‘n Polisieman van die Tennesseedeelstaat se territotiale polisiediens wat per ongeluk ‘n pro-wit e-pos uitgestuur het, is in die warmwater. Hy is vir twee weke sonder vergoeding geskors nadat hy die gewraakte e-pos aan 787 werknemers gestuur het.
Hy sal ook diversiteitsberading ontvang as straf.
Die e-pos van Brent Gobbell lui onder meer: “Julle beroof ons, kaap ons en skiet op ons. Maar as ‘n wit polisieman ‘n swart bendelid skiet… noem julle hom ‘n rassis.” Die e-pos bevat ook glo rassistiese verwysings.
Die deelstaat se departement van veiligheid sê Gobbell het die e-pos aan homself gestuur sodat hy ‘n kopie kon uitdruk. Hy het nie besef hy het dit ook aan honderde werknemers gestuur nie.
‘n Ondersoek het onthul dat Gobbell later sy antwoorde op die oorspronklike e-pos uitgevee het en probeer het om die oorspronklike ook uit te vee.
Gobbell het intussen verskoning aangeteken vir die e-pos.
