Nedlac en Gigaba sal glo saam planne beraam om ekonomie te red

Die Nasionale Ekonmomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, sê hy en die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, het maatreëls bespreek wat ingestel sal word om ‘n verdere kredietafgradering te verhoed.

Dit volg op twee internasionale graderingsagentskappe se onlangse afgradering van Suid-Afrika se ekonomie na rommelstatus, het RSG berig.

Ekonome het die afgraderings toegeskryf aan President Jacob Zuma se middernagtelike kabinetskommeling twee weke gelede waartydens Minister Pravin Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit die portefeulje van finansies verwyder is.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa, sê Nedlac is daartoe verbind om die impak van die afgradering te beperk.

Die jongste vervaardigingsyfers van Statistieke Suid-Afrika toon dat die sektor onder enorme druk is. Februarie se vervaardigingsyfers het met 3,6 persent afgeneem, wat aansienlik laer is as die markvooruitskatting van 0,1 persent.

Die senior ekonoom van Nedbank, Nicky Weimar, sê dié afname kan die verwagte groeisyfers vir die ekonomie negatief beïnvloed.

Weimar sê sóós in mynbou en nywerheid, toon vervaardiging soms ook ‘n redelik sterk opwaartse swaai van een kwartaal na ‘n volgende – wat ‘n wesenlike invloed op groeisyfers kan hê.

Sy sê sy voorsien egter dat mynbou sal herstel namate die vraag verhoog en kommoditeitspryse herstel, hoewel dit duidelik baie langer neem as wat aanvanklik geraam is.

Die daling in die rand wat gevolg het op Zuma se skommeling, het die uitvoermoontlikhede verbeter, ironies genoeg.

Vrae in Nederlandse parlement nadat burger in plaasaanval sterf

Tydens nog ‘n plaasaanval in Suid-Afrika is ‘n Nederlander wreed gemartel vermoor op Moseley Farm op die R40 na Barberton en die nuus maak opslae in Nederland.

Die moord was Vrydagaand digby die dorpie Barberton, waar die 55-jarige slagoffer met sy eweneens Nederlandse vrou gewoon het. Peet van Es het nie die aanval oorleef nie maar sy metgesel Arine Prins en ‘n vriend net bekend as Michael het wel.

Vyf gemaskerde swart aanvallers het die plaasmense oorval, die vrou en ‘n familievriend vasgebind en toegang tot die kluis geëis. Prins se gesig is erg gekneus in die aanval.

Vervolgens is die aanvallers na bo, waar hulle die Nederlander na vyf ure se marteling doodgesteek het. Die weduwee het aan die Barberton Times gesê dat die booswigte met juwele en elektroniese ware as buit vertrek het in die motor van die slagoffer.

“Daar is selfs ‘n naam daarvoor: ‘plaasmoorde’, soos in die Afrikaanse woord vir ‘n boerdery”, sê korrespondent Bram Vermeulen. “In 2016 was daar meer as 300 van hierdie soort aanvalle gewees, waarby 64 boere of hul familielede om die lewe gekom het. Dikwels gebeur dit op gruwelike wyses: boere word nie net beroof nie, maar ook gemartel.”

Organisasies wat opkom vir die blanke gemeenskap in Suid-Afrika vind dat die regering onder leiding van die ANC te min doen aan die probleem.

In Nederland het die PVV in die Tweede Kamer vrae gestel oor die kwessie. Die party is bekommerd oor die gebrek aan beskerming vir onder andere blanke boere in Suid-Afrika.

Vrae van die lede De Roon en Bosma (albei PVV) aan die minister van buitelandse sake oor die plaasmoord op ‘n Nederlander in Suid-Afrika, het ingesluit of die regering ‘n verklaring kan gee vir die feit dat die aantal plaasmoorde die laaste tyd besonder toegeneem het.

Die lede wou ook weet in hoeveel persent van die gevalle lei die gruwelike moorde, op meestal blanke boere, eintlik tot ‘n veroordeling?

Beide lede het hul kommer uitgespreek dat die moorddossier tydens die polisieondersoek op gebruiklike Afrika-wyse “onder ‘n dik laag stof sal verdwyn”.

Hulle het ‘n beroep op die Nederlandse owerhede gedoen om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas om die Nederlandse boeregemeenskap in Suid-Afrika teen nog meer bloedvergieting te beskerm en gesuggereer dat die ekonomiese wanbestuur onder die ANC-regime bygedra het tot die kwessie.

“Die vraag is of boere spesifiek ‘n teiken is en of Suid-Afrika net ‘n kriminaliteitsprobleem het waaronder boere ook ly,” sê Vermeulen. “By boere-organisasies asook in sogenaamde ‘ver-regse kringe’ word gesê dat daar agter die plaasmoorde politiek sit: As daar genoeg plaasvind, dan verdwyn die wit boere vanself van die platteland.”

Ondersoeke wat deur die ANC gelei word, kom egter steeds tot dieselfde gevolgtrekking: dit is gewone moorde, en boere net soos ander inwoners van die land is dikwels slagoffers, maar daar is geen politieke agenda daaragter nie.

Die vraag bly egter: Indien dit net “gewone misdaad” is, hoekom word die slagoffers doodgemartel?

Duitsland wil kindbruide verbied

Na die ontdekking van ten minste 1500 gevalle van kinderhuwelike onder vlugtelinge, het die Duitse regering nou ooreengekom op ‘n voorstel Woensdag om sulke huwelike te verbied.

Die huidige ouderdom om wettig te trou is 16 in Duitsland, maar sedert die land nie “godsdienstige huwelike,” erken nie, het owerhede nie ingegryp om sulke huwelike te stop nie. Die wetsontwerp sal ook enige pogings om minderjariges in tradisionele of godsdienstige eerder as staatseremonies te trou, onder die loep hou.

Maar Duitse welsynsamptenare sal nou toegelaat word om minderjarige meisies in die regering se sorg te neem, selfs al is hulle “wettig” in die buiteland getroud. Getroude kinders sal ook van hulle mans geskei word deur die owerhede.

Angela Merkel se koalisie-regering het alle huwelike gesluit onder die ouderdom van 16 nietig te verklaar. Die wetsontwerp wag op parlementêre goedkeuring in Julie.

“Kinders hoort nie by die altaar nie, hulle hoort in die skool,” het die minister van justisie Heiko Maas gesê. “Ons kan nie enige huwelike wat dalk skade aanrig aan die natuurlike ontwikkeling van minderjariges duld nie.”

Die Merkel-administrasie is onder druk om ‘n meer vasbeslote houding teenoor Moslems voor die komende verkiesing te wys. Die immigrante minderjariges met volwasse gades is ‘n Moslem gewoonte en aan die orde van die dag in Islamitiese migrantegemeenskappe.

Die grootste groep kinderbruide, tot 664 minderjariges, kom uit Afghanistan, Irak, Bulgarye en Sirië.

Vanaf Julie 2016, is vele kinders met ‘n Islamitiese agtergrond geregistreer as “getroud” in Duitsland, insluitend 361 onder die ouderdom van 14.

Opvoeders het gewaarsku dat jong meisies dikwels skool verlaat na hulle trou.

Busstaking kan Paasnaweek ontwrig

Die MyCiti-busdiens in Kaapstad is van môreoggend af opgeskort word weens die landwye busbestuurderstaking. Die Metro het pendelaars gevra om alternatiewe reëlings te tref tot verdere kennisgewing.

Die Metro sal die treindiens, Metrorail en die nasionale taxiraad nader in ‘n poging om 71 000 pendelaars by te staan, wat daagliks van die MyCiti-busdiens gebruik maak.

Derduisende buspendelaars landwyd kan dié Paasnaweek gestrand wees indien busbestuurders wat aan die vakbond, Numsa behoort, môre weens ‘n salarisgeskil begin staak.

Numsa het ‘n kennisgewing van sy voorneme om te staak aan die werkgewers oorhandig. Numsa sê hulle het ‘n dooie punt bereik ondanks bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.

Numsa sê die werkgewers het hulle eis vir ‘n salarisverhoging van 15 persent verwerp asook verbeterde werksomstandighede. Busbestuurders wil oortydbetaling hê, veral vir werk op Sondae en Openbare Vakansiedae.

Die busdienste wat meestal geraak word is Buscor, Autopax, Greyhound, Putco, Gauteng Coaches, Mega Coaches, Mayibuye, Rea Vaya, Great North Transport, Golden Arrow en ander kleiner busdienste.

