Mededingingskommissie ondersoek valuta-samespanning

Die mededingingskommissie het ‘n ondersoek geloods na samespanning deur sekere valutahandelaars, maar het ontken dat die daling van die rand ondersoek word. ‘n Woordvoerder van die kommissie, Themba Mathebula het bevestig dat ‘n ondersoek na valutahandelaars van stapel gestuur is. Hy het gesê bankinstellings waaronder BNP Paribas, Citigroup, Barclays, JP Morgan Chase, Investec en Standard

Lees verder: Mededingingskommissie ondersoek valuta-samespanning

DA ruk op na Johannesburgse middestad

Duisende DA-kiesers sal Woensdagoggend opruk na die Johannesburgse middestad om te betoog oor die gebrek aan werksgeleenthede. Motoriste word intussen afgeraai om vanaf tienuur vanoggend na die middestad te reis. ‘n Woordvoerder van die party, Mabine Seabe sê die optog sal by die Westgate-vervoerpunt begin. Die DA-leier, Mmusi Maimane het in ‘n verklaring gesê byna

Lees verder: DA ruk op na Johannesburgse middestad

ISIS beplan aanvalle op EU ‘sagte teikens’ vanuit asielkampe

Die Islamitiese Staat beplan glo spesiale terreuroperasies op “sagte teikens” in Europa in die vlugtelingkampe op Europese bodem en Frankryk is die land wat die grootste risiko loop, het die misdaadagentskap van die Europese Unie gesê. Die model is die gelyktydige skietery by verskeie plekke in Parys in November waar 130 mense omgekom het, met

Lees verder: ISIS beplan aanvalle op EU ‘sagte teikens’ vanuit asielkampe

Trekker in diep modder maak boer se hart bly

‘n Mielieboer van Bultfontein in die Vrystaat is so dankbaar oor die welkome reën vandeesweek dat hy Maandag met blydskap in sy hart en ‘n hup in sy stap sy trekker, wat in sy nat landerye vasgeval het, uitgetrek het. Michris Janse van Rensburg het daarna op sy Facebook-blad ‘n foto geplaas waar hy en

Lees verder: Trekker in diep modder maak boer se hart bly

Waterpype lek en geld vloei

Waterlekkasies in pype, nog voor dit gemeenskappe se krane bereik, sal as prioriteit vir die regering beskou word. Mlimandlela Ndamase, woordvoerder van die minister van Water en Sanitasie, Novula Mokonyane, sê ‘n interne ministeriële komitee vir droogte beskou dit as ‘n kritieke aangeleentheid waarna munisipaliteite moet omsien. Hy sê die regering het die verantwoordelikheid op

Lees verder: Waterpype lek en geld vloei

Ford staak bedrywighede in Japan, Indonesië

Die Amerikaanse voertuigvervaardiger, Ford gaan sy bedrywighede in Japan en Indonesië opskort. Ford sal uit Japan onttrek waar hulle al sedert 1974 ‘n teenwoordigheid gehad het, het Reuters vroeër berig uit Tokio nadat hulle ‘n e-pos van Asië se uitvoerende hoof, Dave Schoch aan werknemers gesien het. Die maatskappy sê daar is min vooruitsigte vir

Lees verder: Ford staak bedrywighede in Japan, Indonesië

TUT steeds gesluit na oproer

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie is steeds weens oproer gesluit. Die TUT-bestuur sê die Pretoria-Wes kampus sal gesluit bly omdat protes by die kampus voortduur. Samesprekings tussen die Universiteit en verteenwoordigers van die sogenaamde Outsourcing Must Fall-beweging het weer ‘n dooiepunt bereik. ‘n Verteenwoordiger van die skoonmakers, Vusi Mahlangu beskuldig die universiteitsbestuur daarvan dat hy

Lees verder: TUT steeds gesluit na oproer

EU beraadslaag oor Schengen-ooreenkoms

Ministers van binnelandse sake van die Europese Unie is in Amsterdam in Nederland byeen om grensbeheerstelsels te verskerp teen die invloei van migrante. Die Duitse media het berig dat die land beheer verloor het oor die invloei en nie daarin kan slaag om asielkandidate wat afgekeur word, terug te stuur nie. Die Schengen-ooreenkoms bepaal dat

Lees verder: EU beraadslaag oor Schengen-ooreenkoms

Voorleggings oor alternatiewe e-tol-finansiering

RSG berig dat die Bondgenootskap teen Stedelike Tol Dinsdag voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer sal doen, oor alternatiewe vir die finansiering van die e-tolstelsel. Die Bondgenootskap is gevra om die komitee in te lig oor die moontlike gevolge van wysigings aan e-tolregulasies, kommer oor invordering van e-tolgeld en moontlike samespanning in die Gautengse

Lees verder: Voorleggings oor alternatiewe e-tol-finansiering

Kortfliek van die dag: Plurality

Hierdie kortfilm speel in New York in 2023 af, in ‘n wêreld waarin daar totale tegnologiese beheer bestaan, ter wille van veiligheid. Maar sommige mense pas nie in die stelsel in nie of rebelleer daarteen en moet daarom opgespoor word. Dis ‘n film wat ‘n mens nogal aan die dink sit. Een van die karakters

Lees verder: Kortfliek van die dag: Plurality