praag.co.za

Vrae in Nederlandse parlement nadat burger in plaasaanval sterf

Written by

in

,

Tydens nog ‘n plaasaanval in Suid-Afrika is ‘n Nederlander wreed gemartel vermoor op Moseley Farm op die R40 na Barberton en die nuus maak opslae in Nederland.

Die moord was Vrydagaand digby die dorpie Barberton, waar die 55-jarige slagoffer met sy eweneens Nederlandse vrou gewoon het. Peet van Es het nie die aanval oorleef nie maar sy metgesel Arine Prins en ‘n vriend net bekend as Michael het wel.

Vyf gemaskerde swart aanvallers het die plaasmense oorval, die vrou en ‘n familievriend vasgebind en toegang tot die kluis geëis. Prins se gesig is erg gekneus in die aanval.

Vervolgens is die aanvallers na bo, waar hulle die Nederlander na vyf ure se marteling doodgesteek het. Die weduwee het aan die Barberton Times gesê dat die booswigte met juwele en elektroniese ware as buit vertrek het in die motor van die slagoffer.

“Daar is selfs ‘n naam daarvoor: ‘plaasmoorde’, soos in die Afrikaanse woord vir ‘n boerdery”, sê korrespondent Bram Vermeulen. “In 2016 was daar meer as 300 van hierdie soort aanvalle gewees, waarby 64 boere of hul familielede om die lewe gekom het. Dikwels gebeur dit op gruwelike wyses: boere word nie net beroof nie, maar ook gemartel.”

Organisasies wat opkom vir die blanke gemeenskap in Suid-Afrika vind dat die regering onder leiding van die ANC te min doen aan die probleem.

In Nederland het die PVV in die Tweede Kamer vrae gestel oor die kwessie. Die party is bekommerd oor die gebrek aan beskerming vir onder andere blanke boere in Suid-Afrika.

Vrae van die lede De Roon en Bosma (albei PVV) aan die minister van buitelandse sake oor die plaasmoord op ‘n Nederlander in Suid-Afrika, het ingesluit of die regering ‘n verklaring kan gee vir die feit dat die aantal plaasmoorde die laaste tyd besonder toegeneem het.

Die lede wou ook weet in hoeveel persent van die gevalle lei die gruwelike moorde, op meestal blanke boere, eintlik tot ‘n veroordeling?

Beide lede het hul kommer uitgespreek dat die moorddossier tydens die polisieondersoek op gebruiklike Afrika-wyse “onder ‘n dik laag stof sal verdwyn”.

Hulle het ‘n beroep op die Nederlandse owerhede gedoen om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas om die Nederlandse boeregemeenskap in Suid-Afrika teen nog meer bloedvergieting te beskerm en gesuggereer dat die ekonomiese wanbestuur onder die ANC-regime bygedra het tot die kwessie.

“Die vraag is of boere spesifiek ‘n teiken is en of Suid-Afrika net ‘n kriminaliteitsprobleem het waaronder boere ook ly,” sê Vermeulen. “By boere-organisasies asook in sogenaamde ‘ver-regse kringe’ word gesê dat daar agter die plaasmoorde politiek sit: As daar genoeg plaasvind, dan verdwyn die wit boere vanself van die platteland.”

Ondersoeke wat deur die ANC gelei word, kom egter steeds tot dieselfde gevolgtrekking: dit is gewone moorde, en boere net soos ander inwoners van die land is dikwels slagoffers, maar daar is geen politieke agenda daaragter nie.

Die vraag bly egter: Indien dit net “gewone misdaad” is, hoekom word die slagoffers doodgemartel?

Comments

14 responses to “Vrae in Nederlandse parlement nadat burger in plaasaanval sterf”

  1. dolan kriel Avatar
    dolan kriel

    Die anc regering sing gereeld “Kill the boer,Kill the farmer” en die anc het nog nooit die moorde veroordeel nie.Die anc moedig rasisme en haatspraak openbaar aan op blankes.

    1. Charles Avatar
      Charles

      “you don’t say” Nederlanders?
      En nou skrik Nederland ook uiteindelik wakker en word hulle tot (stadige) aksie geroer. Dankie PVV en Geert, julle is bevonk!

      1. dolan kriel Avatar
        dolan kriel

        Ons het Geert ook hier in Suid Afrika nodig.

        1. Charles Avatar
          Charles

          Hoor hoor!

  2. Suidpunt Avatar
    Suidpunt

    Hokaai, stop die lorrie. Hierdie einste Bram Vermeulen skryf op 28 Maart nog vir NOS die volgende:

    “Overigens vinden veel jonge zwarte Zuid-Afrikanen dat de generatie van Kathrada en Mandela te goedkoop hun huid hebben verkocht door de blanken te vergeven, zegt Vermeulen: “Als je hier in het land rondloopt, zie je dat nog steeds alle restaurants en alle dure plekken vooral worden bevolkt door witte Zuid-Afrikanen, ook al maken die maar 10 procent uit van de bevolking.”

    expatNederland het nog die skakel gedeel: http://nos.nl/artikel/2165408-zuid-afrikaan-kathrada-was-een-van-de-laatste-verzoeners.html

    Vermeulen blaas dus haat aan, maar huil snot en trane oor die plaasmoorde. Probeer maar weer.

    1. Charles Avatar
      Charles

      Dankie Suidpunt!
      Nederland is besig om die pad te loop van Swede.
      Die Nederlanders was nog altyd die Afrikaner se grootste libtard vyand gewees.

      1. Suidpunt Avatar
        Suidpunt

        My ouma het met haar laaste reis oor haar heimat gesê: Rotterdam is nie meer Rotterdam nie. Ook die mense het volgens haar oornag verander (sy is in 1951 daar weg, genaturaliseer in Suid-Afrika in die 1960’s, en was in die 1970’s en die 1990’s met vakansie daar in Rotterdam). Dit is werklik jammer. Al glo ek nie in stereotiperende sielkundige verslae nie, toon die Hollander Geert Hofstede se waarneming ( https://www.geert-hofstede.com/netherlands.html ) die Nederlanders is nie meer van die Stoïsynse soort nie – hul ‘impulsiewe sinsgenot’ vlak staan op 68/100. Presies soveel soos Amerika. Uitgeknip. Die Britte staan op 69, die Australiërs by 71. Die Suid-Afrikaanse blankes (wie?) staan kortkop by 63 en die Duitsers by 40. Die Sjinese by 24. Swede se impulsiewe gedrag staan by 78…

        Kortom: Diegene met ‘n hoë impulsiwiteit is gewoonlik gou om hul monde uit te spoel oor sake waarvan hulle niks weet nie.

        Wat Vermeulen betref: hy is maar net nog ‘n politikus met ‘n bottergladde bek.

        1. Nick Avatar
          Nick

          Ek is bekend met Hofstede se navorsing maar nie so seker oor die akkuraatheid daarvan of die interpretasie nie.
          Verwys sy MASCULINITY index : Vergelyk die van Nederland met die van Australië.
          Sy definisie : “A low score (Feminine) on the dimension means that the dominant values in society are caring for others and quality of life. A Feminine society is one where quality of life is the sign of success and standing out from the crowd is not admirable”

          Ek is redelik bekend met die sosiaal politieke kultuur in Australië, en in teenstand met wat baie mense glo, bevind Australië homself vandag totaal in die greep van `n matriargale bestuur – simpatie vir Moslems, swak beeld bevordering en selfs afkraking van die manlike op TV en in die media, `n helse groot onus op elke politikus om “empowerment of women” in sy verkiesings manifes te beklemtoon.
          En as jy die ale standaarde op skool, regering en self universiteit merk, dan is “competition, achievement and success” uiters laag op hul lys van kosbare mylpale. Ek weet ook vir `n feit dat Australië `n uiters hoë aantal bisexual, gay en/of promiskure mans het.

          En Hofstede het dit dat die Hollanners eintlik meer feministies is in hierdie aspek – 14 index teenoor 61.
          Ek weet darem nie.

  3. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Indien die sentiment gehuldig word dat die “ANC te min doen”, is die besef van wat hier aangaan nog glad nie teenwoordig nie. Die ANC stel hoegenaamd nie belang om enigiets te doen nie. Meer explisiete getuienis van marteling by tallose van hierdie moorde, kan daar beswaarlik wees. Met die klassifisering daarvan as gewone misdaad is my stelling oor die ANC onomwonde gestaaf. Sonder daadwerklike aksie kan die Westerse lande maar hulle asems spaar en die “druk” los. Die spul gierigaards is vinnig om ekonomies op te tree en hierdie land ekonomies tot rommel status af te gradeer. Hulle kon eerder die land (regering in besonder) as “boef vyandige staat” geklassifiseer het.

    Soos Skandinawië tipies, verbaas die ligte reaksie van Nederland my allermins. Hierdie lande is self besig om verswelg te word deur hulle eie ondeurdagte visielose liberale handelinge, en die wrangste van vrugte wag op hulle.

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hoe lank al kla ons oor hierdie woorde – nie ‘n piep nie. Nou is dit een van hulle eie mense en nou word daar vrae gevra? Die nederlanders hou van die “donker kant” – kyk maar net wat die nederlandse VN soldate hier in afrika gedoen het. Verder was hulle baie hand op die blaas met die ANC

  5. david ras Avatar
    david ras

    Die “ondersoeke” wat deur die ANC self gelei word se gevolgtrekking is “gewone misdaad”….
    Werklik …?
    Hoe verdoesel mens ‘n terroristiese aanval …? Maklik–steel net iets van die slagoffer.
    Dan verander die STATUS van die daad. Dit word nou “gewapende roof” of soos ons deedsae hoor..”‘n roof wat skeefgeloop het”
    Terrorisme hoef nie noodwendig met bomme gepaard te gaan nie–veral as ‘n redelik weerlose minderheid met ‘n politieke doel geteiken word nie.
    Dit is lankal duidelik uit die aanvalle dat die Nasionaliteit van die slagoffer nie saak maak nie,
    dit is slegs sy wit vel wat saak maak.
    Sekerlik word plaaswerkers ook soms aangeval. Maar hulle word eerder as iets soortgelyk
    as die “Impipis” (nuusdraers) van die struggle jare bejeen. deur die terroriste.
    Aanvalle op hulle is deel van die Druk taktiek op die plaasboere., want hulle is tot ‘n mate die oe en ore van die Boer.
    Die nuutste deel van die taktiek is nou die voorgestelde Wetgewing op buitelandse se grondbesit. Verbied die buitelanders om grond te besit en ‘n deel le braak om grond byna gratis te verkry. Dis mos duidelik dat ‘n buitelander sy grond teen enige prys sal verkoop om darem iets van sy kapitaal belegging terug te kry.
    Met die Buitelanders uit die pad, is ons die volgende. Onthou dat Mbeki Afrikaners beskryf het as “colonists of a special kind” ?
    ‘n Kolonis is noodwendig ‘n buitelander—dus word die tafel stelselmatig gedek vir die
    algehele uitdrywing van die Blankes uit die land.
    In ‘n ANC omsendbrief van Junie 1993 verskyn o.a. hierdie stelling–…surplus land will be
    redistributed among our people….
    Surplus word hier bedoel as alle grond wat hulle nie toe al besit het nie.
    Die vangnet om ons trek al stywer…..
    Wat gaan ons doen..?

    1. Cousin Vinnie Avatar
      Cousin Vinnie

      As mens kyk hoe Brittish American Tobaco nou begin boer het in Zimbawe nadat die blanke Boere daar weg is het mens n goeie idee wat in SA gebeur nê! Moenie vir my sê dis nie politiek gedrewe nie! Kyk net na die sg. “Veterane” wat by Luthuli House gestaan het op 7 April en kyk na hul ouderdomme en dan weet jy dat hulle sekerlik jong opgeleides is wat regstaan vir enige “aksie”!

    2. Charles Avatar
      Charles

      Hulle kan probeer ja…en dan sien ons wat gebeur…

  6. Ernst le Roux Avatar
    Ernst le Roux

    “Hulle [Nederlandse regering] het ‘n beroep op die Nederlandse owerhede gedoen om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas om die Nederlandse boeregemeenskap in Suid-Afrika teen nog meer bloedvergieting te beskerm…” Te moer met die blanke Suid Afrikaanse boeregemeenskap, sorg net vir die Nederlanders wat hier boer! Is die spul idiote van mening dat slegs die lewe van ‘n Hollandse boer waarde het? Jammer Nederland, maar die enigste ding wat julle en die res van Europa tot insig gaan bring is die “afrikamedisyne” van steel, moor en verwoes in julle eie land!

Leave a Reply