Die Instituut vir Sekerheidstudies het ‘n beroep op die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa gedoen om toe te laat dat meer gereelde en gedetailleerde inligting oor sogenaamde nuwe misdade in die land bekend gemaak word.
Die ISS het die vorige syfers van ‘n afname in geweldsmisdaad verwelkom, maar verwag dat die nuwe misdaadstatistiek wat vandag bekend gemaak word, op ‘n toename in eiendomsmisdaad sal dui.
Die hoof van die ISS se misdaad en geregtigheidsprogram, Gareth Newham sê die vorige statistieke toon nie sekere nuwe ernstige veiligheidsbedreigings in die land nie.ISS
Hy sê dit is misdade soos korrupsie, openbare geweld, groepmoorde, politieke sluipmoorde en huishoudelike geweld.
Mthethwa sal die misdaadstatistiek vir 2012/2013 vanoggend by die Tshwane Opleidingsakademie in Pretoria-Wes bekendmaak.
Die ISS word ondersteun deur Kanada, Denemarke, Finland, Japan, Noorweë, Spanje, Swede, Switserland, Nederland en die VSA. – RSG
Duitse amptenarehet bevestig datBerlynchemikalieëna Sirië versend het wat moontlikgebruik kan word om Saringaste maak.Die regeringhet egter benadrukdat hulle vol vertroue is dat die“tweeledige-gebruik“chemikalieënievir militêre doeleindes aangewend is nie.
Duitslandhet meer as100ton van diebestanddele wat ook virdie vervaardiging van dodelikegas gebruik kan word, tussen 2002 en2006 uitgevoer.
“Diepermitte[vir die lewering vandiechemikalieë] is toegestaan isná ‘ndeeglike ondersoekvan allemoontlike risiko’s, insluitenddie gevare vanmisbruik enherleidingmet die oog opmoontlike gebruikinverband metchemiese wapens,” hetDuitsland seMinisterie van Ekonomiegesêin‘n verklaringin reaksieop‘n formeleversoek van ‘n opposisieparty.
“Ek kan nie glodat Duitsland‘ntotaal van meer as111tonchemikalieëna Sirië versend het wat gebruik kan word omSarinte produseer nie. En ditin‘n land watbekend is daarvoor dat hulle ‘n chemiesewapenprogramhet,” hetJan vanAken,‘nopposisielid, wapendeskundige envoormalige VN-wapeninspekteur, gesê.
Die eerste stelafleweringsisin 2002-2003 gemaak,onder diesentrum-linkseregeringvanGerhardSchroeder.Die tweedeisgemaakin2005-2006,onder die huidigesentrum-regseregering.
“Volgensdiebevindingewattot my beskikking,is dit gebruik virburgerlikeaanwending,“ het kanselierAngelaMerkelgesêin‘n onderhoudmet die plaaslikeARDtelevisie.
‘n Verslag van VN inspekteurs oor verlede maand se chemiese wapenaanval op Damaskus dui daarop dat die vuurpyle wat die senugas bevat het, afgevuur is van die basis van een van die land se elite militêre eenhede wat oor die stad uitkyk, het RSG berig.
‘n Senior VN-diplomaat in New York sê besonderhede oor die omvang van die aanval, die vuurpyle wat gebruik is en inligting oor die trajek in die verslag maak dit duidelik dat die Siriese regering vir die aanval verantwoordelik was.
‘n Verslag van Human Rights Watch het ook gesê die vermeende vlugroete van die vuurpyle wat deur die VN- inspekteurs gemeld word, lei terug na ‘n basis van die Republikeinse Wag in die dieselfde gebied.
Voorlopige uitslae wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie vrygestel is, toon dat die ANC in wyk ses teen die DA gewen het.
In wyk 18 het die ANC teen ‘n onafhanklike kandidaat gewen, maar wyk 26 is weer deur ‘n onafhanklike kandidaat, Butiki Mahlabe, ingepalm.
Die hoof van die OVK in Noordwes, Dr Tumelontle Thiba het die uitslae vroeër bekendgemaak. Volgens Thiba het tussen 38 en 39 persent van kiesers opgedaag om hulle kruisie te trek.
Die ANC het hulle oorwinning in twee van die wyke gevier en gesê dit is duidelik dat die party weer beheer van die munisipaliteit kan terugwen.
Die DA in Noordwes het hulle teleurstelling oor die uitslae van Woensdag se tussenverkiesings in die Tlokwemunisipaliteit in Potchefstroom uitgespreek, maar gesê hulle is nogtans verlig dat die ANC net twee uit die drie wyke gewen het.
Die DA het slegs wyk ses betwis, maar het die onafhanklike kandidate in die ander twee wyke gesteun.
Die ANC het minder steun gehad het as twee jaar gelede in die wyke wat hulle gewen het.
Die uitvoerende hoof van die Waterhulpbronkommissie, Dhesigen Naidoo, sê Suid-Afrika het ‘n unieke geleentheid om ‘n nuwe wêreldstandaard vir die ontrekking van gas deur hidrobreking te stel.
Hy het ‘n nasionale konferensie oor grondwater in Durban toegespreek waar die omstrede vooruitsigte van hidrobreking in die Karoo bespreek is.
Naidoo sê Suid-Afrika kan dit nie ignoreer dat die land oor gasbronne beskik wat kan help om die land se energietekorte te verlig nie.
Naidoo sê Suid-Afrika is nou by ‘n soortgelyke kruispad soos aan die begin van die goudstormloop aan die Witwatersrand in die 1880’s. – RSG
‘n Vermeende baasbrein agter renosterstropery is in ‘n klein dorpie naby die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem.
