Drie studente van die Universiteit van die Vrystaat staar dissiplinêre optrede in die gesig nadat hulle water in die gesig van ‘n sekuriteitswag by een van hekke van die instelling gespuit het. Volgens UV-woordvoerder, Lacea Loader, universiteitswoordvoerder is ‘n klagte ontvang op 16 Augustus. Loader sê die dissiplinêre verhoor is geskeduleer op ‘n dringende basis
Minstens 247 mense dood na aardbewing in Italië
’n Aardbewing het ’n aantal dorpe in die bergagtige sentrale deel van Italië in puin gelê en inwoners onder hope rommel vasgekeer. Minstens 247 mense het omgekom en talle is vermis. Die aardbewing het in die vroeë oggendure van Woensdag plaasgevind toe die meeste mense geslaap het. Wonings is in puin gelê en paaie is
Lees verder: Minstens 247 mense dood na aardbewing in Italië
Nzimande: 0% fooitoename kan 19 universiteite ‘disfunksioneel’ maak
Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande, sê hy sal binnekort aankondig hoeveel geld universiteite vir die 2017 akademiese jaar sal kry. Nzimande het gereageer op ‘n verslag van die Raad vir Hoër Onderwys oor die vasstelling van die verhoging in klasgeld vir universiteite. Die Raad het daarop gewys dat sowat 19 universiteite
Lees verder: Nzimande: 0% fooitoename kan 19 universiteite ‘disfunksioneel’ maak
Frankryk ontplooi 3000 reserwemagte om skole te beveilig
Frankryk sal sowat 3000 reserwetroepe ontplooi om veiligheid by skole te voorsien, het die ministers onderwys en sekuriteit aangekondig. Anti-terreur maatreëls daarop gerig om studente vir moontlike aanvalle voor te berei, is ook opgeskerp. Ongeveer 12 miljoen Franse skoolkinders maak reg om terug te gaan skool toe op 1 September wanneer die nuwe skooljaar begin,
Lees verder: Frankryk ontplooi 3000 reserwemagte om skole te beveilig
Finne en asielsoekers pak mekaar in bloedige botsing
‘n Bloedige geveg tussen Finse burgers en immigrante het in die dorp van Forssa, geleë in suidelike deel van die land, plaasgevind. Sowat 100 mense gewapen met stokke en pype was betrokke by die skermutseling voor ‘n plaaslike asielsentrum. Finne het glo die migrante eerste Dinsdagaand aangeval, volgens berigte in die hoofstroommedia. Maar in aanlynberigte
Lees verder: Finne en asielsoekers pak mekaar in bloedige botsing
Bloemfonteiners gaan gebuk onder vlaag rooftogte
Die polisie in Bloemfontein het ‘n ernstige beroep op inwoners gedoen om op hul hoede te wees en hul paraatheid te verskerp. Dit kom te midde van ‘n hernude vlaag huisrooftogte die afgelope drie weke. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê daar word hard gewerk om dié voorvalle te voorkom, maar inwoners moet ook hul kant bring.
Lees verder: Bloemfonteiners gaan gebuk onder vlaag rooftogte
Selfmoordbomaanval deur kind in Irak gefnuik
Dramatiese videomateriaal het na vore gekom van die Irakse polisie wat ‘n selfmoordplofgordel van ‘n kind afhaal, vermoedelik voor nog ‘n selfmoordbomaanvalpoging van ISIS. Die beeldmateriaal toon hoe sekuriteitspersoneel ‘n sigbaar ontstelde seuntjie in toom hou, terwyl hulle sorgvuldig die gordel van die bolyf die jeugdige in Kirkuk afsny. Nadat die band verwyder is, word
Noord-Korea se jongste missieltoets skep eenheid in Asië
Noord-Korea het Woensdag ’n toetslansering van ’n langafstandmissiel onderneem wat 500 kilometer ver in die rigting van Japan getrek het. Dit was die eerste keer dat ‘n Noord-Koreaanse missiel Japan se lugverdedigingidentifikasiesone binnegedring het, het die Japannese Eerste Minister Shinzo Abe gesê. Die toets het eenheid geskep onder leiers in Asië. Die ministers van buitelandse
Lees verder: Noord-Korea se jongste missieltoets skep eenheid in Asië
VSA stel sanksies in teen LRA
Amerika het vandeesweek aangekondig dat sanksies teen die seuns van Joseph Kony, leier van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) se Lord’s Resistance Army (LRA) ingestel is. Die Amerikaanse tesourie sê Salim en Ali Kony is geteiken omdat hulle namens die LRA en hul pa optree, het AFP berig. Dit volg nadat sanksies in Maart teen Kony
Nuwe OB aangewys deur ad hoc-komitee
Die direkteur van Binnelandse Sake se Inligtingsbestuurseenheid, advokaat Busisiwe Mkhwebane is aanbeveel om die nuwe Openbare Beskermer te wees. Die ad hoc-komitee wat die aanbeveling moes maak het vanmiddag drie ure lank beraadslaag oor wie die beste kandidaat is. Die ander vier kandidate, regters Sirazj Desai en Erica Weiner asook advokaat Muvhango Lukhamaine en professor
