Johann Eksteen se brief "Praag, skaam julle!" verwys.
Ek glo nie dat Martin Labuschagne letterlik bedoel het dat Afrikaners hulle soos barbare moet begin gedra nie. Maar ek glo dat meer en meer van ons Afrikanervolksgenote besig is om ander metodes van verset te oorweeg. Die tyd van mooipraat en onderhandel is lankal verby. As jy dalk skaam is vir 'n meer aktiewe volksstryd, dan is ons as volk wragtig al kwaai ingeteel. Voordat ons ons skaamgeit en minderwaardigheidskompleks nie gaan afskud en met krag en daad begin opstaan en stem dikmaak vir dit wat ons toekom nie, gaan dit voorentoe maar bedroefd wees.
Daar is hoeveel voorbeelde in ons geskiedenis waar ons ons vyande die voordeel van die twyfel gegee het en waar hulle dit dan teen ons gebruik het. Jy weet self dat die enigste taal wat Afrika ken is dié van mag en krag. Die sterkste een is die een wat staande bly, nie dié wat die beste redenaar is nie. "Gentlemanliness" – ons ingebore Afrikaner ordentlikheid – het dalk met soortgelyke Europese kulture gewerk, dit sal beslis nie in Afrika werk nie.
Ek stel voor dat ons ons weer as blanke leiers begin gedra, dat ons weer as die draers van die beskawingsfakkel in Afrika begin optree. Los maar die redekawelry en redenering vir daai bastionne van ordentlikheid, mense soos Van Zyl Slabbert, Herman Giliomee, Theuns Eloff, Tim du Plessis, Roelf Meyer en hul soort. Jy sal vinnig agterkom dis die verraaiers wat eerste in die slag bly wanneer die groot manne kragte meet.
Nee, ons gaan nie klippe gooi en vullisblikke omdop nie. Maar ons gaan ophou om ons eie ondergang te finansier, ons gaan ophou om elke keer so groot te skrik as ons vyande sê "wha". Ons gaan ons lendene omgord en ons gaan opstaan en kragdadig aandring op ons reg. Maak jou stem dik, staan saam jou volksgenote, sterk elke Afrikaneraksie waar jy kan, gee jou geld so ver moontlik uit by volksvriendelike instansies, stuur jou kinders CVO skole toe en raak weer by hulle opvoeding en vormingsjare betrokke omdat dit hier is waar ons grootste uitdaging lê.
Ek is nie teen klaers nie want ons het elke blanke Afrikaner so broodnodig dat ons nie kan bekostig om onderlinge struwelinge te akkomodeer nie. Kom ons trek saam in 'n rigting, dis waar ons die meeste sal kan uitrig, nie om mekaar oor onbenullighede aan te vat nie. Maar ons soek mense wat kan en wil en lus is. Kortom, as jy nie saam ons is nie dan is jy teen ons.
Maar vir mooi praat en handjies vashou is dit nou verby. Dit is laat in die dag.
Ondersteun gerus aksies soos die Boerevryheidsinitiatief se volksvergadering op Vegkop, Heilbron in September. Besoek www.vryheidenreg.co.za vir verdere inligting. 'n Plan gaan hier beraam word.