Busmaatskappye het tot vanaand tyd om met vakbonde in gesprek te tree om tot ‘n vergelyk te kom.

Sweedse terreuraanval: Jihadis het kinders aspris probeer raakry

Die Sweedse media het die identiteit van die man van Uzbekistan bekend gemaak wat na bewering Vrydag ‘n groep voetgangers in Stockholm doodgery het.

Uzbekistan se bevolking is bykans 90 persent Moslem. Die res is Ortodoks.

Rakhmat Akilov is volgens berigte ‘n Moslem-konstruksiewerker en pa van twee wat die owerhede ontduik het om te keer dat hy gedeporteer word.

Hy het na bewering ‘n vragmotor met ‘n vrag bier gesteel en in ‘n besige straat vol voetgangers gejaag voordat hy in ‘n winkel vasgery het. Vier mense is dood en vyftien is beseer.

Volgens ooggetuies het die terroris opsetlik kruis en dwars oor die pad geswenk om spesifiek kinders raak te ry. Die elfjarige dogtertjie wat doodgery is, was doof en het nie die vragmotor hoor aankom nie, het Sweedse media berig.

Die Sweedse vrou by wie die Moslem gewoon het, het aan die media gesê sy het nie geweet hy is ‘n jihadis nie, want “hy het gedrink”. Sy het blykbaar niks van sy ideologiese jihadisme geweet nie.

Die Noorweegse polisie het intussen in Oslo ‘n toestel, soortgelyk aan ‘n bom, in die middestad gekry. Die BBC berig ‘n gekontrolleeerde ontploffing is toe uitgevoer.

‘n Verdagte is ook in hegtenis geneem. Die land se veiligheidspolisie het die ondersoek oorgeneem. Geen besonderhede oor die verdagte is bekendgemaak nie.

Die polisie in Oslo en in ander Noordweegse stede het Vrydag begin om wapens te dra in reaksie op ‘n beweerde terreuraanval in Swede toe ‘n vragmotor tussen mense ingery het. Vier mense is dood en 15 is beseer.

Verskeie verdagtes is reeds in hegtenis geneem ná die vragmotor-aanval, maar die Sweedse polisie is besonder versigtig om nie Islam as die rede vir die aanval uit te sonder nie.

In Egipte het die president Abdul Fattah al-Sisi ‘n noodtoestand vir drie maande afgekondig nadat meer as 40 Christene dood is in twee bomaanvalle by Koptiese kerke.

Die eerste bom het in die St. George-kerk in die stad Tanta ontplof en die tweede aanval was buite die Koptiese katedraal in Alexandrië.

Die weermag sal ontplooi word om die polisie by te staan om noodsaaklike infrastruktuur te bewaak. Die Islamitiese Staat het vroeër aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar.

Amerikaanse wit nasionaliste draai teen Trump

Stomgeslaan deur die president waarin hulle hul vertroue geplaas het, het wit Amerikaanse Trump-ondersteuners teen die leier waarvoor hulle gestem het om oorloë te beëindig, gedraai.

Sy kiesers het gedink hy bedoel wat hy sê omdat Trump vir jare volgehou het dat ‘n Siriese aanval ‘n verskriklike idee sal wees. Tot hy sonder enige bewyse skielik besluit het om presies dit te doen waarteen sy kiesers in die eerste plek gestem het.

Voormalige Trump ondersteuners was Donderdagaand verenig in die veroordeling van die aanval op Sirië as ‘n groteske fout. Voormalige Breitbart-mederedakteur Milo Yiannopoulos het Trump se optrede “vals en gay” genoem. Trump het sy basis totaal vervreem wat in sy isolasionistiese, “America First” boodskap geglo het.

Die redes vir die aanval wat Trump aanvoer is so ongeloofwaardig, dis pynlik om te aanskou. Daarbenewens was die Siriese lugbasis gebruik ter beskerming van die Christene in Homs, waar die meeste van hulle saamgetrek is. Sonder dié beskerming is die Siriese Christene uitgelewer aan ISIS.

Sonder die wit nasionaliste se steun, sou Trump nooit die kieskolleges gewen het om president te word nie. As daar nou ‘n beweging kom om van hom ontslae te raak, is dit neusie verby vir die ryk eiendomsagent.

