Daar is vier veranderinge aan die Springbok-weekspan wat Dinsdagaand teen Saracens in Londen speel, aangebring. Nadat die beteuterde voorry van verlede week bedagsaam genoeg was om beserings op te doen, word hulle vervang deur die Vrystaatse eenheid van Wian du Preez, Adriaan Strauss en CJ van der Linde. Jean Deysel vervang die hopelose Davon Raubenheimer
Binnelandse sake het geen idee van aantal onwettiges
Die department van binnelandse sake het geen idee hoeveel onwettige immigrante in die land is nie. Minister Nkosazana Dlamini-Zuma het verlede week by ‘n parlementêre mediakonferensie gesê om ‘n syfer te gee is “moeilik”. Nadat sy gevra is om haar departement se jongste beraming van die aantal onwettige mense wat in Suid-Afrika woon en werk
Lees verder: Binnelandse sake het geen idee van aantal onwettiges
Die onsinnigheid van ons bluf
Daar is honde wat maar net hoef te knor. Dit is dié wat reeds tevore gewys het dat hulle kan byt. Vir die honde wat blaf hoef jy net te koets en na die grond te gryp al lê daar ook nie ‘n klip rond so groot as ‘n korreltjie sand nie: hulle vlie om,
Polisieman geskors na pro-wit e-pos
‘n Polisieman van die Tennesseedeelstaat se territotiale polisiediens wat per ongeluk ‘n pro-wit e-pos uitgestuur het, is in die warmwater. Hy is vir twee weke sonder vergoeding geskors nadat hy die gewraakte e-pos aan 787 werknemers gestuur het. Hy sal ook diversiteitsberading ontvang as straf. Die e-pos van Brent Gobbell lui onder meer: “Julle beroof
Namibiese lugramp eis drie
Nog een van die passasiers van ‘n vliegtuig wat Sondag in Windhoek neergestort het is oorlede. Volgens ‘n woordvoerder is die derde slagoffer van dié vliegramp ‘n Namibiër wat Sondagaand in die hospitaal oorlede is. Die Suid-Afrikaanse vlieënier en ‘n ander passasier is op die toneel dood. “Daar is net een oorlewende oor wat in
Ja, ons kan!
{jathumbnail off} справка о нетрудоспособностиФильчаков Харьков
Is daar lewe ná die reënboog?
As kind is ek deur die helder kleure van die reënboog getref. Reusereënboë het gereeld ná ‘n hewige donderstorm oor die Vrystaatse vlaktes gevorm en van horison tot horison gespan. Dan het die grootmense gepraat van ‘n mitologiese pot goud aan die einde van die reënboog. Dit het die romantiek daarvan verder verhoog en my
‘n Nuwe taalsituasie
Die Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter het op 18 Januarie 1806, die dag van Janssens se kapitulasie, ook as The Cape Town Gazette and African Advertiser verskyn. Dit was die eerste aanduiding dat die nuwe Britse besetting ook die taalsituasie aan die Kaapkolonie sou beïnvloed. Vir die eerste klompie jare ná 1806 was die
Zille bring hulde aan Progressiewes
Me. Helen Zille, leier van die DA, het gister hulde aan die Progressiewe beweging in Suid-Afrika gebring, wat vanjaar 50 jaar oud is en waarvan sy reeds veertig jaar lid is. In 1959 het ‘n groep van twaalf Verenigde Partylede uit die destydse opposisie weggebreek om die meer liberale en anti-Afrikaanse Progressiewe Party te stig.
Hou ons taal só lewendig
As ek mag sou ek graag die n voorstel wou maak dat daar erens, weekliks of tweeweekliks ‘n ruimtetjie afgestaan word vir ‘n gedig of prosa met ‘n kort resensie uit ons baie ryk amper vergete bron van digters en skrywers. Hierdeur kan ons ons Afrikanertaal en -kultuur lewendig hou. My kleinkinders word so dikwels
