Een van die eerste mans wat kragtens Frankryk se nuwe wet op gay-huwelike getroud is, is Woensdag gevangenisstraf opgelê nadat hy sy maat aangerand het enkele ure nadat die paartjie getroud is.
Die polisie in die Franse stad Alencon sê hulle het die 22-jarige man Sondag in die vroeë oggendure by die homoseksuele paar se huis in hegtenis geneem.
Die man se lewensmaat het getuig dat hy met die kop gestamp is en herhaaldelik geslaan terwyl hy op die grond gelê het, ná ‘n drinksessie wat deur ‘n rusie oor die twee se skoonma’s veroorsaak is.
Die man, het glo ook twee polisiebeamptes aangerand en beseer. Die aangeklaagde het Maandag in ‘n hof verskyn.
Ten spyte van sy pleidooie vir ‘n ligte straf vir sy lewensmaat is die man tronkstraf van twee jaar opgelê waarvan ses maande opgeskort is.
‘n Wet wat aan gays die reg gee om te trou en kinders aan te neem het in Mei in Frankryk in werking getree. – AFP