Nasionaliste, anti-intervensioniste en anti-globaliste, sowel as die alt-regses het ook ‘n merkbare weersin in konflik met Rusland, iets wat die Amerikaanse aanval op Sirië dramaties gaan verhoog.

Volgens die New York Times, het die Amerikaanse president Donald Trump “emosioneel” opgetree, ‘n monumentale fout vir ‘n leier van ‘n land soos die Verenigde State van Amerika en iets wat sy manlike kiesersbasis verafsku.

Toevallig, kom die gekke aanval op Sirië net nadat Steve Bannon deur Trump se skoonseun Jared Kuschner weggejaag is. Kuschner is nie ‘n verkose amptenaar nie maar hy slaan die kitaar oor die VSA se besluite rakende buitelandse beleid.

Trump, het sy ondersteuners geglo, sou die land uit onnodige oorloë hou. Die mees uitgesproke in hul verontwaardiging was leiers van die klein maar invloedryke wit nasionalistiese beweging. Paul Joseph Watson, ‘n redakteur vir die gewilde webwerf Infowars, het op Twitter gesê dat Trump “is net nog ‘n skaduregering/Neocon marionet.” Hy het bygevoeg: “Ek is amptelik af van die Trumptrein.”

Alex Jones, eienaar van Infowars het gesê: “Die White Helmets, ‘n al-Qaeda geaffilieerde groep befonds deur George Soros en die Britse regering, het na bewering die chemiese wapen aanval op burgerlikes in die Siriese stad van Khan Sheikhun uitgevoer om blaam te lê op die Siriese regering.”

Richard Spencer, wat die term het geskep “alt-regs” geskep het, het gesê dat hy die aanval veroordeel. “Die ergste scenario: Ons herhaal die 2000s: ‘n Konserwatiewe as leier met ‘n populistiese boodskap, word ‘n globalis en Neocon-sluiper. Weereens, ek sal wag en kyk, maar ek is bereid om Trump af te skryf.”

Scott Adams, die spotprenttekenaar wat Dilbert geskep het, skryf op sy webwerf dat die chemiese wapenaanval ‘n “vervaardigde gebeurtenis” was.

Blogger Mike Cernovich het gewaarsku dat die Verenigde State van Amerika Sirië gaan aanval. “Ons moet hom stop” het hy op ‘n lewendige internetvoer gepleit.

Stefan Molyneux het dit raakgevat toe hy die volgende getwiet het:

Marine Le Pen het Trump se onbesonne aanval ten sterkste veroordeel. Beide UKIP-leiers Nigel Farage en Paul Nuttall het ook teen hom uitgevaar en gewaarsku dat sy ondersteuners hom gaan verwerp.

Trump se merkwaardige ommekeer van sy Sirië-beleid

Donald Trump het sterk standpunte voor sy verkiesing as die VSA se president oor die Amerikaanse beleid in Sirië onder voormalige President Obama gehuldig, sedert 2013 toe hy herhaaldelik die potensiaal vir direkte Amerikaanse betrokkenheid begin kritiseer het. Dus is die besluit om militêre mag te gebruik teen Sirië, ‘n merkwaardige ommekeer vir Trump.

Voordat hy president was, het Trump voortdurend getwiet dat die VSA Sirië moet uitlos. Van 2013-2014 het Trump gewaarsku teen militêre optrede in Sirië, insluitend ‘n twiet wat die Obama-administrasie aangeraai het om “die hel uit Sirië te bly”.

Trump is nou egter self besig met aggressiewe militêre betrokkenheid in Sirië, iets wat hy as die Republikeinse genomineerde tydens die 2016 presidensiële verkiesingsveldtog sterk teengestaan het. Hy het voorheen daarop aangedring dat die Obama-administrasie se verbintenis tot politieke korrektheid in die pad staan van die stryd teen terrorisme.

In ‘n onderhoud net enkele weke voor verkiesingsdag, het hy gesê die beleid van sy opponent betreffende Sirië, wat die vestiging van ‘n vliegspersone ingesluit het, sou lei tot ‘n wêreldoorlog.

