Duisende immigrante verdwyn in Duitsland

Die mislukking van Angela Merkel se immigrasiebeleid is blootgelê nadat dit rugbaar geraak het dat een vyfde van derdewêreld aankomelinge verdwyn het in Duitsland. Dis duidelik dat die land onvoorbereid was op die instroming.

Volgens ‘n berig in Die Welt, is die deelstaatowerhede in Brandenburg “op soek na duisende vlugtelinge” wie se “verblyfplek onbekend” is.

Duitse amptenare jag nou meer as 3 000 vlugtelinge in een staat alleen wat van die radar verdwyn het. Die meeste het na Duitsland gekom in 2015 via die sogenaamde Balkanroete, en vrese is aan die toeneem dat ‘n aantal ondergronds gegaan het as terroriste vir die Islamitiese staat (ISIS).

Die vermiste immigrante is aangemeld in die staat van Brandenburg naby die hoofstad Berlyn, toe die kantoor van die staatsaanklaer begin het met terugwerkende regulering van die asielsoekers. “Vyftien tot 20 persent van 18 000 vlugtelinge is skoonveld,” sê aanklaer Ulrich Scherding.

Amptenare erken dat tydens die chaos van die krisis is die data van duisende immigrante “onvoldoende aangeteken” en diegene wat verdwyn het, wag waarskynlik vir hul jihadistiese betaalmeesters se bevele om terreurdade te pleeg.

Die meeste in Brandenburg het via Hongarye en Oostenryk in 2015 aangekom, maar hul huidige verblyfplek is onduidelik, erken die staat se adjunk ministerie van binnelandse sake se woordvoerder Wolfgang Brandt.

‘N SPD politikus, Brandenburg se minister van binnelandse sake, Karl-Heinz Schröter, het gesê dit is “algemeen bekend dat baie mense wat op die hoogtepunt van die beweging van vlugtelinge na Duitsland aangekom het, later verdwyn het van die radar af,” want die tegnologie om vingerafdrukke van al 47 000 vlugtelinge te neem in 2015, het eenvoudig nie bestaan ​​nie, maar “nou is owerhede toegerus met vingerafdrukstoortegnologie”.

Dit is dus waarskynlik dat indien die 20 persent “verdwyn” koers regdeur Duitsland van toepassing is, sou dit beteken dat tienduisende immigrante net skoonveld is sedert 2015.

Verlede week het Angela Merkel herhaal dat dit Europa se plig is om meer migrante te neem, ten spyte van openbare protes. Sy het by die München sekuriteitkonferensie, ook gesê Islam is nie ‘n bron van terreur nie, selfs na ‘n paar dodelike terreuraanvalle in Berlyn, sowel as Parys en Nice.

Noordryn Wesfale, waar ‘n koalisie tussen die SPD en die Groen Party heers, het aangekondig dat alle Afghaanse “vlugtelinge” nie oorhandig sal word aan die sentrale regering vir deportasie nie, selfs al is Afghanistan verklaar as ‘n “veilige” land.

Schleswig-Holstein het ‘n soortgelyke onsinnige verklaring uitgereik, maar Jutta Cordt, die nuut aangestelde hoof van die Federale Buro vir Migrasie en Vlugtelinge (BAMF), het opgemerk daar “is gebiede in Afghanistan wat relatief veilig beskou word. Daar is binnelandse ontsnappingsalternatiewe.”

Hierdie berig is uniek in Afrikaans. U sal dit net op Praag lees want ander bronne wil nie dat u dit weet nie. Sluit asseblief aan en ondersteun die harde werk wat ons doen!

Gordhan sal vandag gapende gat van R28 miljard moet toestop

Die DA sê die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, moet ‘n alternatiewe manier kry om belastingverhoging te vermy, want indien belasting wel verhoog word, sal dit groei aan bande lê.

Die ANC is onder druk om ‘n bykomstige R28 miljard van iewers af te verhaal vir die finansiële jaar om die fiskale gat waarin die land versink, toe te stop.

As Gordhan vandag sy begrotingsrede lewer, sê die DA een van die alternatiewe sal wees om bates te verkoop en verkwisting en staatsuitgawes te besnoei.

Die DA se woordvoerder oor finansies, David Maynier, en sy adjunk, Alf Lees, het die party se belastingalternatiewe op ‘n nuuskonferensie in die Parlement uitgelig.

Lees sê die minister het verlede jaar aangedui dat hy ‘n bykomende R28 miljard in die volgende geldjaar moet insamel.

