Sjinese blok Obama se oproep vir vrye internet

Barack Obama in Sjina

Barack Obama in SjinaPresident Barack Obama van die VSA het Sjina op ‘n staatsbesoek gepor oor sensuur van die internet en oor vrye spraak, maar die boodskap is nie wyd in Sjina gehoor nie omdat sy woorde aanlyn geblokkeer en dit net op een streekstelevisiekanaal vertoon is.

Sjina het meer as 250 miljoen internetgebruikers en span van die wêreld se taaiste maatreëls in oor wat gesien mag word. Die land word dikwels vir die sogenaamde “Groot brandmuur van Sjina” gekritiseer – tegnologie wat ontwerp is om ongevraagde verkeer te verhoed om ‘n netwerk te betree of te verlaat.

Gedurende Maandag se stadsaalvergadering in Sjanghai het Obama in diepte gereageer oor ‘n vraag rakende die brandmuur – opmerkings wat later as minder belangrik in die Sjinese media beskou is en en van sekere Sjinese webwerwe gewis is.

“Ek is ‘n groot ondersteuner van nie-sensuur,” het Obama gesê. “Ek sien in dat verskillende lande verskillende tradisies het. Ek kan vir julle sê dat in die Verenigde State, die feit dat ons vrye internet het – of onbegrensde internettoegang –  ‘n bron van krag is en ek dink aangemoedig behoort te word.”

Obama kon gehoop het om ‘n persoonlike voorbeeld vir Sjina se leiers voor te hou toe hy gesê het hy glo dat vrye bespreking, insluitende kritiek wat hom vererg, van hom “‘n beter leier maak omdat dit my dwing om  menings te hoor wat ek nie wou hoor nie”.

board games online free no downloadлобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae