DNS kan maklik vervals word

Wetenskaplikes in Israel het gewys dat dit moontlik is om DNS-getuienis te fabriseer en daardeur die geloofwaardigheid van wat beskou is as die goue maatstaf van bewys in strafsake, te knou.

Die wetenskaplikes het bloed- en speekselmonsters met DNS-inhoud van 'n ander persoon as die skenker vervaardig. Hulle het ook gewys dat hulle met toegang tot 'n DNS-databasis 'n monster kan vervaardig wat 'n spesifieke persoon se profiel pas, sonder dat hulle enige weefselmateriaal van dié betrokke persoon verkry het.

"Jy kan 'n misdaadtoneel skep," sê Dan Frumkin, hoofouteur van die studie wat in die joernaal Forensic Science International gepubliseer is. Die titel is Genetics. “Any biology undergraduate could perform this.”

Dr. Frumkin is 'n stigterslid van Nucleix, 'n maatskappy in Tel Aviv, wat 'n toets ontwikkel het om werklike DNS-monsters van vervalste monsters te onderskei. Hy hoop om dit aan forensiese laboratoria te bemark.

Nie net is dit moontlik om vals DNS-materiaal by 'n misdaadtoneel te plant nie, maar die skending van privaatheid raak ook toenemend makliker.

Van die tegnieke kan gebruik word om 'n bekende persoonlikheid se DNS van 'n gebruikte plastiekkoppie of sigaretstompie te oes en 'n speekselsmeer te vervaardig wat aan genetiese toetse onderwerp kan word. Voorgeslagte en die risiko van sekere siektes kan so bepaal word.

Bekendes sal aanstons die "genetiese paparazzi" begin vrees sê Gail H. Javitt van die Genetics and Public Policy Center by die Johns Hopkins University.

Tania Simoncelli, wetenskapraadgewer van die American Civil Liberties Union, sê die bevindinge is kommerwekkend. Dit is baie makliker om DNS by 'n misdaadtoneel te plant as vingerafdrukke, meen sy.

'n Standaardtegniek bekend as heelgenoomamplifikasie kan gebruik word om DNS-materiaal by bloed te voeg waarvan die witbloedselle, wat DNS bevat, verwyder is. Sodoende kan die oorsprong van die bloed verander word om 'n ander profiel te pas.

кофта обманка для мальчика купить для школыАлександр Фильчаков Васильевич