Die minister “is besig om te verdrink in rooi ink” van beleid om die armes op te hef en om die boeke te balanseer word ‘n aankondiging van ‘n kombinasie van direkte en indirekte belastingverhogings gemik persoonlike inkomstebelasting, verwag.

Sowat R428.5 miljard, of 37 persent van belastinginkomste van die staat, in 2016/17 kom van persoonlike belasting.

Daar word verwag dat brandstof, rykdom, suiker en tabak belastingverhogings te wagte kan wees.

Intussen het die ANC-LP, Makhosi Khoza bevestig dat sy haar posisie op die parlement se staande komitee oor finansies moes ontruim.

Khoza sê die rede hiervoor is nie duidelik nie. Daar word bespiegel dat haar vertrek ruimte skep vir die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe wat eersdaags as parlementslid ingehuldig sal word.

Khoza sê ‘n brief wat haar inlig oor haar nuwe rol op die komitee oor die staatsdiens is 8 Februarie gedateer, maar sy het die brief eers verlede week ontvang.

Opposisiepartye is gekant teen Molefe se inhuldiging en beweer dat hy voorberei word vir die posisie van minister van finansies.

Khoza het verdere navrae na die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu verwys.

Die ANC het intussen teruggekrabbel oor ‘n vorige verklaring dat Molefe môre tydens die begrotingsrede as ‘n LP ingehuldig sal word.

Die ANC se woordvoerder in die parlement, Nonceba Mhlauli sê hulle was onder die indruk dat die inhuldiging sou saamval met die minister van finansies, Pravin Gordhan, se begrotingsrede.

Daar word nou gewag op die bevestiging van ‘n nuwe datum. Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo sê daar is nog nie op ‘n datum besluit nie.

Molefe het by Eskom bedank nadat die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela se verslag oor staatskaping vrygestel is.

Molefe word in die verslag beskuldig van ‘n onbehoorlike verhouding met die Guptafamilie.

Graderingsinstansies S&P Global en Fitch Ratings steun Gordhan en het in Desember deur die behoud van hul belegging-graad graderings op die land se skuld, gewys hulle het vertroue in hom.

Maar hulle het gewaarsku dat politieke onrus, lae groei en verontagsaming van die begrotingsteiken die risiko van ‘n afgradering sal verhoog.

Om van Gordhan ontslae te raak, “sal ‘n baie negatiewe markeffek hê,” sê John Ashbourne, ‘n ekonoom by Capital Economics in Londen.

Wilders maak ongewone openbare verskyning vir veldtog

Sekuriteit sal hul hande vol hê met Geert Wilders tydens sy verkiesingsveldtog. Hy het Saterdag in Spijkenisse, ‘n voorstad van die PVV-vesting van Rotterdam, Nederland, ‘n seldsame openbare verskyning gemaak.

Op 10 November 2004 is twee aanvallers gevang ná ‘n uur lange beleg van ‘n gebou in Den Haag. Hulle was in besit van drie handgranate om Wilders te vermoor. Die verdagtes was vermoedelik lede van wat die Nederlandse intelligensie-agentskap, die Algemene Inlichtingen- en Veiligheidsdienst, die sogenaamde Hofstadgroep noem.

Die lede van hierdie terroriste-organisasie het gereeld bymekaar gekom in die Amsterdamse huis van Mohammed Bouyeri, die moordenaar van Theo van Gogh. Sedert dié voorval is Wilders onder konstante bewaking as gevolg van gereelde bedreigings teen sy lewe.

Wilders het ‘n oproep gedoen vir die sluiting van al die moskees in Nederland en ‘n verbod Moslem immigrasie, berig Reuters.

Hy het Marokkane as “vuilgoed” beskryf.

Rotterdam, ‘n hawestad, spog met ‘n groot Moslem-bevolking, omdat die Moslem burgemeester van Rotterdam Ahmed Abou Taleb, wat die Nederlandse Arbeidersparty verteenwoordig, lief is vir linkse multikulturalisme.

Abou Taleb, die seun van ‘n imam in die noorde van Marokko, het verhuis na Nederland in 1976. Rotterdam, die tweede grootste stad in die land met ‘n bevolking van meer as 610 000 het die eerste immigrant in so ‘n posisie in Nederland aangestel.

“Ek wil hê dat ons in die regering moet wees,” het Wilders verlede week gesê ten einde Nederland te “de-Islamiseer”.

In ‘n onderhoud Donderdag met Associated Press, het Wilders gesê die voorstel, wat insluit die sluiting van die land se grense teen migrante uit Islamitiese lande, die sluiting van al die moskees en ‘n verbod op die Koran, is wetlik korrekte maatreëls.

