Namibiese lugramp eis drie

Nog een van die passasiers van ‘n vliegtuig wat Sondag in Windhoek neergestort het is oorlede.

Volgens ‘n woordvoerder is die derde slagoffer van dié vliegramp ‘n Namibiër wat Sondagaand in die hospitaal oorlede is. Die Suid-Afrikaanse vlieënier en ‘n ander passasier is op die toneel dood.

“Daar is net een oorlewende oor wat in ‘n kritieke toestand in die hospitaal is,” het ‘n woordvoerder gesê.

Die vliegtuig het kort nadat dit in Namibië opgestyg het neergestort. Daar was drie Namibiese passasiers aanboord.

Die name van die slagoffers kan nie bekend gemaak word nie omdat hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

 

заказать игрушки трансформерытопкарго отзыв