“Wat sal ons kry vir ‘n bombardement van Sirië behalwe meer skuld en ‘n moontlike langtermyn konflik?” het Trump gereageer in ‘n twiet. “Obama moet die Kongres se goedkeuring eers kry.”

Hy het ook getwiet: “Wat ons moet doen, is fokus op ISIS. Ons moet nie fokus op Sirië nie.”

Daar is nog geen bewys dat die Siriese president Bashar al-Assad chemiese wapens op sy eie mense gebruik het nie, maar Trump het nogtans Donderdag se aanval in ‘n amptelike verklaring aangekondig.

Trump sê nou, omdat hy ‘n “buigsame persoon” is, het hy sy gedagtes verander oor Sirië. “Dit aanval op kinders het ‘n groot impak op my. Baie groot impak,” het hy gesê. “My houding teenoor Sirië en Assad het baie verander.”

Net meer as ‘n maand gelede, wou Trump alle Siriese vlugtelinge tot die Verenigde State van Amerika verbied, insluitend die kinders waaroor hy nou so te kere gaan.

Die vinnige ommekeer van sy administrasie se verbintenis tot die Siriese konflik het reeds duidelik geword toe die Amerikaanse ambassadeur by die VN, Nikki Haley die Siriese regering van die chemiese aanval begin beskuldig het, sonder enige bewyse hoegenaamd.

Die getuienis van die White Helmets, ‘n groep wat ten nouste verbind is met die terroriste, sou nooit in ‘n hof geslaag het nie.

Verlede week het Nikki Haley, VN-ambassadeur, gesê die VSA gaan Assad met geweld verwyder: “Dink ons hy is ‘n hindernis? Ja. Gaan ons net daar sit en fokus op kry hom uit? Nooit.”

Die Amerikaanse minister van buitelandse Rex Tillerson, het gesê: “Ons het ‘n baie hoë mate van vertroue” dat die Bashar al-Assad “regime Sarin senugas” gebruik het.

Volgens AFP het verskeie getuies berig oor ‘n “vrot reuk” en groen kleur. Beide Sarin en Soman is in suiwer vorm kleurloos, smaakloos en reukloos. Duidelik word Tillerson vir die gek gehou.

Jihadiste het Vrydag die Amerikaanse aanval op ‘n regeringsvliegbasis in Sirië verwelkom, volgens AFP verslae.

“Slaan een vliegbasis is nie genoeg nie, daar is 26 luchthavens dat burgerlikes te teiken,” ‘n sleutelfiguur in die Army van Islam faksie, Mohamed Alloush, tweeted.

Op dieselfde dag ‘n honderd jaar gelede het die VSA aangesluit by die Eerste Wêreldoorlog.

Terreuraanval ruk Swede

Vyf mense is dood en talle beseer nadat ‘n vragmotor in voetgangers ingeploeg het in die sentrum van die Sweedse hoofstad Stockholm.

Die voorval het op die besige winkelsentrumstraat van Drottninggatan omstreeks 15:00 vanmiddag plaasgevind.

Die biervragmotor is gesteel terwyl die bestuurder ‘n nabygeleë aflewering kort voor die aanval gedoen het.

Sweedse polisie het bevestig dat hulle die voorval as ‘n terreuraanval hanteer.

Die vermeende aanvaller is gesien wat vlug na ‘n nabygeleë metrostasie en die ondergrondse vervoernetwerk van die stad is daarna gesluit. Sy foto is intussen deur die wetstoepassers vrygestel.

Sweedse inwoners van Stockholm het aan PRAAG gesê hulle het het so ‘n aanval gevrees nadat dit reeds in Nice, Berlyn en Londen gebeur het.

Angsvallige voetgangers het in alle rigtings begin hardloop na die aanval.

VK, VSA en Frankryk blameer Assad vir chemiese aanval

Die Verenigde Koninkryk, VSA, en Frankryk blameer persident Assad vir ‘n chemiese aanval in die Veiligheidsraad in ‘n konsep-resolusie

Tydens ‘n noodvergadering gehou deur die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN-Veiligheidsraad) Woensdag, oor die vermeende chemiese aanval in die provinsie van Idlib, Sirië, is die skuld op die Siriese regering gepak.

Die drie lande sê die beweerde chemiese aanval in Idlib is deur die Siriese weermag uitgevoer op 4 April.

