General Motors Korporasie het gister gesê dat hy beplan om binne twee weke ‘n besluit oor die toekoms van sy Europese motorvervaardingsaanlegte te neem.
Nick Reilly, die hoof van General Motors se Adam Opel GmbH- en Vauxhaull-afdelings, het aan verslaggewers gesê dat hy weet dat werkers in aanlegte in Duitsland, België, Brittanje, Spanje en Pole wag om uit te vind van die maatskappy se herstruktureringsplanne, nadat dit van gedagte verander het om sy Europese ondernemings te verkoop.
“Ek weet dit is ontstellend en ongerieflik om dit alles oor julle hoofde hangende te hê vir so ‘n periode en ons is van plan om die besluit in ‘n relatiewe kort tyd te neem, omtrent so twee weke of so,” het hy gesê ná die vergadering met die hoof van België se Vlaandere-streek.
Reilly sê die maatskappy oorweeg verskillende opsies om koste vir die gestremde Opel-eenheid te verlaag en “aan die einde van die dag gaan ons sekere taai besluite moet neem om ons kapasiteit iewers in Europa te verminder”.
België is gretig om Opel se Antwerpen-aanleg oop te hou en het vroeër vanjaar soveel as R5 miljard aangebied om die fasiliteite op te gradeer.
Onder druk van EU-reguleerders het Duitsland verlede maand vir GM in kennis gestel dat geldhulp aan die motormaatskappy beskikbaar sal wees of die maatskappy Opel behou of nie, selfs nadat GM ‘n aanbod van Magna en Sberbank van die hand gewys het – ‘n aanbod waarvan Duitsland openlik ten gunste was. GM het gevolglik besluit om die beplande verkope terug te trek.
