‘n Ruimteskip verskyn bokant Johannesburg. Die klein groen mannetjies (lees: anderskleuriges) aan boord word na hul eie woongebied, District 9 (lees: Soweto), verban (lees: apartheid.) Swaar gewapende veiligheidsmagte hou die ruimtewesens in toom. (Die vorige bedeling se SAP en SAW.) Wikus (’n stereotipiese Afrikaner – jy en ek wat glo so wreed en militaristies is) help om die ruimtewesens te onderdruk. Wikus beleef egter ‘n Damaskuservaring en kom tot ander insigte. Hulle is, behalwe vir die uiterlike, nes ons, is die boodskap.
Gaap. Hoe fantasties oorspronklik. Dit moes seker ‘n hele halfuur gesneem het om die draaiboek te skryf. ‘n Nobelprys vir die letterkunde wink. Of nie.
Die probleem is dat sulke Hollywoodse multikulti-drek en propaganda nooit die hele verhaal vertel nie. ‘n Veel meer realistiese draaiboek sou gehandel het oor hoe, toe die mense tot ander insigte kom oor die ruimtewesens en District 9 afskaf, dit lei na:
-
Ongebreidelde misdaad, wetteloosheid en die moord deur die ruimtewesens op onskuldige mense en hoe die ruimtewesens mense dikwels martel voordat hulle vermoor word.
-
Hoe die mense moet terugstaan by die werk vir die ruimtewesens op grond van permanente (ruimte)stellende aksie, omdat die ruimtewesens nie op gelyke voet met mense kan meeding nie.
-
Hoe die mense agv die heersende religie nie durf vra waarom die ruimtewesens nie op gelyke voet kan meeding nie. Niemand mag vra of die ruimtewesens nie miskien minder intelligent is as die aardbewoners nie. (Ons sal maar die inkonsekwentheid ignoreer dat die ruimtewesens in die storie ‘n ruimteskip kon bou, anders as sekere kontinente se bewoners wat nooit daarin kon slaag om ‘n seilskip te bou wat oseane kon oorsteek nie.)
-
Hoe mense gedwing word om miljoene van die ruimtewesens wat vinnig voortplant, te onderhou ten koste van hulself.
-
Hoe die aarde se infrastruktuur deur die ruimtewesens wanbestuur en vernietig word.
-
Hoe die mense gedwing word om die vreemde taal van die ruimtewesens te praat, en hoe die aandrang van mense op die gebruik van menslike taal gesien word vir ruimte-isme.
Hollywood is egter in die greep van die religie van nie-rassigheid en glo aan hulle eie multikulti-snert. Realisme en ‘n nugtere ondersoek na wesentlike probleme veroorsaak deur die godsdiens van nie-rassigheid, is heeltemal te veel gevra. Dit sou inderdaad vir die linkse kabaal wat Hollywood beheer, neerkom op kettery teen iets wat vir Hollywood en die linkses heel letterlik ‘n godsdiens is.
District 9 het kennelik by die loket in Amerika die pas afgelope naweek uitstekend gevaar. Die vraag is egter of Suid-Afrikaanse gehore hul swaarverdiende geld op sulke moeisame propaganda sal wil uitgee. Ek kan aan baie beter dinge dink om te doen as om ‘n paar rand en ‘n paar uur aan afgodediens by die tempel van nie-rassigheid te wy.
Lewer kommentaar oor District 9 op Anton Barnard se woernaal SAmizdat waar nog van sy skrywes te sien is.
