалы

Obama vat pak oor gesondheidsorg en Afghanistan

Die Amerikaanse president, Barack Obama, se Republikeinse vyande het gister botweg aangevoer dat die bittere Amerikaanse vete oor gesondheidsorg daartoe kan lei dat ‘n besluit om nog troepe Afghanistan toe te stuur, gevaarlik lank uitgestel kan word.

“Met al die aandag wat deesdae op gesondheidsorg is, vind die aandag vir wat in Afghanistan gebeur, nie plaas nie,” sê die hoogste Republikein in die Huis van Verteenwoordigers, John Boehner.

“Ons kan nie vir nog ses weke hanna-hanna nie. Ons gaan die geleentheid om ‘n nuwe strategie in plek en meer troepe in te kry om die werk afgehandel te kry, mis.”

Die Huisspeaker, Nancy Pelosi, het na wat berig word die klag dat gesondheidsorg Afghanistan uitboer, verwerp en het opgemerk dat wetgewers ter selfde tyd  op verskeie beleidsfronte besig is om deur te druk.

Republikeine, wat breedweg dit ondersteun om meer troepe te stuur om die oorlog te voer, het waarskuwings van hooggeplaaste militêre leiers dat die tyd min is vir die VSA om die inisiatief van die Taliban-magte terug te neem, aangegryp.

Maar Obama en sy hoogste Demokratiese bondgenote sê hulle is skepties dat om die Amerikaanse militêre teenwoordigheid te versterk, die gety sal omkeer, en die Withuis sê al die raad van alle oorde sal oorweg word voordat ‘n besluit op nuwe ontplooiings geneem sal word.

Die Republikeine dring aan dat ‘n besluit voor die middel van November geneem moet word, anders sal bykomende troepe nie in posisie voor die lenteoffensief wees nie.

free online slotФильчаков Александр Васильевич