Habana uitgewys vir skop

Die Springbok-vleuel is uitgewys vir ‘n tikkie met sy skoen teen ‘n teenstaander. Dit is deur beamptes as ‘n skop geïnterpreteer. Dit het tydens die Springbokke se nederlaag teen Frankryk plaasgevind, sê die Ses Nasies-dissiplinêre komitee. Habana sal in ‘n dissiplinêre verhoor voor die Internasionale Rugbyraad verskyn. Die verhoor vind Maandag plaas.Suid-Afrika speel dié naweek

Lees verder: Habana uitgewys vir skop

Goud stel nuwe rekord terwyl dollar uitsak

Goud het ‘n rekordverpletterende stormlopie gister voortgesit en ‘n nuwe hoogte van $1 140 per fynons bereik, terwyl die Amerikaanse dollar getuimel het. Die swakker dollar het ook gehelp om ander metale soos koper en silwer skerp opwaarts te stoot en oliepryse het van hulle laagste vlakke vir ‘n maand teruggewip. Die goudprys het met

Lees verder: Goud stel nuwe rekord terwyl dollar uitsak

General Motors besluit binne twee weke oor Europese aanlegte

General Motors Korporasie het gister gesê dat hy beplan om binne twee weke ‘n besluit oor die toekoms van sy Europese motorvervaardingsaanlegte te neem. Nick Reilly, die hoof van General Motors se Adam Opel GmbH- en Vauxhaull-afdelings, het aan verslaggewers gesê dat hy weet dat werkers in aanlegte in Duitsland, België, Brittanje, Spanje en Pole

Lees verder: General Motors besluit binne twee weke oor Europese aanlegte

Berlyn, ‘n les vir Suid-Afrika

Dit is ‘n skokkende twintig jaar wat verby is, toe die Berlynse skandmuur spreekwoordelik geval het. So gaan die jare ongemerk verby! Stadig maar onverbiddelik. Dit moet onthou word dat die 160 kilometer Berlynse muur van skande nie daar was om die kapitalistiese Wes-Duitsers uit te hou nie, maar om die gevangene burgers van die

Lees verder: Berlyn, ‘n les vir Suid-Afrika

Snelbusdiens swig voor taxi’s

Die Rea Vaya-snelbusdiens (BRT) in sentraal Johannesburg is tydelik gekanselleer omdat daar te min belangstelling in die projek is, het die stad Maandag gesê. “Ons sal tydelik die roetes in die middestad stop omdat daar te min belangstelling in die projek is,” het die stad van Johannesburg in ‘n verklaring gesê. “Die BRT kry slegs

Lees verder: Snelbusdiens swig voor taxi’s

Sjinese blok Obama se oproep vir vrye internet

President Barack Obama van die VSA het Sjina op ‘n staatsbesoek gepor oor sensuur van die internet en oor vrye spraak, maar die boodskap is nie wyd in Sjina gehoor nie omdat sy woorde aanlyn geblokkeer en dit net op een streekstelevisiekanaal vertoon is. Sjina het meer as 250 miljoen internetgebruikers en span van die

Lees verder: Sjinese blok Obama se oproep vir vrye internet

Malema skerm vir Mbeki se Vigs-foute

Die ANC-jeugliga sal nie toelaat dat voormalige president Thabo Mbeki aangekla word van massamoord nie, het die jeugliga-president, Julius Malema, Maandag gesê. Dit volg nadat Buti Manamela, die nasionale sekretaris van die Jong Kommuniste-liga, gesê het dat Mbeki en die voormalige minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, verskeie MIV-positiewe mense toegang geweier tot antiretroviale middels terwyl

Lees verder: Malema skerm vir Mbeki se Vigs-foute

Gr 11-wiskundevraestel daag nie op nie

Ten minste twee Afrikaanse hoërskole in Johannesburg het Maandag nie hulle vraestelle vir wiskunde betyds ontvang nie. Dit is nog nie bekend of ander skole ook deur die oponthoud geraak is nie. Die twee hoërskole, Randburg en Linden, se graad-11 leerlinge kon nie Maandagoggend begin eksamen skryf nie, omdat die departement van onderwys nie die

Lees verder: Gr 11-wiskundevraestel daag nie op nie

Pretoria-busse staak onwettig

Sowat 60 busbestuurders en werkers het Maandag onwettig gestaak, het die Pretoria stadsraad gesê. “Die stad erken dat die staking op ‘n baie slegte tyd gekom het, veral omdat leerders tydens hul eksamens hierdeur beïnvloed word,” het woordvoerder Dikeledi Phiri gesê nadat sommige studente amper hul eksamens misgeloop het. Phiri het gesê planne is onmiddellik

Lees verder: Pretoria-busse staak onwettig

En die vlag was agterstevoor…

Die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys het in ‘n verklaring gesê hulle het nie vir Ras Dumisani aan die reëlingskomitee van Vrydag se wedstryd tussen Suid-Afrika en Frankryk aanbeveel nie. Die ambassade het gesê hulle het ook agtergekom dat die Suid-Afrikaanse vlag tydens die geleentheid agterstevoor vertoon is. “In alle gevalle verskaf die ambassade slegs inligting,

Lees verder: En die vlag was agterstevoor…