District 9: moeisame Hollywood-propaganda

Image

‘n Jong Suid-Afrikaanse filmmaker, Neill Blomkamp, het ‘n rolprent by name District 9 gemaak. As die naam van die prent nie onmiddellik die intrige verklap nie (dink aan Distrik 6 destyds), is die inhoud van die rolprent uiters banaal en voorspelbaar.

‘n Ruimteskip verskyn bokant Johannesburg. Die klein groen mannetjies (lees: anderskleuriges) aan boord word na hul eie woongebied, District 9 (lees: Soweto), verban (lees: apartheid.) Swaar gewapende veiligheidsmagte hou die ruimtewesens in toom. (Die vorige bedeling se SAP en SAW.) Wikus (’n stereotipiese Afrikaner – jy en ek wat glo so wreed en militaristies is) help om die ruimtewesens te onderdruk. Wikus beleef egter ‘n Damaskuservaring en kom tot ander insigte. Hulle is, behalwe vir die uiterlike, nes ons, is die boodskap.

Gaap. Hoe fantasties oorspronklik. Dit moes seker ‘n hele halfuur gesneem het om die draaiboek te skryf. ‘n Nobelprys vir die letterkunde wink. Of nie.

Die probleem is dat sulke Hollywoodse multikulti-drek en propaganda nooit die hele verhaal vertel nie. ‘n Veel meer realistiese draaiboek sou gehandel het oor hoe, toe die mense tot ander insigte kom oor die ruimtewesens en District 9 afskaf,  dit lei na:

  • Ongebreidelde misdaad, wetteloosheid en die moord deur die ruimtewesens op onskuldige mense en hoe die ruimtewesens mense dikwels martel voordat hulle vermoor word.

  • Hoe die mense moet terugstaan by die werk vir die ruimtewesens op grond van permanente (ruimte)stellende aksie, omdat die ruimtewesens nie op gelyke voet met mense kan meeding nie.

  • Hoe die mense agv die heersende religie nie durf vra waarom die ruimtewesens nie op gelyke voet kan meeding nie. Niemand mag vra of die ruimtewesens nie miskien minder intelligent is as die aardbewoners nie. (Ons sal maar die inkonsekwentheid ignoreer dat die ruimtewesens in die storie ‘n ruimteskip kon bou, anders as sekere kontinente se bewoners wat nooit daarin kon slaag om ‘n seilskip te bou wat oseane kon oorsteek nie.)

  • Hoe mense gedwing word om miljoene van die ruimtewesens wat vinnig voortplant, te onderhou ten koste van hulself.

  • Hoe die aarde se infrastruktuur deur die ruimtewesens wanbestuur en vernietig word.

  • Hoe die mense gedwing word om die vreemde taal van die ruimtewesens te praat, en hoe die aandrang van mense op die gebruik van menslike taal gesien word vir ruimte-isme.

Hollywood is egter in die greep van die religie van nie-rassigheid en glo aan hulle eie multikulti-snert. Realisme en ‘n nugtere ondersoek na wesentlike probleme veroorsaak deur die godsdiens van nie-rassigheid, is heeltemal te veel gevra. Dit sou inderdaad vir die linkse kabaal wat Hollywood beheer, neerkom op kettery teen iets wat vir Hollywood en die linkses heel letterlik ‘n godsdiens is.

District 9 het kennelik by die loket in Amerika die pas afgelope naweek uitstekend gevaar. Die vraag is egter of Suid-Afrikaanse gehore hul swaarverdiende geld op sulke moeisame propaganda sal wil uitgee. Ek kan aan baie beter dinge dink om te doen as om ‘n paar rand en ‘n paar uur aan afgodediens by die tempel van nie-rassigheid te wy.

Lewer kommentaar oor District 9 op Anton Barnard se woernaal SAmizdat waar nog van sy skrywes te sien is.

online casino slotФильчаков прокурор харькова

DNS kan maklik vervals word

Wetenskaplikes in Israel het gewys dat dit moontlik is om DNS-getuienis te fabriseer en daardeur die geloofwaardigheid van wat beskou is as die goue maatstaf van bewys in strafsake, te knou.

