Gr 11-wiskundevraestel daag nie op nie

Ten minste twee Afrikaanse hoërskole in Johannesburg het Maandag nie hulle vraestelle vir wiskunde betyds ontvang nie. Dit is nog nie bekend of ander skole ook deur die oponthoud geraak is nie.

Die twee hoërskole, Randburg en Linden, se graad-11 leerlinge kon nie Maandagoggend begin eksamen skryf nie, omdat die departement van onderwys nie die wiskundevraestel betyds aan die twee hoëskole deurgestuur het nie.

Ouers en leerlinge is erg ongelukkig oor die vertraging en het gedreig met stappe indien dit weer sou gebeur.

Leerlinge sê hulle konsentrasie is nadelig beïnvloed deur die departement se versuim om die vraestel betyds deur te stuur aangesien hulle aanvanklik nie geweet het of hulle sou kon skryf of nie.

Die vraestel is glo inderhaas Maandagoggend, nadat die eksamen al moes begin het, aangestuur waarna die onderskeie skole eers die nodige kopieë moes maak.

Die leerlinge kon eers na ‘n vertraging van ‘n uur en ‘n half uiteindelik begin skryf, nadat die senuwees al erg begin knaag het.

Me Desireë Levendis, wat pas aangewys is die beste wiskundeonderwyseres in die land deur die Sunday Times-ondersoek, het gesê die oponthoud is onaanvaarbaar.

99spravok.rutopcargo отзывы сотрудников