Maar Moskou het kategories die konsep-resolusie verwerp. Die gebied waarin die aanval gebeur het, is onder die volle beheer van terroristegroepe wie se posisies soms geteiken word deur die Russiese en Siriese Lugmagte.

Siriese betrokkenheid by die beweerde aanval blyk hoogs onwaarskynlik te wees. Na ‘n ongekende chemiese wapenaanval in Sirië se Oos-Ghouta in 2013, toe ‘n paar honderd mense gedood is, het Sirië by die Konvensie oor die verbod van chemiese wapens aangesluit.

In Januarie 2016, het die OPC aangekondig dat Sirië se hele chemiese wapenarsenaal vernietig is.

Die sogenaamde White Helmets en die Siriese Observatory for Human Rights, beide geborgde nie-regeringsorganisasies wat die nuus van die beweerde aanval gebreek het, is berug vir hul verbintenis met anti-Assad terreurgroepe. Die SOHR is ‘n eenman-propaganda-operasie uit Londen sonder inligting van wat in Sirië gebeur, maar vreemd genoeg neem die hoofstroommedia hom heel ernstig op.

Die Turkse regering het intussen die grens gesluit by die Bab Al Hama grenspos, en weier ambulanse uit die rigting van Khan Sheikhoun, waar die “aanval” glo gebeur het om Turkse grondgebied te betree.

Die Siriese weermag is besig om die terroriste in die platteland van Hama terug te dryf, veral die Al Nusra Front. Hulle het dus nie nodig gehad om enige chemiese aanval uit te voer nie.

Die dorpie Khan Shaikhoun self is geleë op die administratiewe grens tussen die provinsies van Hama en Idlib.

In 2013, ná die Ghouta chemiese aanval, is die eposse van ‘n Britse huursoldaatmaatskappy onderskep deur krakers, en dit het toe geblyk dat die skuld wat op Sirië gepak is in 2013 vir ‘n chemiese aanval, die werk van ander partye kon gewees het.

Die Britse huursoldaatmaatskappy, Britam Defense, het sedertdien erken dit is hulle eposse, maar beweer dat die kraker “JAsIrX,” die materiaal “vervals” het.

Maar die volume van gekraakte dokumente van Britam laat dit hoogs onwaarskynlik lyk. Die eposse is aanvullend tot waarskuwings deur Israel en die Obama Withuis dat Siriese leier Bashar al Assad “moet gaan”.

Jaromír Kohlíček, Tsjeggiese politikus en ‘n lid van die Europese Parlement het gesê dat die drie lande en sekere Arabiese borge dra die verantwoordelikheid vir die plaag van terrorisme in Sirië en Irak.

In ‘n onderhoud met die Tsjeggiese koerant BLESK, het hy gesê dat die terroriste groepe in Sirië, finansiële ondersteuning en toerusting van die Saoedi-en Qatari regimes asook van spesifieke westerse lande, naamlik die VSA, Frankryk en Groot-Brittanje, ontvang.

Hy sê dat die Siriese weermag wapens en toerusting ontdek het wat geskenk is deur sekere westerse lande, soos Groot-Brittanje, na die bevryding van woongebiede in die ooste van Aleppo.

Nikki Haley, Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, het Woensdag te kere gegaan teen die Siriese regering en met geweld gedreig, sonder enige bewyse dat hulle verantwoordelik is.

Die New York Times en ander hoofstroom Amerikaanse propaganda-afsetpunte het ook onmiddellik die skuld op die Siriese regering gepak.

Die Times het twee van sy mees toegewyde anti-Siriese regeringspropagandiste op die Siriese gif-gas storie uitgeplaas, naamlik Michael B. Gordon en Anne Barnard.

Gordon se mede-skrywer, Judith Miller, is die enigste Amerikaanse joernalis bekend wat al ‘n werk verloor het oor haar roekelose leuens oor Irak se kamtige wapens-van-massavernietiging. Haar skaamtelose propagandaleuens het bygedra tot die menslike tragedie in daardie land.

Gordon was self ‘n mede-outeur van ‘n valse Times se voorbladberig op April 21, 2014, toe die departement van buitelandse sake en die Oekraïnse regering vervalste foto’s van Russiese soldate in die Oekraïne gebruik het.

Ryk wit Sandoniete ‘betoog’ langs hul duur motors teen Zuma

Massa-optogte om president Jacob Zuma te oorreed om te bedank, sal vandag landwyd gehou word. In Johannesburg se noordelike voorstede waar wit Engelse woon, is die saamtrekke uitsluitlik wit.

In William Nicol-rylaan hou ryk Engelse tantes plakkate op wat kommunis Chris Hani verheerlik. Hule duur motors is neffens hul geparkeer. Die ironie is dat die Britse banke se veldtog teen Zuma hierdie mense se sakke eerste gaan raak, maar hulle is te onnosel om dit te besef.

Verliese van miljarde rande en ‘n daling in die geldeenheid sal pensioenfondse waarskynlik die ergste raak. Nedbank se bestuurshoof, Mike Brown wys daarop dat die buitelandse gradering afgeskaal is en nie die plaaslike gradering nie. Volgens hom het aandele in die finasiële sektor waarskynlik met tot R150-miljard gedaal en die rand se waarde met byna 15 persent verminder.

Die betogings is gereël deur pro-Britse burgerlike organisasies en die DA nadat President Jacob Zuma die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, in ‘n kabinetskommeling afgedank het. Gordhan was hul man in die regering.

Gordhan het intussen te kenne gegee dat hy steeds deel van die ANC wil wees, wat die optogte nou taamlik sinneloos laat lyk. Die voormalige Minister van Finansies het Suid-Afrikaners gevra om “positief” te bly oor die land. Gordhan was een van die sprekers tydens die gedenkdiens vir die ANC-veteraan, Ahmed Kathrada, in die St George’s-katedraal in Kaapstad.

Onsekerheid het aanvanklik geheers oor die optog na die Uniegebou in Pretoria waar polisievoertuie reeds Donderdagaand ontplooi is. Die Tshwane Metropolisie het aan die organiseerders, Save South Africa, gesê dat toestemming geweier is vir die optog, waarna die drukgroep ‘n hofbevel gekry het wat die verbod omgekeer het.

Die uitvoerende burgemeester van die Tshwane Metroraad, Solly Msimanga, het vroeër ontken dat toestemming geweier is. Msimanga het op sosiale media gesê iemand speel politieke speletjies en misbruik hulle posisie.

Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, het intussen gesê die polisie sal alle optogte as wettig hanteer indien die howe so beslis het.

Optogte word ook beplan in Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, Mbombela en ander groot sentra.

In Johannesburg se middestad het 600 MK-lede ontplooi om Luthulihuis teen die DA se opmars te verdedig. COSAS neem ook aan die optrede deel om president Zuma te beskerm.

Motoriste word gewaarsku om Johannesburg se middestad môre tussen tien- en twee-uur te vermy aangesien die DA ‘n optog daar gaan hou.

Verskeie strate in en om die middestad sal gesluit wees. ‘n Woordvoerder van Johannesburg se metropolisie, Wayne Minnaar sê die optog begin by Westgate en sal in Henry Nxumalo-straat, wes van Mary Fitzgerald-plein verby beweeg. Die protesgangers sal dan later na Westgate terugkeer. Talle ander protesoptogte word ook beplan.

Die DA in die Noord-Kaap gaan vandag ‘n deur-tot-deur veldtog voer om gemeenskappe in Kimberley aan te moedig om ‘n versoekskrif te onderteken waarin gevra word dat president Zuma bedank.

Die DA se bruin Noord-Kaapse leier, Andrew Louw, sê diegene wat hul vertroue in die President verloor het, word uitgenooi om by hulle aan te sluit by die Perseverance Kollege in die stad.

Die voormalige voorsitter van die Afrika Unie se kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma het jong Suid-Afrikaners aangemoedig om meer militant te raak en die stryd vir sosioekonomiese transformasie te lei.

Sy het gepraat by ‘n geleentheid om die 38 jaar sedert die teregstelling van oud-terroris Solomon Mahlangu in 1979 te herdenk. Mahlangi is gehang nadat hy skuldig bevind is aan moord tydens ‘n UMkhonto WeSizwe-operasie.

Dlamini-Zuma sê die jeug moet Mahlangu se voorbeeld volg. Volgens haar moet die grondkwessie ook voor die ANC se beleidskonferensie bespreek word.