Bloemfonteiners gaan gebuk onder vlaag rooftogte

Die polisie in Bloemfontein het ‘n ernstige beroep op inwoners gedoen om op hul hoede te wees en hul paraatheid te verskerp.

Dit kom te midde van ‘n hernude vlaag huisrooftogte die afgelope drie weke. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê daar word hard gewerk om dié voorvalle te voorkom, maar inwoners moet ook hul kant bring.

Volgens hom is huisrooftogte ‘n traumatiese ervaring vir slagoffers. Dit word ook as een van die gevaarlike misdade beskou. Dié tipe rooftogte vind hoofsaaklik saans of oor naweke plaas, wanneer erwe verlate is.

Hy sê booswigte verkry toegang tot huise en breek deure en vensters. Veiligheidsdiefwering word ook gebuig of oopgesaag waarna waardevolle huisinhoud gebuit word. Marope stel voor mense sluit hul huisdeure, selfs al is hulle tuis. Vensters moet saans toe wees en alarmstelsels aangeskakel.

Skaf minstens twee honde aan om ‘n erf op te pas. Een hond kan binne in die huis gehou word, terwyl ‘n ander hond buite kan leef.

Wanneer nuwe goedere gekoop word, soos ‘n televisiestel, moet die verpakking waarin dit aangekoop is, nie buite die huis as deel van vullisverwydering gelaat word nie. Marope sê mense moet van die leë verpakkings by stortingsterreine ontslae raak.

Hy sê mense moet reeksnommers van waardevolle elektroniese ware wat hulle aangekoop het, bêre. Dit kan die polisie help om mense se besittings te identifiseer wanneer dit teruggevind word. Wees paraat en ken jou bure.

Meld verdagte mense en motors in woongebiede by ‘n polisiekantoor aan. Moet nooit toegang aan mense tot jou erf gee as jy nie weet wie hulle is nie, sê Marope.

Bron: OFM Nuus

3 thoughts on “Bloemfonteiners gaan gebuk onder vlaag rooftogte”

  1. Rooftogte vermoedelik nie deur wit Afrikaner mans gepleeg nie, maar volgens Jonathan Jansen “skort iets met die opvoeding van wit Afrikanermans”. Nee ou skollie, daar skort iets met die opvoeding van ‘n bruin tor soos jy wat hierdie steel plaag van jou swart vriende aspris miskyk. Hy wil Afrikaans afskaf as onderrigtaal, want hy het probleme met ons opvoeding! F0k0f. Dwis. Ons het probleme jou. Jy moet afgeskaf word voor jy nog skelmstreke oor vraestelle uitdink om swart mislukking op ons rug te pak. ‘n Meer kwaadwillige stuk gemors sal jy nie sommer kry nie.

    “Bloemfontein. – Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het volgens ingeligtes op ’n senaatsvergadering hier gesê iets skort met die opvoeding van wit Afrikanermans én daar is nou bewyse dat wit studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word.

    Jansen het gesê daarom sal dit goed wees indien Afrikaans as onderrigtaal afgeskaf word, is aan Beeld gesê.

    Jansen en Lacea Loader, direkteur van kommunikasie en handelsmerkbestuur van die UV, het by navraag gesê die vergadering wat Dinsdag gehou is, was vertroulik.

    Daarom kan die gesprekke in die vergadering volgens hulle nie met die media bespreek word nie en ook nie kommentaar daaroor gelewer word nie.

    Jansen het wel aan Alet Janse van Rensburg gesê hy is nie akkuraat aangehaal wat betref sy beweerde uitlating oor die opvoeding van Afrikaanse mans nie.

    Jansen het glo op die senaatsvergadering verwys na die rasseherrie wat vandeesweek ontstaan het ná bewerings dat wit studente ’n vroulike veiligheidswag met vloeistof gegooi het. Sy sê dit was urine, maar die betrokkenes voer aan dit was net water.

    Die rasseherrie is verder aangeblaas toe 8% van die antwoorde per abuis op ’n Afrikaanse ouditkundevraestel by Kovsies verskyn het.

    Beeld het uit verskillende oorde verneem Jansen het gesê daar was al baie aantygings dat wit studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word en dié vraestel bewys dit.

    Volgens ingeligtes het Jansen ook gesê jong Afrikanermans dink sekere goed kom hulle toe, hulle het nie respek vir ander nie en die probleem is by hul opvoeding.

    Jansen se beweerde uitlatings in die senaatsvergadering het soos ’n veldbrand op kampus versprei.”

  2. “Meld verdagte mense en motors by die polisiekantoor aan”!! Wat ‘n grap. Die aanmelding van misdade wat reeds plaasgevind het, val dan op dowe ore. Weereens ‘n bewys van hoe uit voeling die sogenaamde leierskap is met die strukture wat hulle veronderstel is om te bestuur.

Maak 'n opvolg-bydrae