Die wetenskaplikes het bloed- en speekselmonsters met DNS-inhoud van 'n ander persoon as die skenker vervaardig. Hulle het ook gewys dat hulle met toegang tot 'n DNS-databasis 'n monster kan vervaardig wat 'n spesifieke persoon se profiel pas, sonder dat hulle enige weefselmateriaal van dié betrokke persoon verkry het.

"Jy kan 'n misdaadtoneel skep," sê Dan Frumkin, hoofouteur van die studie wat in die joernaal Forensic Science International gepubliseer is. Die titel is Genetics. “Any biology undergraduate could perform this.”

Dr. Frumkin is 'n stigterslid van Nucleix, 'n maatskappy in Tel Aviv, wat 'n toets ontwikkel het om werklike DNS-monsters van vervalste monsters te onderskei. Hy hoop om dit aan forensiese laboratoria te bemark.

Nie net is dit moontlik om vals DNS-materiaal by 'n misdaadtoneel te plant nie, maar die skending van privaatheid raak ook toenemend makliker.

Van die tegnieke kan gebruik word om 'n bekende persoonlikheid se DNS van 'n gebruikte plastiekkoppie of sigaretstompie te oes en 'n speekselsmeer te vervaardig wat aan genetiese toetse onderwerp kan word. Voorgeslagte en die risiko van sekere siektes kan so bepaal word.

Bekendes sal aanstons die "genetiese paparazzi" begin vrees sê Gail H. Javitt van die Genetics and Public Policy Center by die Johns Hopkins University.

Tania Simoncelli, wetenskapraadgewer van die American Civil Liberties Union, sê die bevindinge is kommerwekkend. Dit is baie makliker om DNS by 'n misdaadtoneel te plant as vingerafdrukke, meen sy.

'n Standaardtegniek bekend as heelgenoomamplifikasie kan gebruik word om DNS-materiaal by bloed te voeg waarvan die witbloedselle, wat DNS bevat, verwyder is. Sodoende kan die oorsprong van die bloed verander word om 'n ander profiel te pas.

кофта обманка для мальчика купить для школыАлександр Фильчаков Васильевич

Swart polisiemanne probeer Afrikanermotoris beroof

Image

Howard Yawa, LUR vir veiligheid in Noordwes

Twee swart polisiemanne van Brits is aangekla van moord, diefstal en motorkaping nadat hulle na bewering 'n Afrikaner van Brits probeer dwing het om 'n "kontantboete" te betaal.

Christiaan Wynand Rudolf Nel is Maandoggend om 3.00 vm. deur die twee swart polisiemanne van die pad af getrek in 'n polisievoertuig, kwansuis omdat hy 'n rooi verkeerslig in die hoofstraat van Brits geïgnoreer het, het 'n woordvoerder van die Noordwespolisie, superintendent Junior Metsi, gister gesê.

"'n Rusie het gevolg oor 'n beweerde spoedoortreding en die twee polisiemanne het 'n afkoopboete van R2000 uitgeskryf."

Nel het sy vriendin gebel en het gereël om haar by 'n nabygeleë vulstasie te ontmoet waar die geld getrek sou word.

"Die meisie het haar vader om hulp gevra, wat 'n veiligheidsmaatskappy se hulp ingeroep het. Die geld is getrek en aan Nel gegee, waarop die polisiemanne en Nel weggery het, met een van die polisielede wat Nel se voertuig bestuur."

Die veiligheidsmaatskappy se motor het hulle egter agtervolg tot by 'n plek waar Nel R1000 aan die polisie oorhandig het.

"Dit lyk asof een van die swart polisiemanne van die veiligheidsmaatskappy se waarneming bewus geraak het, paniekerig geraak het en weggejaag het. Nel het in die rigting van die veiligheidswagte gehardloop en verskeie skote is afgevuur. Die tweede polisieman het in Nel se motor weggejaag."

Die motor is later Maandag in Brits gevind waar dit agtergelaat is.

'n Straf- en interne ondersoek is aan die gang en die saak is nou na 'n senior aanklaer verwys wat sal besluit hoe daar voortgegaan sal word.

