Die hewige tifoon Megi het Taiwan Dinsdag met stormwinde en swaar reën in geteister waarin vier mense reeds omgekom het. Dit is die derde storm in twee weke wat die eiland tref ná die supertifoon Meranti, die sterkste storm in 21 jaar, en tifoon Malakas vroeër vandeesmaand. Meer as 250 000 huishoudings is sonder elektrisiteit.
Lees verder: Tifone woed weens veranderende weerpatrone oor Stille Oseaan
