Daar is vier veranderinge aan die Springbok-weekspan wat Dinsdagaand teen Saracens in Londen speel, aangebring. Nadat die beteuterde voorry van verlede week bedagsaam genoeg was om beserings op te doen, word hulle vervang deur die Vrystaatse eenheid van Wian du Preez, Adriaan Strauss en CJ van der Linde.
Jean Deysel vervang die hopelose Davon Raubenheimer op flank.
Dewald Potgieter, die nommer-sewe flank, sal die span aanvoer.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.