Wilders het ook geskimp dat grondwetlike verandering moontlik is, want ‘n “grondwet is nie iets wat in klip gegiet is en nooit verander kan word nie”.

Vrydag het sy party wetgewing voorgestel om ‘n tradisionele Nederlandse sprokiesfiguur, Zwarte Piet te behou, volgens die plaaslike media. Zwarte Piet, is St Nicholas se swart helper in die Nederlandse tradisie van Sinterklaas, maar die swartgesmeerde gesigte, ‘n uitbeelding van die karakter, het kritiek van linkses wat sê dit is “rassisme” uitgelok.

Volgens ‘n senior lid van Wilders se party, Harm Beertema, is die werklike belang van “hierdie klein wet” want “die aanval op Sinterklaas is tot nou toe mees suksesvolle aanval in die oorlog teen ons identiteit. Dit gaan oor die bewaring van ons kultuur”.

Die Turkse-gebore Arbeider LP Selcuk Ozturk het PVV-lede in die parlement gekoggel: “Kyk hoe sit hulle daar,” het die vyandige Ozturk neerhalend gekekkel, verwysende na Martin Bosma en Machiel de Graaf, as “die dienaars van Geert”, het die Volkskrant berig.

Wilders loop voor, met liberale aanspraakmaker premier Mark Rutte agter. Rutte is effens aangehelp deur sy eie herhaling van anti-immigrasie retoriek en rooskleuriger ekonomiese vooruitsigte.

Groot partye het ‘n koalisie met Wilders uitgesluit, maar ‘n oorwinning vir Wilders, ‘n Franse bondgenoot in Marine Le Pen, asook die opkoms van die AlternatieF vir Duitsland – almal anti-immigrasie partye wat hoop om die Europese politiek op sy kop te draai – sal so ‘n besluit ongedaan maak.

Maak ‘n verskil en sluit vandag nog aan by Praag! U sal nie hierdie nuus in enige ander Afrikaanse publikasie lees nie. Die meeste wil nie hê u moet van die opkoms van nasionalisme in Europa weet nie, want dit gaan ‘n Afrikanertoekoms skep.

Vermiste man se lyk gevind

Die man wie se vrou gedurende ‘n plaasaanval vermoor is, se lyk is gevind naby dié van sy vrou.

Roger Solik (66) en sy vrou Christine van ‘n plaas in die Nottingham Road omgewing in KwaZulu Natal, is Vrydag aangeval.

‘n Soektog is van stapel gestuur nadat die leë huis met bloedvlekke ontdek is.

Die vrou se liggaam is eers ‘n dag later, ongeveer 70km van die huis in die Inzingarivier aangetref. Haar hande was agter haar rug vasgebind.

Solik het aan Parkinsonsiekte gely en kon nie sonder sy medikasie praat of loop of self oor die weg kom nie.

‘n Polisiesoektog is van stapel gestuur en Solik se lyk is glo ongeveer 2km van dié van sy eggenoot opgespoor.

Treine bots reg van voor buite Pretoria

Treindienste tussen Pretoria en Ga-Rankuwa is opgeskort ná die treinongeluk buite Pretoria waarin meer as honderd mense Maandagaand beseer is.

Twintig is glo in ‘n ernstige toestand. Die oorsaak van die ongeluk en hoe twee treine op dieselfde spoor kon beland, is nog nie bekend nie. Die beseerdes is na verskillende hospitale vervoer. Net 38 pasiënte is steeds in die hospitaal.

Twee treine het by die Lyncross-stasie buite Pretoria reg van voor teen mekaar gebots. ‘n Woordvoerder van Metrorail, Lillian Mofokeng, sê alle treinpendelaars wat die roete tussen Pretoria en De Wildt oor Rosslyn gebruik, sal deur die ongeluk geraak word.

Sy sê busse sal op die stasies beskikbaar wees om pendelaars te vervoer, maar vra dat mense waar moontlik van alternatiewe vervoer sal gebruik. Mofokeng het ‘n beroep op pendelaars gedoen om geduldig te wees.

Metrorail sê hy stel ondersoek in na die oorsaak die ongeluk buite Pretoria.

Mofokeng sê die treindienste tussen De Wildt en die middestad bly opgeskort tot verdere kennisgewing.

Dis ‘n gevaarlike werk om ‘n Russiese gesant te wees

Rusland se ambassadeur in die VSA, Witali Tjurkin, is in sy kantoor in New York dood aan ‘n “hartaanval” net ‘n dag voor sy verjaarsdag. Hy was 64 jaar oud.

