Snelbusdiens swig voor taxi’s

Die Rea Vaya-snelbusdiens (BRT) in sentraal Johannesburg is tydelik gekanselleer omdat daar te min belangstelling in die projek is, het die stad Maandag gesê.

“Ons sal tydelik die roetes in die middestad stop omdat daar te min belangstelling in die projek is,” het die stad van Johannesburg in ‘n verklaring gesê.

“Die BRT kry slegs sowat 200 gebruikers ‘n dag en is glad nie goed ontvang deur die publiek nie.”

‘n Ondersoek is van stapel gestuur om agter die kap van die byl te kom. Na bewering verkies meeste van die publiek om eerder te stap.

“Meeste mense verkies om te stap weens die feit dat die busse te stadig te ry. Die besige verkeer in die stad is hiervoor te blameer.”

Daar is ook ‘n tekort aan kaartjieverkopers gewees en die wat wel kaartjies by hulle winkels verkoop het was te bang om dit te adverteer.

Die BRT in die middestad sal Woensdag gestaak word en sal moontlik eers weer in 2010 geopen word. Hierdie diens het al vele probleme ervaar sedert dit aan die einde van Augustus geopen is.

Meeste taxi-eienaars sien die BRT as ‘n bedreiging vir hulle besigheid. Daar is reeds op twee van die snelbusse geskiet, kort na die opening.

 

расширительный бакпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae