Honderde vervals mediese kwalifikasies

Daar is honderde mediese praktisyns in Suid-Afrika wat hul kwalifikasies vervals, sê Professor Denise White, Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Assossiasie (SAMA).

Dit wissel van mense met min of geen opleiding nie wat hul as kinderspesialiste en neuroloë voordoen, tot praktisyns wat onwettige aborsies uitvoer onder die mees onhigiëniese toestande denkbaar.

"Ons is al 'n geruime tyd daarvan bewus dat ons bitter min daaraan kan doen want aaangesien hulle nie lede van SAMA is nie kan ons nie teen hul optree nie. Al wat ons kan doen is om die publiek van hierdie bedrywighede bewus te maak sodat hulle die praktisyns se kwalifikasies en registrasie kan nagaan. "

Die gesondheidsraad van SA is bekommerd oor die vloed van advertensies deur mense wat sê hulle is dokters en deskundiges in die beëindiging van swangerskappe en vra mense om sulke praktyke te vermy.

"Slegs gekwalifiseerde mediese personeel mag swangerskappe beëindig".

"Lede van die publiek word aangemoedig om 012 338 9301 te skakel om uit te vind of hul praktisyn geregistreer is."

 Sulke praktisyns behoort by die polisie aangemeld te word. Om te praktiseer sonder registrasie by 'n relevante owerheid is 'n misdaad.

 Ina van der Merwe, van die Kroll maatskappy wat agtergrondondersoeke na kwalifikasies doen, sê daar is 'n toename in mense wat kwalifikasies vervals.

 "Die mediese professie het 'n gunsteling onder hierdie bedrieërs geword weens die potensiaal om heelwat geld te maak."

 Sy sê dat tussen 15% en 18% van kwalifikasies deesdae vervals word.

книги диснеяАлександр Фильчаков