Die direkteur van Binnelandse Sake se Inligtingsbestuurseenheid, advokaat Busisiwe Mkhwebane is aanbeveel om die nuwe Openbare Beskermer te wees.
Die ad hoc-komitee wat die aanbeveling moes maak het vanmiddag drie ure lank beraadslaag oor wie die beste kandidaat is.
Die ander vier kandidate, regters Sirazj Desai en Erica Weiner asook advokaat Muvhango Lukhamaine en professor Bongani Majola is uitgeskakel.
Daar was eenstemmigheid onder al die partye, buiten die DA, oor Mkhwebane se aanstelling. Dit moet egter nog deur die Nasionale Vergadering bekragtig word.
Gerugte wil hê dat sy ‘n Zuma-ondersteuner is.
Mkhwebane is ‘n advokaat wat in die hooggeregshof optree. Sy was vir sewe jaar ‘n senior ondersoekbeampte in die kantoor van die Openbare Beskermer.
Sy het ook vir die Departement van Binnelandse Sake se afdeling belas met immigrasiekwessies gewerk. Mkhwebane het glo verskeie kwalifikasies in korporatiewe reg.

Bantjies vir sussies????
Die OB se kantore is so oorval van werk dat hulle net raap en skraap aan klagtes. In die Mahikeng-kantoor was daar, toe ek laas by hulle was, meer as 2000 sake wat nog nie eers aandag gekry het nie.
As dit nie vir media spin is oor Madonsela se een of twee suksesse was nie, sou mens maar soos in die verlede verneem dat saak x, y & z aan die OB gerapporteer was vir ondersoek. Hoor daarna nie weer ‘n woord nie.
As daar wel iets van kom, steur staatsorgane hulle nie daaraan nie. In elk geval word voorlopige verslae as vertroulik of geheim gemerk en kan mens dit net in die hande kry met behulp van …
Een so ‘n saak handel oor die rioolwerke van Zeerust. Diè lê en vergaar stof ten spyte van ernstige bewerings teen die munisipaliteit.