Volgens SANparke was dié “waardevolle” arrestasie die gevolg van ‘n uitgebreide ondersoek deur ‘n spesiale polisie-eenheid.
Die man is by Cork Trust-village in hegtenis geneem.
Volgens ‘n woordvoerder van SANparke, Ike Phaahla, “word daar vermoed dat die persoon deel van ‘n groep stropers is wat in die Krugerwildtuin en ander reservate in die omgewing bedrywig is.”
Polisie het beslag gelê op dele van wat glo ‘n renosterkarkas is, asook ‘n SANparke-veldwagter-uniform, jagtoerusting, vuurwapens en ammunisie.
In ‘n ander voorval is drie vermeende stropers in hegtenis geneem ná ‘n skietery tussen wildbewaarders en stropers in die Malelane-omgewing van die park.
Een van die vermeende stropers is gewond. Die polisie het beslag gelê op wapens en toerusting. – Sapa
Die Franse Senaat het ‘n voorstel goedgekeur om skoondheidskompetisies vir meisies jonger as 16 jaar te verbied.
Die voorstel is Dinsdag deur 146 wetgewers gesteun. Slegs een senaatslid het daarteen gestem
Dié wetsontwerp volg na omstredenheid oor modefoto’s van ‘n 10-jarige Franse meisie wat in Desember 2010 in die Vogue-tydskrif verskyn het.
Die meisie, Thylane Loubry Blondeau, en twee ander, was uitgedos in stywe rokkies, hoë hakke, duur juweliersware en swaar gegrimeer.
Vogue het destyds die foto’s verdedig en gesê dit is bloot ‘n uitbeelding van die meeste jong meisies se fantasieë – om soos hul ma’s aan te trek.
Blondeau se ma, ‘n ontwerper wat voorheen ‘n aktrise was, het verder verontwaardiging veroorsaak deur op haar blog te skryf dat haar “dogter nie naak is nie; moet tog nie alles so uit verband ruk nie.”
Die Vogue-foto’s is nie net in Frankryk nie, maar wêreldwyd gekritiseer. – AFP
Een van die eerste mans wat kragtens Frankryk se nuwe wet op gay-huwelike getroud is, is Woensdag gevangenisstraf opgelê nadat hy sy maat aangerand het enkele ure nadat die paartjie getroud is.
Die polisie in die Franse stad Alencon sê hulle het die 22-jarige man Sondag in die vroeë oggendure by die homoseksuele paar se huis in hegtenis geneem.
Die man se lewensmaat het getuig dat hy met die kop gestamp is en herhaaldelik geslaan terwyl hy op die grond gelê het, ná ‘n drinksessie wat deur ‘n rusie oor die twee se skoonma’s veroorsaak is.
Die man, het glo ook twee polisiebeamptes aangerand en beseer. Die aangeklaagde het Maandag in ‘n hof verskyn.
Ten spyte van sy pleidooie vir ‘n ligte straf vir sy lewensmaat is die man tronkstraf van twee jaar opgelê waarvan ses maande opgeskort is.
‘n Wet wat aan gays die reg gee om te trou en kinders aan te neem het in Mei in Frankryk in werking getree. – AFP
Die situasie in Bekkersdal aan Gauteng se Wes-Rand is gespanne nadat die polisie van rubberkoeëls gebruik moes maak om meer as ‘n duisend klipgooiers uiteen te jaag.
Die oproermakers wou ‘n griefskrif met eise vir beter dienslewering aan Westonaria se munisipaliteit oorhandig. Hulle eis dat die raadslede bedank.
Die skare mense het aanvanklik uiteen gegaan, maar daarna weer vergader om na die munisipale kantore te loop.
‘n Polisievoertuig is onder meer met klippe bestook en gemeenskapleiers vergader met die polisie om ‘n ooreenkoms te bereik om toe te laat dat die optog na die munisipale kantore voortgaan.
Oproermakers is vroeër in hegtenis geneem nadat geweld Dinsdagnag in die gebied uitgebreek het.
Agttien mense isgearresteer toe sommigeinwoners ander gedwing het omaan te sluitbydieoproer, het konstEvelynMatabanegesê.
Elf isin hegtenis geneem viropenbare gewelden sewe vir buitelanders se winkels wat hulle geplunder het. – Sapa
‘n Oud-onderwyser uit die Vrystaat,een van‘n paarmans wat daarvan beskuldigword dat hulle ‘n deelvan ‘n kinderpornosindikaat is, hetWoensdagindieBloemfonteinse landdroshofverskyn.
Die saak teen diemanis uitgestelvir verdere ondersoektot28 Oktober.
InAugustus het talle mans waaronder ‘n afgetredeskoolhoof,verskyninverskeie Suid-Afrikaansehowe.
Die polisie het op‘nwenk vanInterpolop 15 Augustusgereageer toe dieses mansinvier provinsiesvir die besit vankinderpornografie vasgevat is.Hulleis in hegtenis geneeminLichtenburg, Potchefstroom,Bloemfontein,Witrivier,Douglasdale,enFlorida.
‘n Prokureur,‘n dermatoloog,en ‘n sakemanis van dieses.Almal wordverdink van betrokkenheid by‘n internasionalekinderpornografie-sindikaat,het die polisie vroeër gesê.
Die polisie ondersoek ook of diesesbetrokke wasin die verspreidingen vervaardiging vankinderpornografie,en indien hullegekoppel is aan‘n internasionalesindikaat.
Ditisdie saak het skakels naKanada,die VerenigdeKoninkryk,die VerenigdeState van Amerika, Wes-Europa,en Australasië. – Sapa