Die lyk van ’n kleuter wat Sondag in Hartebeespoortdam geslingers is toe ’n rubber-boot omgeslaan het, is deur polisie duikers gevind. Noordwes-polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone, sê Zandré Vosloo se liggaam is Maandag met behulp van ‘n snuffelhond opgespoor. Hy het gesê die kind se liggaam is deur ‘n polisiesnuffelhond, wat deur ‘n beampte van die duikeenheid
SA staar voedseltekorte in die gesig
Die Wêreld-voedselprogram sê Suidelike Afrika kan in die volgende maande voedseltekorte ondervind nadat die droogte in Suid-Afrika se mieliegordel, die oeste tot minder as 50 persent beperk het. Die WVP sê Suid-Afrika se mielieoes is minstens `n derde minder as verlede jaar. Die geskatte 9,6 miljoen ton is die swakste in agt jaar, het RSG
Anti-Rhodes-aktivis kla UK oor rassisme aan
Chumani Maxwele, die student wat die Cecil John Rhodes-standbeeld met menslike ontlasting gegooi het, sê sy skorsing van die Universiteit van Kaapstad is polities gemotiveer. Hy het aan News24 gesê dit handel oor ‘n politieke probleem by die UK: “Ons is besig met transformasie … [en] hulle wil ons intimideer.” Maxwele is deel van
Dorpe waar Boko Haram uitgedryf is bly leeg
Patroondoppies lê die wêreld vol, geplunderde handelsbanke lê in puin en uitgebrande motorwrakke staan in die strate van Michika, in die verre noorde van Nigerië se Adamawa-staat. Michika mag onder die juk van Boko Haram uit wees, maar die dorp is spookagtig stil met tekens van die militante se teenwoordigheid wat oral te siene is.
Burundi se president ignoreer VSA, Brittanje se waarskuwings
Nagenoeg 2 000 mense het gister in ’n woonbuurt van Burundi se hoofstad, Bujumbura, betoog. Dit was ’n dag nadat die regering ’n verbod geplaas het op alle straatprotes teen pres. Pierre Nkurunziza se poging om vir ’n derde termyn verkies te word. Die president sê “buitelandse magte” hits die betogers aan en probeer van
Lees verder: Burundi se president ignoreer VSA, Brittanje se waarskuwings
Orkane woed in Texas
Een mens is dood en twee groepe mense in die noorde van die Amerikaanse deelstaat Texas moes per helikopter na veiligheid gebring word nadat hulle in stygende vloedwaters vasgekeer was. Die stormweer kom nadat orkane Texas oor die naweek getref het, het AFP berig. Vier volwassenes en ’n baba is Sondag van hul huis se
Renosterstropers teiken Namibië
Met 60 renosters al vanjaar gestroop, waarvan 54 in die Etosha Nasionale Park, het die Namibiese ministerie van die omgewing en toerisme sy beloning verdubbel, het die Republikein berig. “Genoeg is genoeg,” het die minister van die omgewing en toerisme tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek oor die onwettige stropery van renosters en olifante gesê. Die
Aktivis rook dagga tydens regstreekse SABC-uitsending
Die voorsitter van die Cannabis Working Group, Andre du Plessis, het Maandag in ‘n regstreekse uitsending op die SABC glo dagga gerook. Hy het intussen aan eNCA bevestig dat dit ‘n daggadampie was wat hy in die ateljee aangesteek het. Du Plessis het tydens ‘n onderhoud met die openbare uitsaaier die dwelmsigaret aangesteek. Die SABC
Lees verder: Aktivis rook dagga tydens regstreekse SABC-uitsending
PRAAG ontvang repliek van UNESCO, wil Kerkplein tot wêrelderfenis verklaar sien
PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het ‘n antwoord van UNESCO, die kulturele afdeling van die Verenigde Nasies, ontvang na aanleiding van ‘n klag wat dié organisasie op 9 April 2015 teen die ANC-regering aanhangig gemaak het nadat die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein gevandaliseer is. In sy skrywe aan UNESCO (sien PDF-dokumente in Frans hier onder), vra
Lees verder: PRAAG ontvang repliek van UNESCO, wil Kerkplein tot wêrelderfenis verklaar sien
DA mobiliseer op grond van ras
Mmusi Maimane, Helen Zille se opvolger en gunsteling, het die leierskapsstryd by die DA se verkiesingskonferensie in Port Elizabeth met ‘n oorweldigende meerderheid gewen wat daarop dui dat Zille steeds die party agter die skerms sal beheer. Die 34-jarige Maimane het minder as vyf jaar gelede by die DA aangesluit. Maimane het gister die amptelike
