Twee vragmotorbestuurders in mensehandel betrap

Twee bruin vragmotorbestuurders sal na verwagting om borgtog aansoek doen in die Marble Hall-landdroshof Dinsdag nadat hulle in hegtenis geneem is weens beweerde mensehandel. Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) se kapt Matimba Maluleke het gesê Idrisa Yusuf Mussa, 39, en Danison Prahima, 39, is in hegtenis geneem op 28 Julie en sal Vrydag in die

Lees verder: Twee vragmotorbestuurders in mensehandel betrap

Brandstofstaking kan voornemende kiesers tuis hou

Dit is nie bekend hoe die brandstofstaking die Munisipale Verkiesing wat more op 3 Augustus plaasvind, sal raak nie. Voornemende kiesers sal dalk in Jan Tuisbly se karretjie moet ry. Metrobus het pendelaars in Johannesburg gewaarsku dat sy busse nie op alle geskeduleerde roetes sal loop Dinsdag nie weens die voortgesette staking in die petroleumbedryf.

Lees verder: Brandstofstaking kan voornemende kiesers tuis hou

Kayla Meyer en haar gesin se moordenaars gevang

In wat deur die polisie as ‘n “deurbraak” beskryf is, is vier verdagtes deur die Randfonteinse polisie aangekeer in verband met die grusame moorde op 10 Maart 2016 op Kayla Meyer,9, en die res van haar gesin, waaronder haar moeder Marietjie Meyer, 46, dié se vriend Kenny MacCormack, 42, en Monty MacCormack, 73. Die vier

Lees verder: Kayla Meyer en haar gesin se moordenaars gevang

Dertien gedood in motorbomaanval

In die aanloop tot die presidentsverkiesing in Somalië dié maand, is die militante Islamitiese groep, al-Sjabaab, besig om sy aanvalle te verskerp, het Reuters berig. Militante het Sondag twee motorbomme buite ‘n polisiebasis in Somalië se hoofstad, Mogadishu laat ontplof voordat gewapendes die gebou binnegestorm en minstens dertien mense om die lewe gebring het. Die

Lees verder: Dertien gedood in motorbomaanval

Merkel hang aan ‘n draadjie

Angela Merkel se premierskap hang aan ‘n draadjie nadat duisende Duitsers opgeruk het om haar bedanking te eis en ‘n belangrike politieke bondgenoot sy steun aan Merkel onttrek het oor haar onbesonne immigrasiebeleid. Meer as 5000 betogers het in Berlyn byeengekom en nog duisende regoor Duitsland om die “oop-deur-beleid” aan te val wat talle meen

Lees verder: Merkel hang aan ‘n draadjie

PAP-eters geskiet, beroof

Lede van die Pan-Afrika Parlement eis beter veiligheidmaatreëls nadat `n vroue-parlementslid van Senegal Donderdag geskiet is tydens ‘n rooftog by die OR Tambo-lughawe. Sy is na haar aankoms op die lughawe in Kempton Park in die heup geskiet. Volgens bronne in die PAP gebeur sulke aanvalle elke keer wanneer daar ‘n sitting in Suid-Afrika is.

Lees verder: PAP-eters geskiet, beroof

Kort en lang stembriewe

Die kortste stembriewe gaan in Buffalo City in die Oos-Kaap aan kiesers uitgedeel word, waar net 12 politieke partye deelneem. Kiesers in die Mangaung Metro Munisipaliteit gaan die tweede kortste stembrief van alle metro munisipaliteite landwyd kry tydens die 2016 Munisipale Verkiesing. Volgens die OVK gaan net 14 politieke partye in dié gebied aan die

Lees verder: Kort en lang stembriewe

Twee Noordwes-skole afgebrand in verkiesingsgeweld

Sewe klaskamers by Setilo Sekondêre Skool by Mareetsane naby Mahikeng in Noordwes is aan die brand gesteek deur oproeriges. Die skool is in ligte laaie gelaat nadat verkiesingsgeweld in die gebied opgevlam het. Die Graad 11 en 12 klaskamers is in puin gelê. Die Verkiesingskommissie het bevestig dat sy stemlokaal in Mareetsane nie gebruik kan

Lees verder: Twee Noordwes-skole afgebrand in verkiesingsgeweld

Zuma gaan lening aan vir Nkandla-skuld

President Jacob Zuma sal glo ‘n persoonlike lening aangaan om die R7,8 miljoen wat hy skuld vir Nkandla terug te betaal. Die Openbare Beskermer het bevind dat hy die geld wat onregmatig uit die staatskas kom vir verbeterings aan sy eie woning, moet teruggee. City Press berig dat Zuma ‘n lening van VBS Mutual Bank

Lees verder: Zuma gaan lening aan vir Nkandla-skuld

Forbes: 3 uit 7 Suid-Afrikaanse dollarmiljardêrs is Afrikaners

Die Amerikaanse tydskrif Forbes het so pas sy jongste lys van dollarmiljardêrs gepubliseer en Bill Gates is steeds die rykste man op aarde met ‘n fortuin van $77,7 miljard. Slegs sewe Suid-Afrikaners verskyn op die lys, waarvan drie Afrikaners is. Mnr. Christo Wiese (foto hier bo), die kleinhandelmagnaat wat die beherende aandeel in Shoprite besit,

Lees verder: Forbes: 3 uit 7 Suid-Afrikaanse dollarmiljardêrs is Afrikaners