"Niemand is bokant die wet nie en die Noordwespolisie sal alles in sy vermoë doen om korrupsie binne en buite die polisiediens uit te roei. Ons sal nie huiwer om selfs van ons eie lede in hegtenis te neem indien hulle misdaad pleeg nie," het Metsi gesê.

Die LUR vir openbare veiligheid van die provinsie, Howard Yawa, het gesê hy beskou die bewerings in 'n ernstige lig en het beveel dat die interne ondersoek binne die volgende 14 dae afgehandel moet word.

"Daar is geen plek vir korrupte elemente wat die integriteit van die polisie in die gedrang bring nie," het hy in 'n verklaring gesê.

"Die ondersoek sal moet vasstel waarom die motoris in hegtenis geneem is, indien hy inderdaad 'n verkeersoortreding begaan het en ook nie 'n bestuurslisensie kon toon nie, waarom die beweerde finansiële transaksies tussen die motoris en genoemde polisieman moes plaasvind en wat na die beweerde skietery, vlug van die polisieman vanaf die toneel en die uiteindelike agterlaat van sy motor gelei het."

topлобановский александр

Honderde vervals mediese kwalifikasies

Daar is honderde mediese praktisyns in Suid-Afrika wat hul kwalifikasies vervals, sê Professor Denise White, Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Assossiasie (SAMA).

Dit wissel van mense met min of geen opleiding nie wat hul as kinderspesialiste en neuroloë voordoen, tot praktisyns wat onwettige aborsies uitvoer onder die mees onhigiëniese toestande denkbaar.

"Ons is al 'n geruime tyd daarvan bewus dat ons bitter min daaraan kan doen want aaangesien hulle nie lede van SAMA is nie kan ons nie teen hul optree nie. Al wat ons kan doen is om die publiek van hierdie bedrywighede bewus te maak sodat hulle die praktisyns se kwalifikasies en registrasie kan nagaan. "

Die gesondheidsraad van SA is bekommerd oor die vloed van advertensies deur mense wat sê hulle is dokters en deskundiges in die beëindiging van swangerskappe en vra mense om sulke praktyke te vermy.

"Slegs gekwalifiseerde mediese personeel mag swangerskappe beëindig".

"Lede van die publiek word aangemoedig om 012 338 9301 te skakel om uit te vind of hul praktisyn geregistreer is."

 Sulke praktisyns behoort by die polisie aangemeld te word. Om te praktiseer sonder registrasie by 'n relevante owerheid is 'n misdaad.

 Ina van der Merwe, van die Kroll maatskappy wat agtergrondondersoeke na kwalifikasies doen, sê daar is 'n toename in mense wat kwalifikasies vervals.

 "Die mediese professie het 'n gunsteling onder hierdie bedrieërs geword weens die potensiaal om heelwat geld te maak."

 Sy sê dat tussen 15% en 18% van kwalifikasies deesdae vervals word.

книги диснеяАлександр Фильчаков

Australi? en China sluit grootste gastransaksie

Australië en China het hul grootste handelstransaksie tot nóg toe is Dinsdag gesluit toe die wêreld se grootste genoteerde oliemaatskappye, Exxon Mobil en PetroChina, oor ’n vloeibaregastransaksie van $41 miljard ooreengekom het.

“Dit is ’n stelling oor die aard van ons twee ekonomieë en die feit dat Australië belangrik is vir China, net soos China vir Australië belangrik is,” het Martin Ferguson, Australiese minister van hulpbronne, in Beijing gesê.

Die gastransaksie tussen Exxon en PetroChina kom net weke nadat Exxon ’n transaksie van A$10 miljard met Indië se Petronet oor die Gorgon-gasvelde gesluit het. Dit is Australië se eerste transaksie oor vloeibare natuurlike gas met Indië.

Die transaksies en die byna afgehandelde gepaardgaande regulatoriese aanvaarding daarvan deur die federale regering, beteken dat die Gorgonprojekvennote die reuseprojek van vloeibare natuurlike gas in die weste van Australië teen vroeg aanstaande maand kan goedkeur.

Die jongste Gorgongasverkope sal PetroChina se totale aankope van vloeibare natuurlike gas op altesame 3,25 miljoen ton per jaar vir 20 jaar te staan bring. China sal dus die projek se grootste gaskliënt wees.

Die feit dat PetroChina nie ’n minderheidsbelang in die projek het nie, ondanks die volumes wat hy koop, dui daarop dat die langtermynvraag na vloeibare natuurlike gas steeds sterk is ten spyte van die ekonomiese afswaai.

Met ’n lys van sowat ’n dosyn voorgestelde soortgelyke gasprojekte in die Asië-Stille Oseaan-streek, is kopers ook gretig om so vinnig moontlik voorrade vas te maak vir die projekte wat die waarskynlikste ontwikkel gaan word.

Die Gorgonprojek, waarin Chevron ’n 50%-belang het en deur hulle bestuur word, is in die weste van Australië en het ’n voorgestelde jaarlikse uitset van 15 miljoen ton.

Exxon en Royal Dutch Shell besit elk 25% van die projek.

Chevron en sy vennote sal na verwagting vroeg aanstaande maand finale beleggersgoedkeuring vir die uitgestelde Gorgonprojek gee.

Die totale verwagte koste van die projek is A$50 miljard, volgens Colin Barnett, premier van Wes-Australië.

promoter instagramФильчаков прокурор

Tshwane diep in die skuld

Luidens ’n verklaring skuld die Tshwane-metroraad byna R500 miljoen aan Eskom en sowat R65 miljoen aan Rand Water. Hulle het gister bevestig dat hulle by Eskom en Rand Water moes reël om die agterstallige rekening af te betaal.

Die Madibeng- en Moretele-munisipaliteite skuld Tshwane saam sowat R150 miljoen, maar die inwoners se krag- en watertoevoer sal nie afgesny word nie.

Die krisis kom nadat gerugte reeds die rondte begin doen het dat die raad geldelik in die moeilikheid is. In Mei hierdie jaar het inwoners 'n dubbele rekening vir eiendomsbelasting en vullisverwydering ontvang om glo die raad se kontantvloei te verbeter.

Die internasionale graderingagentskap Moody’s het intussen Tshwane se kredietgradering na 'negatief' afgeskuif.

play slots forлобановский обыск

Tyd vir mooi praat verby

Johann Eksteen se brief "Praag, skaam julle!" verwys.

Ek glo nie dat Martin Labuschagne letterlik bedoel het dat Afrikaners hulle soos barbare moet begin gedra nie. Maar ek glo dat meer en meer van ons Afrikanervolksgenote besig is om ander metodes van verset te oorweeg. Die tyd van mooipraat en onderhandel is lankal verby. As jy dalk skaam is vir 'n meer aktiewe volksstryd, dan is ons as volk wragtig al kwaai ingeteel. Voordat ons ons skaamgeit en minderwaardigheidskompleks nie gaan afskud en met krag en daad begin opstaan en stem dikmaak vir dit wat ons toekom nie, gaan dit voorentoe maar bedroefd wees.

Daar is hoeveel voorbeelde in ons geskiedenis waar ons ons vyande die voordeel van die twyfel gegee het en waar hulle dit dan teen ons gebruik het. Jy weet self dat die enigste taal wat Afrika ken is dié van mag en krag. Die sterkste een is die een wat staande bly, nie dié wat die beste redenaar is nie. "Gentlemanliness" – ons ingebore Afrikaner ordentlikheid – het dalk met soortgelyke Europese kulture gewerk, dit sal beslis nie in Afrika werk nie.

Ek stel voor dat ons ons weer as blanke leiers begin gedra, dat ons weer as die draers van die beskawingsfakkel in Afrika begin optree. Los maar die redekawelry en redenering vir daai bastionne van ordentlikheid, mense soos Van Zyl Slabbert, Herman Giliomee, Theuns Eloff, Tim du Plessis, Roelf Meyer en hul soort. Jy sal vinnig agterkom dis die verraaiers wat eerste in die slag bly wanneer die groot manne kragte meet.

Nee, ons gaan nie klippe gooi en vullisblikke omdop nie. Maar ons gaan ophou om ons eie ondergang te finansier, ons gaan ophou om elke keer so groot te skrik as ons vyande sê "wha". Ons gaan ons lendene omgord en ons gaan opstaan en kragdadig aandring op ons reg. Maak jou stem dik, staan saam jou volksgenote, sterk elke Afrikaneraksie waar jy kan, gee jou geld so ver moontlik uit by volksvriendelike instansies, stuur jou kinders CVO skole toe en raak weer by hulle opvoeding en vormingsjare betrokke omdat dit hier is waar ons grootste uitdaging lê.