Dié werk begin besonder gevaarlik lyk. Dit is nou derde sleutelpersoon wat skielik beswyk aan onverwagte “natuurlike oorsake”.

Die Russiese Ministerie van Buitelandse Sake het geen besonderhede oor Tjurkin se dood bekendgemaak nie. Die ambassadeur was ‘n uitnemende gesant van Rusland.

Die Obama-administrasie se ondersteuning vir ISIS en bombardering van die Siriese stad Aleppo, is deur Russiese ingryping omgekeer.

Toe die Amerikaanse diplomaat by die Verenigde Nasies, Samantha Power, Rusland verlede jaar daarvan beskuldig het dat hy aanspreeklik is vir “gruweldade” in Sirië, het Tjurkin gesê sy tree soos Moeder Teresa op en vergeet van Amerika se aanvalle in die Midde-Ooste.

Nog ‘n Russiese gesant Andrei Malanin, 55, is dood op sy badkamervloer gevind deur ‘n ander lid van die ambassade personeel, het ‘n Griekse polisiebeampte op 11 Januarie deser in Athene bevestig.

Volgens Associated Press het die Griekse polisie ‘n moordondersoek-eenheid ingeroep omdat hulle onraad vermoed het.

Malanin se dood was drie weke nadat die ambassadeur van Rusland in Turkye, Andrei Karlov, vermoor is deur ‘n polisiebeampte terwyl hy by ‘n foto-uitstalling in Ankara opgetree het. Sy moord is op kamera vasgevang.

Griekeland se eertydse ambassadeur na Rusland is ook onder vreemde omstandighede in Brasilië oorlede.

Meubelsaak vra om verskoning oor slegs-mans katalogus

Ikea Israel het ‘n verskoning uitgereik omdat sy meubelkatalogus net mans en seuns bevat en geen vroue nie.

“Ons besef dat mense ontsteld is daaroor en dat die publikasie nie voorhou waarvoor IKEA staan nie, en ons vra om verskoning hiervoor,” het die uitvoerende hoof Shuky Koblenz in ‘n verklaring gesê.

Vroeër het die Israeliese kantoor van IKEA, ‘n internasionale Sweedse meubelsaak, ‘n verklaring uitgereik om die katalogus te verduidelik as ‘n besluit wat geneem is “na versoeke wat ons ontvang het, om ‘n alternatiewe en spesiale katalogus uit te gee, wat toelaat dat die godsdienstige en Ortodokse gemeenskappe dit kan geniet om deur ons produkte te blaai en die oplossings te vind wat IKEA bied in ooreenstemming met hul leefstyl.”

Die Israeliese tak van die Sweedse meubelreus het die katalogus beskryf as ‘n poging om die ultra-Ortodokse Jode as kliënte te lok, aangesien hulle 10 persent van Israel se 8,6 miljoen burgers is wat ‘n streng interpretasie van Joodse wette volg.

Ultra-Ortodokse vroue dra lang rompe, lang moue en kopdoeke, en beskou foto’s van vroue as onwelvoeglik en teen godsdienstige reëls.

Die gereelde Ikea katalogus in Israel beskik oor ‘n “multikulturele” groep mans en vroue, met gay en gemengde-ras paartjies, terwyl die slegs-mans katalogus ultra-Ortodokse mansmodelle toon wat sybaarde en kippas dra.

Die items wat uitgelig word, sluit boekrakke in wat uitgebreide versamelings van boeke oor die Joodse wet bevat, en klaptafels en opslaanbeddens bedoel om besoekers tydens groot familiebyeenkomste op Joodse vakansiedae te akkommodeer.

Die tekste in die katalogus is ook daarop gemik om die ultra-Ortodokse Jode te trek. As sodanig, bykomend tot ‘n tafel gedek vir die Sabbat en rakke vol van gebedsboeke, is daar onderskrifte wat kliënte vertel hulle kan “die familie samesyn geniet”.

Dit is nie die eerste keer dat Ikea verontwaardiging met sy promosiemateriaal ontlok nie. In 1994 het die maatskappy ‘n advertensie met ‘n gay paartjie in die VSA gebruik, waarna godsdienstige konserwatiewes die maatskappy geboikot het.

