Malema skerm vir Mbeki se Vigs-foute

Die ANC-jeugliga sal nie toelaat dat voormalige president Thabo Mbeki aangekla word van massamoord nie, het die jeugliga-president, Julius Malema, Maandag gesê.

Dit volg nadat Buti Manamela, die nasionale sekretaris van die Jong Kommuniste-liga, gesê het dat Mbeki en die voormalige minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, verskeie MIV-positiewe mense toegang geweier tot antiretroviale middels terwyl hulle in die regering betrokke was.

Manamela het ‘n beroep gedoen dat die twee van hulle van massamoord aangekla moet word.

“Ons moet nooit ons leiers opgee nie,” het Malema Maandagaand by ‘n gala-ete van die Pan-Afrika-jeugliga by Emperor’s Palace in Boksburg gesê.

“Thabo Mbeki mag foute gemaak het, maar ons kan hom nooit aankla nie.”

“Ons moenie een van ons eie mense aankla nie. As ons dit toelaat, sal dieselfde ding met Mugabe gebeur en dieselfde sal met Zuma gebeur en as jy weer sien gaan hulle vir jou kom,” het Malema gesê.

Malema se uitlatings kom ná ’n dokumentêre program van e.tv se 3rd Degree wat beweer dat Thabo Mbeki regstreeks verantwoordelik vir die dood van honderdduisende mense omdat hy nie antiretrovirale medisyne in staatshospitale beskikbaar gemaak het nie.

Deborah Patta is die uitvoerende regisseur van 3rd Degree en het die program geloof vir die belangrike vrae wat daarin geopper word.

Die program, The Price of Denial, toon onder meer aan hoe duisende babas met die virus besmet is, al het farmaseutiese maatskappye nevirapien gratis aan die staat gebied.

Die program toon ook aan hoedat verkragte kinders nie antiretrovirale medisyne by die staat kon kry nie

Die dokumentêr haal onder meer ’n studie van die Harvard-universiteit aan dat meer as 330 000 Suid-Afrikaners onnodig dood is agv Mbeki se ontkenningsbeleid.

Mbeki het glo geweier om deel te neem of kommentaar te lewer.

Volgens die program is meer as 70 000 kinders tydens die Mbeki-bewind elke jaar met MIV gebore.

 

 

построитьФильчаков прокуратура харьков