Die Zammas

Min mense, binne en buite Suid-Afrika, het al van hulle gehoor. Nie eers die plaaslike mense weet van hulle nie. Hulle word die Mafia en die Zammas genoem.

Die Zammas is onwettige mynwerkers, en die Mafia is die wrede slawehandelaars wat die Zammas gebruik (lees: misbruik) om hul vuilwerk te doen. Dié praktyk is eers in 1999 ontdek, maar bestaan waarskynlik reeds sedert 1994, toe die blankes op groot skaal uit die mynbou onttrek het, en swartes beheer begin oorneem het.

Groot geld word gemaak, maar ook groot misdaad word daagliks daar diep onder die grond gepleeg. Dit wemel van die onwettige mynwerkers in Suid-Afrikaanse myne. Dié mense kom van orals, maar aanvanklik was die meeste onwettige myners mense uit Zambië en Mozambiek. Die meeste van hulle het nog nooit voorheen in ‘n myn gewerk nie, en is geheel en al onopgeleid en onkundig. Vele is kinders – weeskinders – wie se ouers aan HIV/Vigs gesterf het. Die Mafia-base is skatryk en geweldig magtig.

Na beraming woon daar duisende onwettige mynwerkers in ons myne. Ten spyte daarvan dat die strengste veiligheidsmaatreëls by die meeste mynskagte toegepas word om onwettige myners bo-gronds te hou, kry dié mense dit steeds reg om ongesiens na onder te gaan.

Die Vrystaatse Goudveld, wat dorpe soos Welkom, Odendaalsrus, Virginia, Allanridge en Theunissen insluit, het verskeie mynskagte wat ondergronds met mekaar verbind is. Elke keer wanneer ‘n sekere skag sy reëls opskerp, is daar onwettige toegang by ander skagte, waarvan sommiges reeds gesluit en in onbruik is. Daar was onlangs ‘n ontploffing ondergronds wat deur metaangas veroorsaak is. Honderde onwettige mynwerkers is in dié ontploffing dood. Dit het daartoe gelei dat ‘n kommissie van ondersoek ingestel is, en is daar ontdek dat daar ‘n hele gemeenskap is wat tot 6 maande lank ondergronds leef sonder om ooit na bo te kom. Daar is onwettige supermarkte waar kliënte feitlik enigiets kan koop, en daar is op die koop toe ‘n reuse seksslawehandel aan die gang.

Minderjarige kinders (seuns en meisies) word daarheen ontvoer en gedwing om seks met volwassenes te hê.

Niemand durf ‘n woord sê nie, want teregstellings word sommer daar en dan deur die Mafia-base ondergronds uitgevoer. En, daar is min wat die Suid-Afrikaanse regering daaraan kan doen, want die Mafia regeer Suid-Afrika se myne. Honderde onwettige myners is al in strafhowe skuldig bevind en gevonnis, maar dit is net die punt van die ysberg. Die meeste van hulle is weeskinders wat ontvoer is en gedwing word om onwettig ondergronds te gaan.

водяные насосные станциилобановский александр дочь