In 2012, het Ikea vroue uit hul katalogusse uitgehaal vir die Saoedi-Arabiese mark en in 2013, is die maatskappy gekritiseer deur LGBT aktiviste vir weglating van ‘n storie oor ‘n lesbiese paartjie in die Russiese uitgawe van sy winkeltydskrif. Die artikel was teen die wet in Rusland wat positiewe uitbeeldings van gay mense verbied.

Man steeds vermis na sy vrou in plaasaanval vermoor is

‘n Man wie se vrou gedurende ‘n plaasaanval vermoor is, word steeds vermis.

Roger Solik en sy vrou Christine van ‘n plaas in die Nottingham Road omgewing in KwaZulu Natal, is Vrydag aangeval.

Die vrou se liggaam is eers ‘n dag later, ongeveer 70km van die huis in die Inzingarivier aangetref. Haar hande was agter haar rug vasgebind.

Solik ly aan Parkinsonsiekte en kan nie sonder sy medikasie praat of loop of self oor die weg kom nie.

‘n Polisiesoektog is van stapel gestuur en die gemeenskap word ook gevra om hulle by te staan.

Britse egpaar op hul plaas in Dullstroom aangeval

Die polisie in Mpumalanga soek na drie swartes wat die naweek ‘n bejaarde Britse egpaar op hul plaas in Dullstroom aangeval het.

Robert Lynn en sy vrou Sue Howarth is in ‘n bedenklike toestand in ‘n hospitaal in Middelburg na ‘n plaasaanval naby Dullstroom.

Lynn was voorheen ‘n ingenieur by Eskom voordat hy op die plaas March land gaan aftree het.

Die vrou het ‘n plastieksak oor haar kop gehad en was besig om te versmoor. Sy is steeds in ‘n koma. Die man is met ‘n blaasvlam gemartel en het steekwonde aan sy rug en bene gehad.

Die egpaar se skootrekenaars is nie gesteel nie.

Die drie aanvallers het blykbaar geld geëis. Die bejaardes is erg aangerand en is gedwing om hul bankkaarte en geheime nommers te gee.

Die aanvallers het met die egpaar se voertuig gevlug. Die bejaardes is op die pad tussen Dullstroom en Lydenburg afgelaai waar ‘n verbyganger hulle opgelaai en na ‘n hospitaal geneem het.

Die polisie het ‘n beroep op mense gedoen wat inligting het om die Stop Misdaadnommer te skakel.

Starbucks beledig Italianers met palmbome langs ikoniese katedraal

Inwoners van Milaan is woedend oor die skielike verskyning van ‘n spul palmbome wat die beroemdste katedraal in Milaan, ‘n 14de-eeuse Gotiese wonder bekend as die Dom van Milaan, verbloem.

Hulle sê die nie-inheemse plante langs ‘n ikoniese Italiaanse argitektuurbesienswaardigheid is uit plek.

Nasionaliste voel die plant-projek, geborg deur Starbucks, die Amerikaanse koffiereus, ‘n bykomende belediging is vir koffiemal Italianers. Italië spog met ‘n netwerk van meestal onafhanklike koffiekroeë wat uiteindelik strawwe kompetisie van die Amerikaanse multinasionale bedryf in die gesig kan staar.

Die 42 palmbome, sommige van hulle vyf meter hoog, is die eerste plante wat piesangbome in die skaduwee van die katedraal ook insluit.

“Palms en piesangs in Piazza Duomo! Al wat ons nou nodig het is kamele en ape en ons sal regtig Afrika in Italië wees,” het Matteo Salvini, leier van die Noordelike Liga, verklaar.

Die anti-immigrasie politikus het gewaarsku dat Starbucks duisende swart migrante kan gebruik in die toekoms vir Starbucks se Italiaanse afsetpunte, nadat die maatskappy voorgestel het dat hulle werk aan “vlugtelinge” sal gee.

“Sover hul koffie betref, sal ek myne iewers anders koop,” sê Salvini.

Verskeie Italianers in Milaan is gewalg deur die palmbome, maar ‘n swarte het gesê hy voel tuis toe hy gevra is of die bome daar welkom is. Hy het geantwoord: “Ja, dit is ‘n goeie atmosfeer”.

Italië het intussen ook ‘n linkse wet probeer deurdwing met boetes van tot €10.000 en gevangenisstraf van tot twee jaar vir die verspreiding op die internet van “vals, oordrewe of kwetsende nuus” of diegene wat verantwoordelik is vir “veldtogte van haat” omdat Afrika en piesangbome nou die onderwerp van spot geword het na die Starbucks-plan.

Die konsepwetgewing sal nie van toepassing wees op koerante nie. Papiernuus sukkel om met die internet mee te ding.