Ek is nie teen klaers nie want ons het elke blanke Afrikaner so broodnodig dat ons nie kan bekostig om onderlinge struwelinge te akkomodeer nie. Kom ons trek saam in 'n rigting, dis waar ons die meeste sal kan uitrig, nie om mekaar oor onbenullighede aan te vat nie. Maar ons soek mense wat kan en wil en lus is. Kortom, as jy nie saam ons is nie dan is jy teen ons.

Maar vir mooi praat en handjies vashou is dit nou verby. Dit is laat in die dag.

Ondersteun gerus aksies soos die Boerevryheidsinitiatief se volksvergadering op Vegkop, Heilbron in September. Besoek www.vryheidenreg.co.za vir verdere inligting. 'n Plan gaan hier beraam word.

free uk slots no depositОлександр Фільчаков прокурор

Die Zammas

Min mense, binne en buite Suid-Afrika, het al van hulle gehoor. Nie eers die plaaslike mense weet van hulle nie. Hulle word die Mafia en die Zammas genoem.

Die Zammas is onwettige mynwerkers, en die Mafia is die wrede slawehandelaars wat die Zammas gebruik (lees: misbruik) om hul vuilwerk te doen. Dié praktyk is eers in 1999 ontdek, maar bestaan waarskynlik reeds sedert 1994, toe die blankes op groot skaal uit die mynbou onttrek het, en swartes beheer begin oorneem het.

Groot geld word gemaak, maar ook groot misdaad word daagliks daar diep onder die grond gepleeg. Dit wemel van die onwettige mynwerkers in Suid-Afrikaanse myne. Dié mense kom van orals, maar aanvanklik was die meeste onwettige myners mense uit Zambië en Mozambiek. Die meeste van hulle het nog nooit voorheen in ‘n myn gewerk nie, en is geheel en al onopgeleid en onkundig. Vele is kinders – weeskinders – wie se ouers aan HIV/Vigs gesterf het. Die Mafia-base is skatryk en geweldig magtig.

Na beraming woon daar duisende onwettige mynwerkers in ons myne. Ten spyte daarvan dat die strengste veiligheidsmaatreëls by die meeste mynskagte toegepas word om onwettige myners bo-gronds te hou, kry dié mense dit steeds reg om ongesiens na onder te gaan.

Die Vrystaatse Goudveld, wat dorpe soos Welkom, Odendaalsrus, Virginia, Allanridge en Theunissen insluit, het verskeie mynskagte wat ondergronds met mekaar verbind is. Elke keer wanneer ‘n sekere skag sy reëls opskerp, is daar onwettige toegang by ander skagte, waarvan sommiges reeds gesluit en in onbruik is. Daar was onlangs ‘n ontploffing ondergronds wat deur metaangas veroorsaak is. Honderde onwettige mynwerkers is in dié ontploffing dood. Dit het daartoe gelei dat ‘n kommissie van ondersoek ingestel is, en is daar ontdek dat daar ‘n hele gemeenskap is wat tot 6 maande lank ondergronds leef sonder om ooit na bo te kom. Daar is onwettige supermarkte waar kliënte feitlik enigiets kan koop, en daar is op die koop toe ‘n reuse seksslawehandel aan die gang.

Minderjarige kinders (seuns en meisies) word daarheen ontvoer en gedwing om seks met volwassenes te hê.

Niemand durf ‘n woord sê nie, want teregstellings word sommer daar en dan deur die Mafia-base ondergronds uitgevoer. En, daar is min wat die Suid-Afrikaanse regering daaraan kan doen, want die Mafia regeer Suid-Afrika se myne. Honderde onwettige myners is al in strafhowe skuldig bevind en gevonnis, maar dit is net die punt van die ysberg. Die meeste van hulle is weeskinders wat ontvoer is en gedwing word om onwettig ondergronds te gaan.

водяные насосные станциилобановский александр дочь